PDA

View Full Version : Klipdraai



JANMAR
29-10-12, 17:50
Hi Julle
Lekker gekamp die naweek wat verby is.Ons het darem die storm Saterdag aand oorleef.
PROS/CONS
1. Op van die plekke is daar maar min gras(ons staan plek maar min gras)
2. Die ablusie blokke is fantasties en baie skoon.Vat tog net ekstra toilet papier saam.Jy kry n rolletjie by hek as jy daar aankom.
3. Bly ASB. uit die veld waar die wildsbokke loop. Die eienaar is maar "dem ongeskik" en jaag jou soos n hond uit die area uit. Hy kan ten minste net borde opsit wat jou vra om so te maak.
4. Daar was nou nie so iets soos warm water swembad nie.Of het ek dit mis gekyk?
5. Bring boor saam as jy soontoe gaan om jou penne in te boor. Baie klippe.
6. Bring maar jou eie braaier saam.Hulle het n klomp braaiers in n sentrale plek,so jy kan nie by jou plekkie braai nie.


Maar andersins was die naweek baie lekker.Ja ek sal weer soontoe gaan, lekker naby die huis en alles daar is mooi skoon en netjies.
Groette

Franshark
29-10-12, 18:01
Klipdraai naby Meyerton? Fotos? So water staanplekke sou jy aan beveel?
Tariewe en nommers?

En jou pros/cons is meer soos cons..... enige pros.....

Pieter & Anita
29-10-12, 18:08
Die rone swembad is die warm water een. Ablusie is netjies. Was laaste R200 per nag vir 4 mense. Plek is soos die naam sÍ, Klipdraai. Ek dink net die eienaar wil verkeerde en te veel goed meng met kamp saam.

Harry Du Randt
29-10-12, 18:52
Ons gaan begin Desember daar kamp saam met die Motorhome klub. Sal my eerste kamp daar wees (was al so 3 keer daar met fees geleenthede)

Dirk P
30-10-12, 10:39
Hi Janmar
Ons was ook daardie naweek vir die eerste keer by Klipdraai en ek kan net alles bevestig wat jy sÍ, ons sal beslis weer gaan, net “ heavy duty “ penne hierdie keer saamvat. Al negatief vir ons was om Saterdag terug Germiston toe te ry om eers al die gebreekte vensters en dakteŽls a.g.v die haelstorm te gaan toeplak. Ons was maar redelik benoud want ons het nie geweet waar gaan die storm heen nie en/of dit dalk op pad Meyerton toe is nie.

Dirk

Hester Kruis
30-10-12, 11:36
Hallo Janmar
Ons wil die naweek van 23-25 November 2012 soon toe gaan. Watter staanplek sal jy aan beveel? Wat was die tarief vir die naweek? Was nog nooit daar nie en het al gehoor van die plek. Sal seker maak dat ons maar van die sterker penne saam vat.

Kampgroete
Hester

JANMAR
31-10-12, 13:55
Hi Hester
Hulle het nie vooraf gemerkte staanplekke nie.Jy kyk seker maar na wat beskikbaar is.Kostes was R200/nag vir 4 mense.
Groette.
Jannie

JohanL
31-10-12, 15:53
Dankie julle - het nog nooit van die plek gehoor nie. Sal gaan google. Klink na 'n lekker plek, altyd op soek na iets nuuts...

Harry Du Randt
31-10-12, 16:10
Klipdraai is 'n klipgooi van my af :)

Johnnie
31-10-12, 16:26
Waar lÍ die plek presies? Wat is daar te doen.... soos staproete, rivier of dam of 'n watertjie, griewe soos ladies-bar, winkeltjie, restaurant, voŽlkyk (vir my vrou) en steaks vir my (om te braai) en dan die pad NB: geteer of grond ?

Pieter & Anita
31-10-12, 16:46
Teer pad tot op Klipdraai. Teen Meyerton. Pragtige plek. 5 ster. Lekker braaiers. Mooi groen grasperke. Winkel, Putt Putt, Springmatte, groot swembaddens. Warm water swembad. Voelkyk kry mens orals. Grond net bietjie hard. Pool tafels en skaak. Paar wilde diere. Klein Klipspruit wat verby loop. Wedding venue. Borrelbaddens, bietjie duur. R200 vir 4 persone. Ek verstaan selfde prys heel jaar deur.

Hennievr
31-10-12, 17:05
Baie klippe boetie so dit meen sterkes saam vat. andersins lekker kamp. Waar ons gestaan het bietjie ongelyk maar na 'n paar doppe is alles mos gelyk. Die kamp was nie heel klaar toe ons daar was nie. Ablusies baie skoon.
Groete

Spiderman
31-10-12, 17:27
Teer pad tot op Klipdraai. Teen Meyerton. Pragtige plek. 5 ster. Lekker braaiers. Mooi groen grasperke. Winkel, Putt Putt, Springmatte, groot swembaddens. Warm water swembad. Voelkyk kry mens orals. Grond net bietjie hard. Pool tafels en skaak. Paar wilde diere. Klein Klipspruit wat verby loop. Wedding venue. Borrelbaddens, bietjie duur. R200 vir 4 persone. Ek verstaan selfde prys heel jaar deur.

Bietjie duur?
5ster?

HEHEHE jy moet bietjie buite die vaaldriehoek en parys gaan kamp.

Johnnie. Klipdraai is glad nie 'n slegte oord nie. Vir R200/nag is hy 'n bargain veral in piek seisoen. Maar die twee keer wat ek daar gekamp het was daar elke keer karavaan klub rallies, en dit lyk vir my of hy meer vir daai mark gaan. Groot, oop en elke ou staan sommer net waar hy lus kry. Nie veel bome nie en jy kamp maar eintlik in die dorp.

Pieter & Anita
31-10-12, 17:34
Die borrelbad is duur. Iets soos R150 per uur.

Johnnie
01-11-12, 13:25
Agnee, dan kamp ek in my eie erf...5-ster!

chris dupreez
01-11-12, 13:28
Hoeveel vra jy per aand,Johnny en kry ons biltong ook.hehehe

Franshark
01-11-12, 13:32
Die borrelbad is duur. Iets soos R150 per uur.

My borelbad kos net n blikie bone :)

chris dupreez
01-11-12, 13:32
Wat is jou tariewe johnny,en kry ons biltong ook .he he he

Johnnie
01-11-12, 13:36
Wat is jou tariewe johnny,en kry ons biltong ook .he he he
Heng man, my biltonge is so-te-sÍ op, uitgedeel aan die kinders, jy weet mos hulle bly altyd honger al is hulle al in die 30's!!

chris dupreez
01-11-12, 13:40
Dit is so baie waar Johnny.

Johnnie
01-11-12, 13:43
Bietjie duur?
5ster?

HEHEHE jy moet bietjie buite die vaaldriehoek en parys gaan kamp.

Johnnie. Klipdraai is glad nie 'n slegte oord nie. Vir R200/nag is hy 'n bargain veral in piek seisoen. Maar die twee keer wat ek daar gekamp het was daar elke keer karavaan klub rallies, en dit lyk vir my of hy meer vir daai mark gaan. Groot, oop en elke ou staan sommer net waar hy lus kry. Nie veel bome nie en jy kamp maar eintlik in die dorp.
By Kareekloof is daar ook mos nie afgemerkte staanplekke nie.Ek en my seun het eenmaal daar gekamp saammet Single Wheelers, toe ek 'n wewenaar was..........hel maar ek was bang, hoor!!;)

Pieter & Anita
01-11-12, 14:05
My borrelbad staan net. Groot wit olifant

Crips
28-01-13, 11:48
Klagte op HelloPeter oor Klipdraai.
http://hellopeter.com/klipdraai-camp-spot/complaints/******-is-still-rife-831920
Lyk my baie mense sit vas met die eienaar?

Ek het ook al paar woorde gehaad met een van die dames daar, ek en my vrou my suster en haar vriend het na die hout-dek toe geloop en weer terug na die kampeer terein.
Toe ons terug loop, toe loop ons lekker daar onder die bome en op die mooi groen grasperk lanks die rivier.
Daar kom toe 'n baie kwaai antie uit en skreeu ons mag nie daar loop nie want dit is die trou venue en mense betaal duur om daar te wees.
Hel as ek nie daar mag loop nie gee my dan die reŽls waneer ek daar aankom of sit 'n blerrie bordjie op.
Terwyl ons daar gekamp het het die eienaar ook op 'n ander ou afgejaag gekom en hom afgetrek en daar op hom geskree.
Dit is nie vir my die regte manier om met mense te werk nie, dink Klipdraai se mense moet begin wakker word.

Harry Du Randt
28-01-13, 11:58
Miskien maak hulle te veel geld. Dit is in my oŽ meer van 'n "jol" plek, nie so rustig nie.

Dit is hoekom ek Soetdoring verkies, niemand skree op jou daar nie. Eienaars net altyd vriendelik

Moet sÍ ek was lanklaas by Soetdoring, seker laasjaar September.

Dink dit is weer tyd om te gaan, as mens kan plek kry.

Spiderman
28-01-13, 12:06
Ek het nou nie met die eienaar of so probleme gehad nie. Maar daar was toe ek laas daar was so twee skeewie dik tannie wat gemaak het of hulle in beheer is. Hulle het sulke hondjies gehad wat daar rond drentel en die kinders jaag.

DassieHassie
08-02-13, 09:45
Het gister gou gaan loer, plek is baie netjies

Dis beter om jou eie braaier saam te neem agv die geboude braaiers

R250p/n en jy kan jou wa al die Don daar gaan parkeer vir exstra R50

Oom Mindus De Bruin was baie vriendelik en hulpvaardig oor die foon 0834797686

Gaan die naweek daar uitspan

Groetnis

Crips
08-02-13, 09:52
Sluit die R250 'n nag die extra R50 in?
Dit was laasjaar R200 per nag.

Dit is nogsteeds nie 'n slegte prys.

Harry Du Randt
08-02-13, 09:55
Moet net nie k*k soek met bestuur nie, jy gaan dalk tweede kom (slegs hoor sÍ voeer op die Forum)

Crips
08-02-13, 09:57
Moet net nie k*k soek met bestuur nie, jy gaan dalk tweede kom (slegs hoor sÍ voeer op die Forum)

Dis waar, daai Oom met sy Cruiser vattie k*k nie

DassieHassie
08-02-13, 10:11
Sluit die R250 'n nag die extra R50 in?
Dit was laasjaar R200 per nag.

Dit is nogsteeds nie 'n slegte prys.

Lyk my die prys is op na R250 per nag. Om jou was Don daar te gaan los vir die naweek se kamp gaan jou R50 vir die Don aand kos. Ek dink dis baie billik

DassieHassie
08-02-13, 10:13
Dis waar, daai Oom met sy Cruiser vattie k*k nie

Dankie vir die waarskuwing, is dit dieselfde Oom wat op die schooter daar rond ry?

Wonder of ek 'n pyl en boog moet saam neem? :o

Crips
08-02-13, 11:21
Dankie vir die waarskuwing, is dit dieselfde Oom wat op die schooter daar rond ry?

Wonder of ek 'n pyl en boog moet saam neem? :o

Nee dink nie dis hy, die eienaar ry met so groot LandCruiser deur die park so nou en dan, gewoonlik laat middag.
Is nie die vriendelikste ou nie maar dit pla my min, solank ons kan kamp :D

Kaas Kop
08-02-13, 17:18
Die Oom in die Crusher is Frik.Die baas!Glad nie te bad nie.

Harry Du Randt
08-02-13, 17:23
Die Oom in die Crusher is Frik.Die baas!Glad nie te bad nie.

Ek sal maar nie kanse vat nie :p

Kaas Kop
09-02-13, 11:40
Ek sal maar nie kanse vat nie :p

Harry ek het jou nie gesien as n bangbroek nie.LMGA

Dirk Crafford
09-02-13, 21:55
HARRY,liewer n stil bek as n bloed bek:)

John Cooper
10-02-13, 05:04
Daai eienaar moet met MY kom moeilikheid soek. Hy het nog nie gesien hoe vinnig EK myself in 'n woonwa kan toesluit nie:D

Crips
11-02-13, 11:59
Daai eienaar moet met MY kom moeilikheid soek. Hy het nog nie gesien hoe vinnig EK myself in 'n woonwa kan toesluit nie:D

Hehehehe!

@Kaaskop, Nee wat het al paar maal gesien hoe skree hy op mense, meskien het die mense regtig bollie aangevang.
'n Storie het mos maar altyd 2 kante ;)

John Cooper
11-02-13, 14:08
Maak ek so grappe oor die kwaai eienaar, en laas nag droom ek van die man. Ek droom ek kamp by hom en hy is ongelooflik vriendelik en behulpsaam, en ek dink by myself dat julle 'n klomp bollie oor hom gepraat het;)

Harry Du Randt
11-02-13, 14:13
Ek ken hom nie.

So ek kan nie oordeel nie (hoor sÍ)

DassieHassie
13-02-13, 20:00
Ons het toe baie lekker gekamp saam met 2 ander gesinne

Nie een van ons het eers een klip raakgekap met die penne nie

Die grasperke is masief en baie mooi versorg ( soos jy op min plekke sien)

Die geboue is almal nuut en pragtig skoon.

3 swembaddens, put-put baan, speelrame en 'n winkel.

Die bome is nog klein maar niks wat 'n kezibo nie kan fix nie.

Die lekker is dat dit sommer op jou stoep is as jy in Gauteng bly. Die plek is groot so al is daar baie mense was dit glad nie beknop nie

Oom Mundus was baie vriendelik en ons het nie die voorreg gehaat om die ridder van die Cruzer ontmoed nie

Groetnis

Crips
15-02-13, 11:54
As jy nie foto's het nie hoe moet ons jou nou glo dat jy daar was? ;)