PDA

View Full Version : Digitale Tydskrifte duur?



JacquesR
18-03-13, 12:47
Ek kry sopas weer 'n aanbod vir tussen 20 en 40% afslag op Media24 tydskrifte in 'n email.

Maar ek voel dit moet mos nog baie goedkoper wees gegewe die fisiese drukwerk en posgeld wat omseil word. Met intekeninge spaar mens sekerlik op die winkel se marge - en die posgeld vs verspreidingskoste is seker baie dieselfde.

Met die kaboedel pakket kan mens sien dat 'n groot verskeidenheid teen 'n goeie prys aangebied word.

Ek is seker dat geselekteerde tydskrifte - sÍ maar ek soek net al die Weg'ge - moet nog baie goedkoper aangebied kan word as wat huidiglik die geval is?


Groete,
Jacques

WilSur
18-03-13, 12:50
Volgens my behoort hulle vor ons wat in geteken is en nog nie ons tydskrifte gekry het nie dit gratis elektronies aanbied want hulle het lankal my 24 maande se geld.

JacquesR
18-03-13, 13:08
Netso Willem!!

HJB
18-03-13, 16:55
Ek stem saam Jacques, al is dit reeds goedkoper moet die prys baie meer aanloklik wees.

Obie
18-03-13, 20:39
Wat kos die digitale Wegsleep tans. Ek oorweeg vanaf Mei oor te skakel na digitaal

Anton vdM
18-03-13, 20:47
Het julle al gedink wat die koste is om dit in digitale formaat te skep?
Wat kos die toerusting waarop dit gestoor word en die programmatuur vir jou om dit te kan aflaai?
Dan vat die firma wat die subskripsies hanteer ook nog hulle "cut".

Harry Du Randt
19-03-13, 06:48
En die lesers "copy en paste" dit.

Een persoon koop en en sy maaitjies kry dit verniet ?

Hoe werk hulle "protect" op die weergawe dat dit nie gebeur nie. Julle manne wat reeds die elektroniese weergawe kry, gee bietjie inligting hoe dit werk asseblief.

K0ED0E
19-03-13, 07:27
En die lesers "copy en paste" dit.

Een persoon koop en en sy maaitjies kry dit verniet ?

Hoe werk hulle "protect" op die weergawe dat dit nie gebeur nie. Julle manne wat reeds die elektroniese weergawe kry, gee bietjie inligting hoe dit werk asseblief.

Werk maar dieselfde met gedrukte formaat...ek koop en jy lees as ek klaar is...

WilSur
19-03-13, 07:32
Die engelse een is gemideld so 59mb groot en ek gaan beslis dit nie met 'n e-pos rond stuur nie.

Brakkies
19-03-13, 08:18
En die lesers "copy en paste" dit.

Een persoon koop en en sy maaitjies kry dit verniet ?

Hoe werk hulle "protect" op die weergawe dat dit nie gebeur nie. Julle manne wat reeds die elektroniese weergawe kry, gee bietjie inligting hoe dit werk asseblief.



Oom Harry. Is maar soos Koedoe hier genoem het, net soos gedrukte formaat. Ek kan hom in die winkel koop, en hom vir jou leen, so jy lees verniet. Netso koop jy die digitale formaat en ek kan hom vir jou gee, maar so Wilsur noem dit is 40/50+mb per uitgawe so kan dit nie rond epos nie.

Wat wel bitter lekker is ons betaal die digitale subskripsie, en ek kan hom saamvat waar ookal ek gaan. Ek laai al vroulief se tydskrifte op haar "tablet" en sy kan lees waar sy wil, selfde met my.


Die gedrukte formaat is R251 vir 12maande teen oor die digitaal van R187 vir 12 maande.
6611

Zigi
19-03-13, 08:31
Hallo Julle,

Ek kan uiteraard nie kommentaar lewer of namens ons mededingers praat nie, maar die sakebesluit aan Media 24 se kant is om die produk en die waarde van die produk te beskerm. As ons die bestaande prys van die tydskrif in ’n digitale formaat nog meer sou verlaag, diskonteer ons in effek die waarde van die inhoud. Dit is die einste inhoud wat ons as joernaliste te koop aanbied en nie die papier waarop dit gedruk is nie.

Ofskoon dit op die oog af lyk asof ons ‘n vet klomp geld in ons agtersak druk omdat ons nou ’n ander medium tot ons beskikking het om die inhoud by jou af te lewer, is dit nie die geval nie. Alle mediums kos geld. Die oŽnskynlike besparing op drukkoste word genegeer deur die kostes daaraan verbonde om die digitale uitgawes te versprei. Die derdeparty verspreiders soos Zinio vra ook hulle pond vleis om die digitale uitgawes in ‘n formaat te lewer waarop ons trots kan wees en wat nie sal afbreuk doen aan die lesers se ervaring nie. Die ander produksiekoste van die uitgawes bly uiteraard onveranderd of dit nou op papier en digitaal is of nie. Ons joernaliste se salarisse, die koste van foto’s, advertensiewerwing ensovoorts bly presies dieselfde.

Ons verwelkom die nuwe era van digitale weergawes van gedrukte media, maar ongelukkig het dit nog nie wyd genoeg posgevat sodat dit lewensvatbaar is vir ons om te torring aan die hoeveelheid tydskrifte wat ons druk nie. Hopelik sal almal eendag iPads en Galaxy Tabs hÍ en hulle tydskrifte op daardie manier wil ontvang, maar tans is daar nog te min om dit te regverdig dat ons die drukoplae van die tydskrifte verminder. Wanneer daardie ekwilibrium verskuif en ons genoeg lesers het wat die tydskrif in sy digitale inkarnasie verkies om dit steeds finansieŽl kerngesond te hou, sal ons hopelik ook al ’n manier kon bewerkstellig om die kostestrukture te hersien. Ons sal dan die besparing wat daar wel is, oordra na ons lesers toe.

Hou ook in gedagte dat die tydskrifbedryf nie sy grootste winste uit die verkoop van die tydskrifte maak nie, maar eerder uit die advertensie-inkomste wat hy genereer deur die adverteerders "toegang te gee" tot die leserskap wat die bepaalde tydskrif lees. Derhalwe is die winsmarge op die produk self glad nie so groot soos wat mense dalk dink nie. Die inkomste wat gegenereer word deur subskripsies waarop ons 40% afslag aanbied is eerlikwaar minimaal.

Die prys van digitale uitgawes word nie deur senior bestuur bepaal en nie deur die afsonderlike tydskrifte nie. Dit is 'n konstante debat hier by Media24, maar ek kan nie voorsien dat dit in die afsienbare toekoms goedkoper gaan word nie.

Groete
Zigi

Harry Du Randt
19-03-13, 11:33
Wat is die koste van die "ANDER" woonwa tydskrif in sy elektroniese formaat. ??

Weet iemand dalk?

Ek het 'n voeltjie hoor fluit van R108/12 is dit waar ?

Brakkies
19-03-13, 11:38
Wat is die koste van die "ANDER" woonwa tydskrif in sy elektroniese formaat. ??

Weet iemand dalk?

Ek het 'n voeltjie hoor fluit van R108/12 is dit waar ?

Jip die "Ingelse Ander" een is R109.45/12mnd

Harry Du Randt
19-03-13, 11:41
Jip die "Ingelse Ander" een is R109.45/12mnd

Dit is heelwat minder.

Baie snaaks, dit laat jou dink.

Brakkies
19-03-13, 11:45
Dan is daar ook 'n bondel wat jy kan koop vir die einste Ander woonwa tydskrif met 'n Ander 4x4 tydskrif vir R100/12maande.


Dink ek gaan sommer nou dadelik my subskripsie daar aanteken.

Jaada
19-03-13, 12:05
Ek sou gehou het van die 3 Weg tydskrifte op in 'n elektroniese bundel - natuurlik teen 'n baie spesiale prys.;)

JacquesR
19-03-13, 12:08
Hou ook in gedagte dat die tydskrifbedryf nie sy grootste winste uit die verkoop van die tydskrifte maak nie, maar eerder uit die advertensie-inkomste wat hy genereer deur die adverteerders "toegang te gee" tot die leserskap wat die bepaalde tydskrif lees. Derhalwe is die winsmarge op die produk self glad nie so groot soos wat mense dalk dink nie. Die inkomste wat gegenereer word deur subskripsies waarop ons 40% afslag aanbied is eerlikwaar minimaal.


Nee ek verstaan die deel heeltemal Zigi. Julle kan nie 'n lewe maak sonder die adverteerders nie.
Hulle het steeds blootstelling in die digitale weergawe.

Maar ek is seker elke tydskrif se drukkoste is astronomies. En daarop moet ek mos heelwat spaar as ek digitaal gaan?

Brakkies
19-03-13, 12:12
Jaada daar is so bondel vir R100per maand, dan kry jy 15 afrikaanse tydskrifte, die 3 Weg's ingesluit.

http://kaboedel.co.za/

Ek het hierdie digitale subskripsie, want met R100 kan ek nie vir vroulief al die tydskrifte koop in gedrukte formaat nie.

JacquesR
19-03-13, 12:27
Kyk nou net Brakkies: R99 vir 15 tydskrife = gemiddeld R6.60 per tydskrif.
Dus vir die 3 Weg'ge moet ek mos R19.80pm betaal?

Dit maak ekonomies sin. :cool:

Ek lees net die Weg'ge en stel nie belang in die ander wat deel is vd kaboedel nie...

WilSur
19-03-13, 13:35
Ek wag nog vir Zigi om my te andwoord.

Hi Zigi

Ek het jou verduidelikking gesien op die Forum maar dit het nie my vraag beandwoord nie.



Sou ek besluit om oorteskakel na die digitale weergawe van WegSleep vir die oorblywende aantal tydskrifte wat van die besparing ?
Wat word dan van die resepte kaarte wat maandeliks saam met die tydskrif kom ?

Jaada
19-03-13, 13:44
Ek dink 'n mens mis uit op die "persentjies" wat saam met die gedrukte weergawe kom?
Wegsleep se resepte kaart, wegry se roete kaarte . . . . :(

Brakkies
19-03-13, 14:06
Kyk nou net Brakkies: R99 vir 15 tydskrife = gemiddeld R6.60 per tydskrif.
Dus vir die 3 Weg'ge moet ek mos R19.80pm betaal?

Dit maak ekonomies sin. :cool:

Ek lees net die Weg'ge en stel nie belang in die ander wat deel is vd kaboedel nie...

Jacques

Ek het nog nie die sommetjie so om gemaak nie. Maar dit maak vir my 100% sin. Dus betaal ons eintlik 'n arm en been!:p

Ek lees ook eintlik net die Weg'ge....vroulief lees al die ander.;)

Arabier
19-03-13, 14:10
Nee, wat. Ek gee nie om oor daardie "presentjies" nie. Die digitale weergawe is vir my baie gerieflik en baaaaaie goedkoper as die boek. Die digitale weergawe kos my op die oomblik minder as R6-00 en ek lees dit al in die middel van die maand terwyl die mense nog wag vir hulle boeke. Poskantoor kan maar staak. Dit affekteer my nie.

Arabier
19-03-13, 14:13
. :cool:

Ek lees net die Weg'ge en stel nie belang in die ander wat deel is vd kaboedel nie...

Entlik kry jy nog die weeklikse tydskrifte ook elke week. Jy kry dus heelwat meer as die 15 tydskrifte. Ek lees die Weg, Wegry, Wegsleep, Landbouweekblad en Finweek. Die res lees die Gans. So, vir my is dit 'n 'bargain'.

Brakkies
19-03-13, 14:16
Entlik kry jy nog die weeklikse tydskrifte ook elke week. Jy kry dus heelwat meer as die 15 tydskrifte. Ek lees die Weg, Wegry, Wegsleep, Landbouweekblad en Finweek. Die res lees die Gans. So, vir my is dit 'n 'bargain'.

Jip stem heeltemal saam....:cool:

Slowstrike
19-03-13, 14:42
Ek dink 'n mens mis uit op die "persentjies" wat saam met die gedrukte weergawe kom?
Wegsleep se resepte kaart, wegry se roete kaarte . . . . :(


Nee wat as dit ook beskikbaar is in digitale vorm kan jy dit self uitdruk as jy `n harde kopie daarvan wil hÍ. Ek dink dit is die rigting om te gaan meeste van die finansieŽle instellings stuur deesdae state en fakture elektronies

So spaar ons `n klomp bome !!!

WilSur
19-03-13, 15:19
Zigi het dit vir my geandwoord.

Hallo Willem,

Ek is nie seker hoe so oorskakeling werk en of dit in die middel van ’n bestaande intekentydperk kan geskied nie. Ek vra die slim mense by die intekenare-afdeling om jou daarop te antwoord.

Die resepetkaarte word as ’n PDF by die digitale uitgawes gevoeg.

Groete tuis

Z

Slowstrike
19-03-13, 15:27
Dink julle dat Wegsleep dalk al die reseptekaarte in PDF formmat beskikbaar sal stel (Teen betaling natuurlik) vir diegene wat van die uitgawes gemis het.

Sal die manne wat die regte mense ken dalk vir ons kan uitvind

Groetnis

HJB
20-03-13, 07:25
Willem, ek sal dit baie waardeer as jy die intekenare-afdeling mense se antwoord vir ons kan deurgee. Dit sal bepaal wanneer ek oorskakel na die digitale formaat.

WilSur
20-03-13, 07:46
Hennie

Sodra ek terugvoering gekry het sal ek julle laat weet.

Gerhard Britz
20-03-13, 09:56
Baie dankie vir die draad. Ons word almal nou gekonfronteer met stygende kostes van alles. Kan die Wegsleep Redaksie dit nie oorweeg om n ou digitale uitgawe as proeflopie aan ons intekenare te stuur nie. Dan kan ons mos sien hoe werk die papierlose Wegsleep. As gevolg daarvan kan elkeen van ons die koste en gerief opweeg teenoor die gedrukte tydskrif. Ek vra maar net !

JacquesR
20-03-13, 10:04
Ek wag nou nog vir my Maart 2013 uitgawe in my Posbus.

Hierdie diensvlakke van ons Poskantoor gaan maak dat die Digitale intekenare die hoogte gaan inskiet en die uitgewer gaan groot munt slaan uit die situasie. Ek bedoel die stelling met goeie bedoelings.

HJB
20-03-13, 10:06
Jacques, ek glo stelling is baie waar. Ek sal beslis oorskakel na digitaal as ek die Poskantoor, met hulle diensrekord, kan uitskakel.

Slowstrike
20-03-13, 10:16
Ek lees die pale so op pad werk toe dat die onwettige poskantoor stakers afgedank is. Dis `n goeie ding maar beteken nie noodwendig dienslewering gaan verbeter nie. Die nuwe siele wat aangestel gaan word (as die oues nie weer in diens geneem gaan word na een of ander ooreenkoms nie) gaan ook maar weer een of ander tyd staak want dit is Afrika kultuur.
Ek lees reeds die digitale weergawes van alle tydskrifte wat ek graag wil lees en het ook reeds die meeste van al my ander rekeninge laat oorgeskakel dat ek eerder my state via e-pos ontvang as deur die poskantoor.


P.s Ek doen redelik baie aankope online en 95% van alle oorseese verskaffers weier om posstukke na Suid Afrika te versend as die normale posdiens gebruik word. Hulle sal slegs pakkies via DHL ens stuur agv die reuse hoeveelhede pakkies wat verlore raak by die SA Poskantoor

Groetnis

K0ED0E
20-03-13, 10:41
... reuse hoeveelhede pakkies wat verlore raak by die SA Poskantoor

Groetnis

Self al heelwat deurgeloop onder daardie "missing parcels" ding.

Ek wonder of my wegsleep plakkers ook in daardie batch is.... :p

Hennievr
21-03-13, 13:14
Ek sal ook liewer digital gaan na die subskipsie verval of die kaboedel pakket vat. Moes maar maart boek gaan koop by winkel en wag nog vir die ander een nou boodskap gekry die ander een is gepos. Met die stakings eet dit ons sakke.

Groete

Spiderman
21-03-13, 18:33
Die lewe is nie te moeilik nie. Vraag en aanbod. As die prys te hoog is, sal niemand dit koop nie.

Ek koop anyway deesdae maar baie min die tydskrif. Vandat ek hier aangesluit het so paar jaar terug was daar al soveel kere gekla oor die tydskrif wat intekenaars nie ontvang nie of baie laat ontvang. Dus het ek van die begin besluit om nie in te teken nie. Het hom maar elke maand gekoop as ek hom iewers op die rakke sien. Maar dit het my begin verveel en elkeen lyk maar dieselfde en hou jou nie langer as 20min besig nie. So koop hom nie meer gereeld nie. Dalk so af en toe as ek gaan kamp en hom iewers raak sien.

Moet darem ook net byse dat ek nie 'n tydskrif mens is nie en lees geen ander tydskrifte nie. Daai digitaal opsie lyk heel ok. Al is dit net om daai 15 tydskrifte byderhand te he as jy dalk lank kamp en verveeld is. Het ook nie tablet nie. OK moet se die vrou het 'n Galaxy tab2 (dink dis wat hulle dit noem) by die werk gekry. Maar hy le net hier rond en klein spinnekop speel games op hom. Ons het nog nooit eers 'n simkaart in die ding gesit nie.

Henk Smit
21-03-13, 19:18
Dink ander het dit ook al genoem, maar ek het digitaal gegaan. Nie vir koste besparing nie, ook nie as gevolge van die poskantoor of om n boom te spaar nie.

Ditmis net makliker. Jy het altyd al jou tydskrifte beskikbaar, soos Spidy se, dis nice as jy kap en verveeld is.

Maar sonder n tablet gaan dit nie lekker werk nie, ek sal nie regkom op die laptop nie.

WilSur
21-03-13, 20:45
Ek het hulle gister gekontak en my oorblywende tyd vir die tydskrif oor geplaas na digitaal. Hulle het gesÍ die digitaal se prys gaan nou opso ek was gelukkig en behoort nie met die volgende 21 te sukkel nie.

Krokkies
17-04-13, 14:31
Ek sien daar is nou 'n "Reis bondel" beskikbaar wat die 3 Weg tydskrifte dek vir R48 per maand.

JacquesR
17-04-13, 14:46
Dis al beter Krokkies! Gemiddeld R16 elk... :rolleyes:

Krokkies
17-04-13, 15:38
Dink ek sal maar die roete gaan. Gaan nie rerig die ander tydskrifte lees wat die R100 opsie dek nie. Ek weet nie meer wat om met al die tydskrifte op my lessenaar te maak nie. Die muise begin al nes maak met dit. Digitaal kan altyd op 'n backup gestoor word vir die toekoms.

Gyfie
28-05-13, 10:50
Ek sien daar is nou 'n "Reis bondel" beskikbaar wat die 3 Weg tydskrifte dek vir R48 per maand.

Ek het die reis bondel en is absoluut vir my die moiete werd. Ek het altyd my tyskrifte (alles wat ek al versamel het deur elektroniese formaat) byderhand, en weeg niks nie:o so ek vlieg gereeld en het nie nodig om n spul boeke saam my te vat nie.

Boonop spaar ons papier ook op die wyse

Jacobse
08-06-13, 21:31
Ek het ook die Kaboedel. Lees al die Weg'ge, Huisgenoot en Tuis. Manlief lees die Jagter en ook die Weg'ge. Spaar baie en kan al vroeg Vrydag oggend die Huisgenoot kry. En ek sit nie met hope tydskrifte nie.

Hugo A Smith
17-09-13, 14:35
In my opinie is kaboedel sommer C@$P! Wegry, Wegsleep is gewoonlik in ander portale soos Zinio, n week voor Mysubs beskikbaar. Die ironie is dat MYSUBS die direkte, eie, digitale portaal is van News24. Die ander indirekte portale soos Zinio het dit altyd eerste.

Gaan definitief myne nie weer hernu hierdie maand nie! Ek kan net nie gewoont raak aan hierdie slegte Suid Afrikaanse maatskappye diens nie! Ek hou nie meer my mond en aanvaar dit net so nie!

Ek het hulle al gebel daaroor, hulle sal terug kom na my toe, ek wag nou nog! Tipies!

Nog n voorbeeld, ek wil n Manitou vurkhyser koop, R1.2m. Ek smeek die verspreider nou al 3 weke vir n kwotasie, toe vra ek vir n huur opsie, wag nog steeds! Swak ekonomie, my a$$, *** diens , Ja!

JacquesR
17-09-13, 14:42
Nog n voorbeeld, ek wil n Manitou vurkhyser koop, R1.2m. Ek smeek die verspreider nou al 3 weke vir n kwotasie, toe vra ek vir n huur opsie, wag nog steeds! Swak ekonomie, my a$$, *** diens , Ja!

Miskien moet jy 'n Toyota probeer Hugo - aangesien Jeep nie sulke goed maakie... :p :o
Grappies op 'n stokkie - dis al wat my Skoonpa vir hulle aanleg koop.

Nou het ek my eie draad gekaap... :rolleyes:

Hugo A Smith
17-09-13, 14:44
Ek sal maar moet, ek is net bang die ding val dalk om!👀

JacquesR
17-09-13, 14:51
Net Forktuners dalk... :p

JCKorf
17-09-13, 15:08
Nog n voorbeeld, ek wil n Manitou vurkhyser koop, R1.2m. Ek smeek die verspreider nou al 3 weke vir n kwotasie, toe vra ek vir n huur opsie, wag nog steeds! Swak ekonomie, my a$$, *** diens , Ja!

Ja nee Huge ek stem heel hartlik saam met jou. Kan nie kla oor diens nie want dit bestaan nie.
Kyk na ander kar, en nie een ou met wie ek al gedeel het het die beginsel verstaan dat ek die klient is nie. Hy doen jou 'n guns om iets aan jou te verkoop.

Groetnis

Jaques

T Rex
17-09-13, 22:03
Die elektroniese tydskrifte is seker maar die toekoms. Ek verstaan ook die voordeel van n klomp op jou I Pad laai as jy reis per vliegtuig en nie plek het vir n klomp papiere nie.

Ů Boekwurm sal ek bly en waar dit moontlik is sal ek maar nog steeds die ware Jacob koop...... Nog steeds die lekkerste om dit so te lees.

Daar is deesdae sekere tydskrifte wat net elektronies beskikbaar is. N Voorbeeld is MyFiets ......n gratis tydskrif vir Afrikaanse motorfiets entosiastiese wat so pas sy tweede uitgawe geloods het. Kyk by myfiets.co.za en laai hom daar af........

Obie
18-09-13, 13:16
Die tydskrif Woema(motorfiets tydskrif) is ook nou net elektronies beskikbaar. Moet se dat ek die nuwe myfiets baie meer geniet

JacquesR
18-09-13, 13:24
dankie T Rex vir die MyFiets wat jy met ons deel. Afgelaai en dit lyk baie lekker!

Corancutman
18-09-13, 15:53
So terloops, ons was gisteraand by 'n vergadering van my oudste se skool waar hulle die oorskakeling van handboeke na tablette bespreek het. Die Gr 10's van hierdie jaar was die toetsgroep en blykbaar het die oorskakeling baie goed verloop. Daar was spesifiek gevra oor die koste van die digitale handboeke teenoor die harde kopie en ons het maar dieselfde antwoord gekry - die grootste uitgawe is in die voorbereiding, nie noodwendig in die fisiese finale produk nie, hetsy digitaal of gedruk. As 'n voorbeeld is wel genoem dat indien 'n gedrukte handboek R120.00 kos, sal die digitale handboek miskien R80.00 kos. Die totale "besparing" vir die jaar vir al die kind se handboeke, digitaal teenoor gedruk, was hierdie jaar R700.00. 'n Lisensie is vir 3 jaar geldig, so dieselfde digitale handboek kan vir drie jaar oorgedra word aan 'n ander, wat beteken jy kan die digitale handboek die volgende jaar "verkoop" aan iemand anders. Jy het nou wel die uitgawe van 'n tablet aankoop, maar hulle het intree modelle beskikbaar teen R1500.00 per tablet.

Wat ek eintlik wou sÍ is dat al die uitgewers maar basies dieselfde antwoord het as dit kom by die kostes en hoekom digitaal nie noodwendig goedkoper is nie. In die handboeke se geval is daar natuurlik ook nog tantieme (royalties) wat aan die skrywers betaal moet word.

Groete
Annťlia

T Rex
18-09-13, 17:45
Die tydskrif Woema(motorfiets tydskrif) is ook nou net elektronies beskikbaar. Moet se dat ek die nuwe myfiets baie meer geniet
Die verskil is jy moet vir Woema betaal en dit is net n "glorified" PDF..... Myfiets is heeltemal interaktief en heel modern.

T Rex
18-09-13, 17:51
dankie T Rex vir die MyFiets wat jy met ons deel. Afgelaai en dit lyk baie lekker!

Plesier, ek is n passievolle Afrikaner wat Avontuurfietse ry, en dan hou ek nog van lees ook.
Rehann , die redakteur het Baie moeite ingesit om dit te begin , die Borge betaal daarvoor en hoe meer blootstelling die tydskrif kry hoe beter is die kans dat ons dit vir altyd sal kan geniet.

Obie
19-09-13, 09:46
Jacques
Ek sien daai BMW RT waarna jy onlangs gekyk het roep jou!!!

JacquesR
19-09-13, 10:49
Ja nee Obie - ry roep en roep - ek moet net sterk staan... :p