Wil jy armdruk?
WegSleep #23 | Junie 2010
DAVID BENDER, Roodepoort

 

 

Wil jy armdruk?

Party slepers sit ’n stuurwielslot tussen hulle woonwa se neuswiel en die sleepbal se handvatsel om te keer dat die wa se remme inskop wanneer jy in trurat ry. Ek het
dit probeer, maar die stuurwielslot was ’n bietjie lig in die broek. Toe bou ek sommer my eie meganisme van skrootmetaal.

Die half­maan (1) is 50mm pyp wat ek middeldeur gesny het. Dit pas mooi om die neuswiel se vertikale arm. Aan die agterkant van die half­maan het ek ’n stuk 25 x 25mm vierkantpyp (2) van 30cm lank vasgesweis.

Ongeveer 7cm van die eindpunt af het ek ’n gat van die kant af deurgeboor, groot genoeg vir ’n stuk 10mm rondeyster (3) om netnet deur te pas.

 

 

Ek het nog ’n 30cmlengte vierkantpyp (4) gesny, maar dié keer uit 20 x 20mmyster, sodat dit binnein die ander pyp kan pas. Aan die verste end van die dunner vierkantyster het ek ’n U-vormige arm (5) vasgesweis wat teen die sleepbal se handvatsel kan vastrap.

Wanneer ek deesdae wil agteruit ry, sit ek eers dié arm tussen die sleephaak se
handvatsel en die neuswiel vas. Ek trek die dunner vierkantpyp uit totdat dit teen

die handvatsel vasdruk, en dan druk ek die rondeyster deur die dikker vierkantpyp
om die dun een op sy plek te hou. As ek nou agteruit ry, keer dié armdat die woonwa
se remme inskop.

DAVID BENDER, Roodepoort

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.