Gee vir jou tjop sy eie dop
WegSleep #17 | November 2009
Cornelia Oberholzer

Ek en my man braai regdeur die jaar, maak nie saak of dit sonskyn is of reën nie. Ek gebruik vir meer as 20 jaar al my polistireen-koeldrankhouer om ons vleis warm te hou as ons kamp.

Ek het nog nie ’n beter plaasvervanger gekry nie. In die winter hou dit gaar vleis in die buitelug tot twee uur warm, en in die somer hou dit die vleis warm en vliegvry.
Die onderkant van die houer is met ’n foeliebakkie uitgevoer en dit is maklik om te was ná ons dit gebruik het.

 

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.