Ek het twee ou Jockey wiele se vurke en wiele gevat dit op 'n 7mm plaat vasgesit met 'n dik pen in die middel wat onder jou wa se bestaande jockey indruk. Maak seker jy gebruik die selfde groote vurke en wiele want die karavaan modele se grootes verskil.
Die dik pen is teen 'n effense hoek na voor vas gesweis sodat wanneer hy aan die onderkant van die jockey indruk die plaat effens aan die voorkant oplig om te kompenseer vir die hoogte aan die voorkant van die jockey wiel wat nou laer is as gevolg van die stuk 7mm plaat onder hom. Dit maak ook dat die karavaan jockeywiel effens hoër is, ongeveer 7mm, as die Carrier se Jockey wiele. Sodra die gras dik is help hy inelkgeval om te dra aan die neus gewig van die wa.
Werk net so goed soos die jockey met 3 wiel met die verskil. Die 3 wiel jockey moet jy met 'n gesukkel in en uit skroef want dit is selgs moontlik om 'n enkel wiel binne die A- raam van die karavaan te berg tydens sleep.
Die een besluit jy om te gebruik of nie na gelang van die beweeg oppervlakte. Plaas die Jockey Carrier onder die karavaan se Jockey, laat sak die Jockey sodat die Jockey Carrier se dik pen aan die onderkant in druk. Gebruik soos nodig en as jy die wa weer haak en jy tel die Wa se jockey op bly die Jockey Carrier agter jy tel hom op en berg.

Julle sal ook opmerk dat die Wa se Jockey wiel, assie dikte, voor die Jockey Carrier se wiele is. Twee redes: Sodat die wiele so na as moontlik aan mekaar is. En om te verseker die "Checkerstrollie wielletjie effek" bly behoue.
.jpg)



