Handige magnetiese kamplig
Gert Combrink
Wenk vir ‘n kamplig sonder ‘n staander.
Wat benodig mens?
±12meter dubbel koord elektriese draad. (flex)
1 x koper bajonet tipe gloeilamp sok.
1 x skakelaar
1 x drie punt prop
1 x ou rekenaar hardeskyf (kry by rekenaar diens winkel)
Twee “pop rivets”
1 x lae energie gloeilamp
Konnekteer die hele spulletjie soos jy ‘n gewone bedlampie sou bedraad met die skakelaar so 500 mm vanaf die gloeilamp
Neem dan die ou rekenaar hardeskyf en haal dit uitmekaar. Binne is ‘n baie lekker sterk magneet. Sommige van hulle pas perfek op die gate van die koper gloeilampsok en kan net daar vas ge-pop rivet word. Maak seker dat jy die magnet vassit met die houerplaat teen die koper sok en nie andersom nie. Die rugkant is nie magneties nie.
As jy die magneet in plek het is jy reg vir kamp. Daai liggie plak enige plek waar daar metaal is. Hy is ook gewillig om te hang oor ‘n boom tak as daar nie metaalgoed naby is nie. As jy nie kamp waar daar 220volt is nie hoop ek jy het ‘n omsetter en ‘n diepsiklus battery. Ons kamp nou al vier jaar so en dis ‘n fees. Drie liggies van die soort verlig ‘n groep van drie- vier gesinne se kamp.
Ek gebruik 8 watt lampies van die lae energie tipe. Verder plaas ek ‘n leë toilet rolletjie oor die gloeilamp as ek dit wegpak vir beskerming
Ek sluit drie fotos in. een van wat benodig word, een van die klaar produk en een waar die liggie teen vrien Johan se Ford "vasgeplak" is tydens 'n kamp sessie.
Lekker kamp.
Gert en Hantie Combrink – Paarl
Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.



