Wanneer ons gaan kamp word die fietse bo-op die sleepwa staangemaak. Ek het 2 swembad 'noodles' gekoop (dié met die gat in die middel), in 4 korter stukke gesny en dit aan die een kant deurgesny. Dit pas stewig om die fietsrak en op die manier kan die rame nie skaaf nie.