Daar is seker min braaie wat gedoen word sonder 'n sousie wat meestal met 'n kwas aangewend word. Ek het 'n ruk terug toe ons gaan kamp n houer gesoek om my Jimmy's sous in te sit. Al wat ek kon kry was een van die oros drink bottels met die drink tuit bo aan. Dis toe wat ek agter kom dat die botteltjies heel lekker werk om enige sous op jou vleis te drup en jy spaar ook sommer baie. Gewoonlik gooi mens te veel in 'n houer en jy kan dit nie weer terug gooi in die bottel nie want jy het reeds met die kwas teen die vleis gesmeer en dan weer in die houer. Met die oros boteltjie druk jy net die prop toe en bere hom weer in die yskas. Kan nie makliker nie.
Hoop julle vind dit net so handig soos ek.



