Bring die sproeier, ons hou spitbraai
TEKS EN FOTO'S: Johan Le Roux

Ek was onlangs só haastig om Waenhuiskrans toe te sleep dat ek ’n noodsaaklike deel van my spittoerusting by die huis vergeet het.

Die hegplaat van die motortjie het agtergebly en ek moes toe ’n ander plan maak. Ek het my kolegrafie in die grond probeer plant en dit met kabelstroppe probeer staande hou, maar dit wou nie werk nie.

Ek het so half benoud om my gekyk, en sien toe ’n sproeier daar naby staan, nog vas aan die tuinslang.

Net daar kry ek toe ’n blink plan: Ek het die sproeier nader gesleep en die grafie daaraan vasgemaak, en siedaar – ons het tog te lekker gespitbraai.

Die sproeier het niks oorgekom nie, en is later die aand weer netjies op sy plek gesit.

Ek wonder net wat sou gebeur as iemand die kraan oopgedraai het...

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.