Biltongboks
WegSleep #24 | Julie 2010
JACO ZAAYMAN, Kraaifontein

Biltongboks

Hier is ’n maklike en bekostigbare manier om biltong te droog. Jy het ’n plastiekkampboks (60l) en twee 12V rekenaarwaaiers (12cm) wat jy by enige rekenaarhandelaar kan koop, nodig.
(Vra vir oues, of koop nuwes teen R60 elk). Jy gaan ook drie 12mm dowels (houtstokkies) nodig hê om jou biltong aan te hang.
Saag ’n sirkel so groot soos die waaier se lemme in elk van die twee teenoorgestelde kort sye van die plastiekboks.
Die een waaier gaan die lug aan die een kant insuig, terwyl die ander waaier die lug aan die anderkant van die boks uitblaas. Boor gaatjies vir die skroewe en skroef die waaiers aan die binnekant vas. Maak seker dat die een waaier inblaas en die ander uit; daar is pyltjies op die waaiers wat die rigting waarin die lemme draai, aandui.
Al twee waaiers se lemme moet dus kloksgewys of antikloksgewys waai.
Boor nou teenoorstaande  gate, 2cm van die bokant af, in die lang sye van die houer en druk die drie houtstokkies, waarop jy jou biltong hang, daardeur.
Berei jou biltong voor en hang dit op. Koppel die waaiers aan ’n 12V kragpunt en maak die deksel toe. Ná vier tot vyf dae het jy heerlike tuisgemaakte biltong.

JACO ZAAYMAN, Kraaifontein

Jy moet ingeteken wees om oor hierdie storie to gesels. Klik hier om aan te meld.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.