In sak en as? Watwo!
Op ’n onlangse toer deur Namibië het meer as een ongeluk ons op die pad getref. Buiten ons Oryx sleepwa wat ’n as verloor het, het een van die Oryx se wieldoppe ook afgekom.
Gelukkig is my man, Anthony, en my pa nie skaam vir handewerk nie, en hulle het soos twee McGyvers planne beraam.
’n Verlore wieldop klink nie ernstig nie, maar as jy dit net los, kan die ghries begin uitlek. Ek het gesoek vir iets wat amper soos ’n wieldop lyk en uit dieselfde materiaal gemaak is, en op die ou einde die onderkant vanmy asbakkie afgestaan.
Anthony het die asbak met ’n skuinsbektang bygekom en elke 5cm ’n gleufie in die asbak gesny en omgebuig sodat dit die rand van die as op die wiel bedek.
Ons het Vaseline gebruik om die ghries te vervang wat uit gelek het, en meer as 4000km – sonder enige probleme – met die asbakkie gery.
NATASHA OLIPHANT, Oos-Rand



