Vervanging van Gas stutte op Karavaan se oplig dak.

Maak vir jouself so “tool” om die Gas stutte te vervang.
Om die takie makliker te maak sweis die moer aan die klein vurk vas en nie die groot(kant) vurk soos ek nie, want daar is meer plek aan die onderkant van die Gas stut vir die bout om uit te steek as jy hom draai om die Gasstut saam te druk.
Maak gebruik van 25 x 25mm SQ Tubing ongeveer 260mm lank. En 20 x 20mm SQ Tubing wat binne in hom pas ongeveer 200mm lank. Die bout of Threaded rod is ongeveer 400mm lank. Die lengtes is slegs van toepassing op die hoogte wat Jurgens modelle se dak oplig (Dit sal vir ‘n feit langer wees vir ‘n Sprite karavaan omrede hulle dakke hoër oplig. Ek het ‘n 2000 Model Jurgens Penta. Die lengte van die Treaded rod is ± 20mm langer as die lengte van die Gaslifter soos hy gepas is op sy plek. Die klein vurk se Gaping is ± 8mm gesny uit Platyster uit en die groot vurk ±14mm.
Klein Kant

Groot kant

Volledige Tool
.jpg)


Hoe om te maak!!!! Lig die dak op. Haak die groot vruk aan die bokant van Gas stut en kleintjie aan onderkant. Draai die bout om die “Gas stut saam te pers. Maak ‘n merk sover soos wat die twee pypies in mekaar gedruk is. Verwyder die penne wat die Gas stut in posisie hou en haal die Gas stut uit. Druk die een punt op die grond en met jou gewig druk op die tool en verwyder die Gas stut uit die tool.
Draai die monteer punte op die ou Gas stut af en sit op nuwe een. Gebruik jou gewig weereens om die nuwe Gas stut in die tool te kry. (Glo my dis makliker met jou liggaams gewig as om dit met die hand te probeer doen op die karavaan). Maak seker die tool se merk wat jy gemaak het is korrek (Verseker dus die gas stut is die regte lengte ingedruk) en plaas terug op sy plek. Dit gaan dalk nodig wees dat iemand binne in die karavaan die dak net effens vorentoe of agter toe stoot sodat jy die monteerpunte se gate inlyn kry want die dak skuif effens as jy een gas stut uit haal. Skroef die tool se bout effens los en siedaar die joppie is klaar.
Hoop die inligting help.




