Maak penmaats
Dieter Buitendag
My vrou wil elke keer my nek omdraai wanneer ek die hele sak met al die tentpenne uitgooi en sy dit weer moet terugpak.
Nou het ek Velcro-stroke gekry waarmee ek die penne netjies in groepe kan vasbind. Dan raak die penne nie verstrengel met mekaar nie en ek kan sommer die eerste keer ál die reguit penne uit die slopie trek, sonder dat van hulle tussen die geboë penne vassit. Die lang Velcro-stroke werk ook lekker om die tentpale bymekaar te hou.
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.



