Pikante lampie
WegSleep #13 | Mei -Jun 2009
Derick Koekemoer

Ek het vir my ’n gewone paraffienlanterntjie omskep in ’n elektriese een wat ek gedurende die langer vakansies onder die stoeptent kan ophang.
Die eerste stap was om ’n gloeilamp te koop.

Ek gebruik ’n energiebesparingslampie van 5 watt. Koop ’n elektriese draad wat tot by die voorpunt van jou karaavaantent sal strek, ’n elektriese sok met ’n plat agterkant vir die gloeilamp, en natuurlik ’n driepuntprop.

Ek het die meganisme waarin die lamppit pas, uitmekaar gehaal en met ’n skêr ’n groot genoeg gat gesny vir die elektriese sok om in te pas.

Ek het toe die sok se ronde plaatjie ook gesny om dit te omvou en te anker.

Die draad moes op ’n manier bo by die lampie ingaan en dan van onder af by die elektriese sok aansluit, sonder om deur die glas te loop. Ek het eenvoudig ’n gaatjie in een van die lantern se sy-armpies se bo- en onderkant geboor, die koord daardeur geryg en toe gekoppel.

Die lampie gee ’n sagte lig en lyk tog te spoggerig. Mense is gaande oor dié kamp-gadget.
 

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.