Sit jou tjoppie op die spinsiklus
Wegsleep #11 | Jan - Feb 2009
Derick Koekemoer

Jy kan ’n goedkoop, draagbare braai met die binneste drom van ’n ou wasmasjien maak.

Maak ’n ring van ronde yster, net-net kleiner as die omtrek van die wasmasjiendrom. Buig drie stukke yster elkeen in ’n U-vorm vir die pote. Let wel: Die pote moet net korter wees as die hoogte van die drom. Sweis dan die drie pote eweredig uit mekaar en met ’n hoek van 90° aan die ysterring vas. Nie alleen het jy nou ’n staander waarop die wasmasjiendrom kan rus nie, maar die staander pas boonop binne-in die drom en dit spaar jou pakplek agterop die bakkie. En jy kan ook nog ’n gawe vraggie hout tussen die pote binne-in die drom pak.

Ek het ’n gat onderlangs ingesaag om my gaspyp-aansteker by in te steek, sodat die rubberpyp buite die drom kan hang en nie so warm word nie.

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.