Laat hy swem
WegSleep #24 | Julie 2010
ABIE FOURIE, Waverley

Terwyl ons die Paasnaweek gekamp het, het dit baie gereën en my woonwa se grondseil was een groot modderspul.
Met die oppak het ek dit in ’n swartsak gestop en agterop die bakkie gegooi.
Dit het ’n paar dae by die huis gelê terwyl ek moed bymekaargeskraap het om dit te was. En toe onthou ek die raad van ’n vriend:
Ek het ’n klomp chloor in die swembad gegooi, die seil in die water laat lê en gehoop op die beste.
Ek was bang dat dit tot op die bodem gaan sink en moeilik wees om uit te haal, maar toe ek dit ingooi, het dit net onder die water se oppervlak bly dryf.
Ek het die seil vir een dag gelos en toe ek dit uithaal, was dit sowaar silwerskoon – dit het boonop soos ’n skoon swembad geruik.

ABIE FOURIE, Waverley

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.