Potjiebesproeiing
WegSleep #17 | November 2009
Ian Laing

Dié patent het 15 jaar terug ontstaan toe my kinders ’n ou koffiekan-perkoleerder se voetstuk as ’n speelding gebruik het. Terwyl ons eendag potjiekos maak, stel my vrou voor ons gebruik die voetstuk in die potjie om die sous boontoe te stoot, nes in ’n perkoleerder.

Ek het ses gaatjies in die voetstuk geboor sodat sous in die pypie (150 mm lank en 8 mm breed) kan opstoot. Die bokant van die pypie het ek met ’n bout toegemaak en vier gaatjies (3 mm in deursnee) reg onder dit geboor. Die sous wat by die pypie opstoot, sproei uit die boonste gaatjies oor die groente wat bo lê, en sorg ook dat die kos egalig gaar raak.
       
 

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.