Wegsleep Saamtrekke - 2012
Nuwe forum onderwerpe
Watter saamtrekke dink julle gaan volgende jaar plaasvind ???
- Kopisol is mos Boats se baby en dit is n definitief !
- Bosfontein
- Klipdraai
- Klein Paradys (Oktober 2012)
Waar en wanneer is die Nationale Saamtrek.
@ Willem, jy weet mos baie daarvan.
Dit sal great wees om 4 saamtrekke vas te maak vir volgende jaar + 1 vir die Nationale Saamtrek.
Wat dink julle?
Ek wil dit ook nie hê nie Spiderman.
Eben,
Die Nasionale Saamtrek het ons elke 2de jaar gedoen en die 2de een was 2011, maar niks stop ons om elke jaar een te hê nie, die plek is die grootste probleem.
Dit is jammer dat die funksie om 'n draad te begin waar mens kan stem is nie meer vir ons gebruikers nie en Nikky is nie meer daar om ons te help nie.
Ek glo ook die Saamtrekke moet spontaan begin.
Onthou ons het een einde April begin Mei 2012 en daar is nog BAIE plek, maak plan en sit jou naam op die lys.
As ek my opinie kan lig oor 'n nasionale saamtrek.
Ek dink nie dit sal ooit baie aftrek kry nie, want die afstande is net te ver. Ek sal eerder voorstel mens hou so "nasionale" saamtek" bv by Drakensville of een van die plekke in daai omgewing, dan kan dit die gauteng, Natal en vrystaat manne dalk pas en nie te ver wees nie. Manne van die kaap wat lus is kan ook natuurlik saam kom. Dan kan die volgende jaar sin dalk meer lokaal vir die kaap, natal en vrystaat ouens wees, en die ander wat lus is vir so baie ver sleep kan dan maar join.
As mens is in die middel van kaapstad en pretoria probeer kry dan raak dit vir almal ver en al he minder mense gaan bywoon van beide kante. Behalwe die bloenfonteiners, maar daai plek is blykbaar so boring hulle kamp sommer voor die bottelstoor.
Nog 'n plek wat sommer 'n gewone saamtrek dalk oorweg kan word is Wawielpark, daar in Klerksdorp se kant. Weet nou nie eintlik of dit bietjie uit die pad is vir meeste van ons nie en ook te ver is vir 'n naweek kamp nie, maar as daar belanstelling is moet julle se, ek kan dalk so R10 afslag reel met 'n contact of twee daar.
Kyk nou net die inteligente voorstel en moet sê ek ondersteun die voorstel tenvolle.
Spiderman,
Gaan jy dan vir ons 'n saamtrek reël ?
My voorstel sal een van dié lang naweke wees.
| 2012 | S | S | M | D | W | D | V | S | S | M | W | ||
| Agustus | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | ||
| September | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | |||||||
Ons probeer om die Weskaap Saamtrekke te reel by oorde waar ons nog nie voorheen as Groep was nie. Dit gebeur egter dat ons soms meer as een keer 'n Oord besoek waar die Wegslepers voorheen lekker gekuier het.
Die manne het hoeka die naweek gese hulle wil weer by De Hollandsche Molen gaan kamp. Die ablusieblokke is vernuwe en 'n nuwe een is gebou en die wat gaan loer het, het aanbeveel dat ons weer daar gaan kuier.
@ Spiderman, ek hou baie van die ATKV Drakensville idee.
Klink na n bakgat plan en ek dink jy moet dit sommer reel.
Ek het die naweek ook so bietjie rond gekyk en toe op Clarens af gekom. Drakensville was ons al by gewees maar nog nie by Clarens nie.
Stem vir Spiderman om dit te reel, Eben.
Manne, nou praat julle!!!
Drakensville is mos ATKV so ons kan darem seker bietjie spaar met lidmaatskap afslag en groep afslag. Clarens se park ken ek nie maar die omgewing is awesome daardie tyd. Clarens se dorpie het baie soortgelyke looks en feel as Dullstroom.
Weens logistieke redes met die tannie reel ek niks tot eers later volgende jaar nie. Maak ook geen beoftes oor enige bywoning nie. So julle moet maar reel.
Ian,
Gaan julle 2012 die Suidelike Nasionale Samtrek hou dan kan ons weer in 2013 die Noordelike Nasionale Saamtrek doen of dink julle ons moet elke jaar 'n Noord en Suid Nasionale Saamtrek hou ?
Die rede hoekom ek dink julle moet een 2012 doen is omrede daar nie Kaapenaars teenwoording was met dié jaar se Nasionale Saamtrel by Gariep nie.







Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak
Lyk my dit gaan nou soos tyddeel raak. Elke jaar dieselfde plekke, dieselfde tye.
Moet ons levies ook betaal?