Hy hóú
WegSleep #23 | Junie 2010
JACO ZAAYMAN, Kraaifontein

 

 

Hy hóú

’n Bostik-produk met die naam Sew Simple (R10) is by die meeste winkels beskikbaar.
Dit werk baie goed om noodherstelwerk aan jou tent en kamptoerusting te doen.
In Desember het ’n stormwind op Mosselbaai my tent se een sypaneel onder waar die rekkie aan die seil vaskom, heeltemal losgeskeur.
Ek het dit met Sew Simple herstel en die las het gehou.
My spinnekop-kampstoele se seil het ook losgeskeur waar dit om die rand vou (die deel wat die meeste gewig dra). Ek het dit ook met Sew Simple herstel en my stoele is nou nog spiekeries.
Ek het selfs die gaas op my opwipdak wat vir jare geskeur was, daarmee geheg.
Wanneer die gom droog is, is dit deurskynend, dus los dit nie onooglike merke nie. Hou gerus ’n buisie in julle gereedskapskis; dis goud werd – iets wat jy met dié gom las, sal nie weer skeur nie.

JACO ZAAYMAN, Kraaifontein

 

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.