Ek het 'n jong Husky aangeskaf ek gou besef dat die oukie lekker kan kou aan alles. Wel, ek het besluit om pro-aktief te wees en het 17 tuin-skeidings gaan koop teen R49.00 per m of per item. Baie maklik het ek dit ingehaak en sodoende my hele karavaan toegemaak. Dit het puik uitgewerk dat my deur maklik kan oop en toe as ek die "traliewerk" voor die deur loshaak. En siedaar, wagter het die storie heen en weer bekyk en besluit dat liefie se blombedding die eintlike speelplek moet wees.
Die traliewerk kan nie die karavaan beskadig nie. Dit is ook maklik om op die hoeke los te haak en jou wa te verwyder. Miskien 'n paar rand uitleg maar ek kan nou met vertroue my wa haak en die ligte werk.



