Meiringskloof

Vir nog foto's en die oordkaart, klik hier

100-oorde

Meiringskloof is ‘n lekker plek as jy wil ontspan veral buite seisoen. As jy avontuur soek is hier ‘n klomp staproetes in die omgewing.

Kampplek: 25 staanplekke, elk met krag, ’n vullisdrom en ’n lekker groot braaiplek. Krane is tussen die staanplekke versprei. Die vullisdrom en braaiplek word elke oggend skoongemaak.

Ablusie: Niks deftigs nie, maar ruim en skoon.

Waar? Van die N5 by Bethlehem volg jy die R26 suid vir 49 km tot by Fouriesburg.

Uit Bloemfontein neem jy die N8 verby Ladybrand en die R26 verby Ficksburg tot by Fouriesburg. Draai in die dorp in Steynstraat noord en hou reguit aan tot dit doodloop. Volg die borde na links. Hou reguit aan met die grondpad vir 1,7 km tot by die natuurpark se valhek.

Kontak: 058 223 0067 of  www.meiringskloof.co.za

GPS: S28.60472 E28.22416

 

 

 

 

 

 

 

Was jy al hier? Wat dink jy?

3.67 / 5 (3 stemme)