Wildtuin toe
Nuwe forum onderwerpe
Volgende jaar Maart/April langpad van PE na Kruger Wildtuin (2 karavane). Ons beoog die volgende roete, vra graag raad oor parke ens. Het op internet heelwat kampe gesien by die plekke, maar sal graag hoor wat die gesoutes dink, Ook of ons dalk 'n beter roete kan volg. Wil graag so veel moontlik op hoofroetes bly.
PE na Gariep Dam (2 nagte) - na Golden Gate (2 nagte) - na Nelspruit (3 nagte) - na Kruger Wildtuin (5 nagte) - na Bela Bela (4 nagte) - na Parys (Vaalrivier) (3 nagte - na Gariep Dam (2 nagte) - na Cradock (1 nag) - na PE.
Ek hoor graag van julle. Baie dankie, Groete, Colin
Wil graag 'n klip in die bos gooi, ons was nou Julie vakansie 2010 in die Wildtuin en het geweet dat dit daar ook besig gaan wees met al die oorsese toeriste maar so het ook die Personeel van die wildtuin dit geweet en hulle was dudelik nie opgewasse gewees daarvoor nie, Ons het by Satara gestaan met ons karavaan en wou die een dag geld getrek het, hulle het net ;n mini Otm in die Kafeteria gehad en geen kontant in die geldlaai om vir ons te gee nie, ons het toe Olifants toe gery en daar het 'n man net voor ons geld getrek ook by 'n mini Otm en hulle kon net vir hom R500.00 gee, dis al wat hulle in geldlaai gehad het, ry toe maar na Letaba, daar is 'n Otm buite by die Restaurant, trek daar geld en besluit om daar te eet aangesien dit al na middagete was en wag langer as 'n uur vir ons kos wat net toast broodjies was en glad nie so lank kon vat om te maak nie, nou wil ek net weet as ons so lank moes wag wat moet die oorsese besoekers dink van die diens en dit lyk nie of hulle baie gepla was toe ons gekla het nie.
Satara se kampeerplekke is ook nie gemerk nie en die mense het net gestaan waar hulle wil en daar was beslis meer mense in die kamp as wat daar kampplekke was, so erg dat daar 'n tentpen deur 'n waterpyp geslaan is waar daar nie eers 'n tent moes gestaan het nie en ons vir die hele Saterdag aand geen water gehad het nie en nie die badkamers kon gebruik het nie. Daar sal drasties 'n plan gemaak moet word en nommers aan staanplekke toegeken moet word en beter kontrole gehou moet word van wie in die oord mag staan en wie nie.
Hoor graag van julle
Linda
My ervaring oor die jare in die Kruger Wildtuin (en ander Nasionale Parke) is om Sanparke-betalings en winkel-aankope (as dit moet) per kredietkaart te doen en vir brandstof met 'n petrolkaart te betaal. Vir ander kleinere uitgawes, neem voldoende kontant saam.
Wat restourante betref, stem ek saam dat gehalte, diens en prys aansienlik agteruit gegaan het vandat dit na privaat instansies uitgekontrakteer is. My raad is vermy dit eerder en maak eie etes in die kamp of by piekniek-plekke - dis buitendien baie lekkerder, goedkoper en meer gesellig.
Wat Satara betref, die ongemerkte staanplekke in die kampeerterrein bestaan al jare so en het my nie juis gepla nie. Indien die kampterrein oorbevolk is, moet 'n mens 'n amptelike klag by die kampbestuurder lê, vra wat sy/haar naam is, fotos van die kampterrein neem en die saak ook met SanParke se hoofkantoor skriftelik opneem. Op SanParke se webblad is e-pos besonderhede van senior personeel wat hieraan aandag sal gee. Wees spesifiek met bewyse waar dit kan en jy sal goeie terugvoer kry. Ek het dit verlede jaar gedoen na 'n besoek aan Twee Rivieren in die Kgalagadi Oorgrenspark met uiters suksesvolle resultate. Ek het nog verder gegaan en my klagte asook SanParke se positiewe reaksie op SanParke se forum geplaas en dit het nog verdere reaksie ontlok.
Ek was laas in 2008 in Satara en dit was opmerklik dat elke aand nadat die hekke gesluit het, is 'n opname by elke kampeerder gemaak om te verseker dat almal wat daar kamp, geregtig is om daar te kamp.
Ek is in September weer oppad Satara toe en sal op die uitkyk wees vir soortgelyke probleme.
Len
Hi, Linda. Dankie vir jou antw. Ons het nog net in die Wildtuin bespreek, Lower Sabie en Bergendal. Sal daarvandaan met voertuie per dag hoer op ry. Verder het ons gekyk na Glen Reenen by Golden Gate, Natures Gate of Leo's Resort in Nelspruit, Umoya of Pumbali in Bela Bela, Eastco of Weltevrede in Parys. Ken jy enige van hulle? Hoor graag van jou. Baie dankie ek waardeer dit. Groete
Dankie vir jou kommentaar. Ek sien jy en Linda praat albei van Satara. Ons wou soontoe gaan want het gehoor wild is meer volop daar. Ons het egter besluit om onder te staan by Lower Sabie en Bergendal en daarvandaan daagliks op te ry. Ons het reeds daar bespreek, hoop dit was die regte besluit? Ek stem saam, restaurante kry ek genoeg van in die stad. As ek in die natuur kamp wil ek 'n vuurtjie maak en my eie kos maak. En piekniekmandjie pak vir daguitstappies. Solank die ablusie geriewe netjies is, is ek gewoonlik heel tevrede met my omstandighede. Ons was seker 10 jaar gelede laas in die wildtuin, ek onthou toe het ons nie klagtes gehad nie. Sien baie uit daarna om weer te gaan. Dankie en groete.
Opinie asb:
Aan al die gesoute kampers :
Gebruik julle die volle tent of meestal net die " rally tent " ??
Groete
Johan
Hi Colin, Julle kan nie 'n fout maak om by Onder Sabie te staan nie, die meeste wild is daar en by Berg en dal is dit ook mooi, probeer om daar teen die draad te staan want daar is hiena's wat in die aand teen die draad op en af stap.
Dit is ook luiperd wêreld daar by Berg en Dal. Ons het by Glen Reenen gestaan met die karavaan en dit is baie mooi daar en daar is baie koelte bome om onder te staan. Deur die dag kan dit soms hinderlik wees met die verkeer wat daar deur beweeg Qua qua toe maar in die aande is dit stil en daar is 'n klomp voetslaan paaie om te stap in die berge in wat die moeite werd is.
Nelspruit ken ek ongelukkig nie en in Bela bela het ek self nog nie vakansie gehou nie, ons gaan altyd Klein Kariba toe net 'n paar kilo's verby Warmbad of by Weesgerus by Nylstroom wat nie ver van Warmbad af is nie en 'n baie mooi oord is met 'n warm buite swembad plus koue een en 'n warm onderdak swembad, is nou nie 'n warm bron nie maar hulle maak die water warm. Is 'n baie netjiese oord en baie kinder vriendelik en veilig en die Blesbokke slaap tussen die huisies op die gras.
By Eastco het ek nog nie gestaan nie, het wel gaan kyk hoe dit daar lyk, weet nie hoe hulle ablusie geriewe lyk nie, maar by Weltevrede kan jy met 'n geruste hart gaan staan,baie netjiese terrein en die badkamers is ook baie skoon en as kan vra vir die eerste ry staanplekke, hulle is heeltemal onderdak, jy het nie eers nodig om jou tent op te slaan nie, jou karavaan staan onder 'n afdak.
Sê maar as daar nog iets is waarmee ek kan help.
Groete Linda
Hello Johan
As die weer lekker is en vir net een of twee nagte is die rally tent lekker en natuurlik minder werk. Maar vir langer periodes verkies ons die tent. Ons het kant en voor sye vir ons rally tent, maar om dit alles op te sit verg omtrent net soveel werk soos die vol tent. Die Swing se tent het 'n afdak regom en, veral as dit reen, help dit om die tent droog te hou. Jou besittings is ook veiliger in 'n tent as onder die rally, ongelukkig deesdae kan jy nie meer so seker wees dat iemand nie in die nag iets sal "gaps" nie. Maar as ons bietjie toer, vat ons net die rally (met kant sye). Ag, om net oor kamp te praat is ook lekker. Mense wat nog nie karavane beleef het nie, weet nie wat hulle mis nie. Een keer 'n jaar gaan bly ons in 'n weeklange tyddeel, dit is iets anders en heel lekker, maar ons se altyd: Nee wat, die karavaanlewe is BAIE LEKKERDER. Sterkte, een van die dae is jy ook 'n gesoute kampeerder!!! Groete
More Linda, Baie dankie, jou antwoord beteken vir my baie. Nou voel ek gerus oor ons Wildtuinkeuses, was bietjie onseker. My seun, skoondogter en 2 kleinkinders toer saam met ons in hul karavaan. Ek sal bietjie met hul praat oor Klein Kariba. En sal beslis Weltevrede kies in Parys. Is daar nog 'n kamp by Golden Gate, of net Glen Reenen? Kyk, die uitsien na die toer is so lekker - dit voel of ek nou al met vakansie is, net om oor alles te gesels en te reel. Lekker dag, groete.
Hi Colin.
Ek weet net van die een kamp by Golden Gate. As jy 'n Wild Card het kan jy dit daar ook gebruik om meer punte en afslag te kry, as jou kaart oop is vir al die Parke in die land.
Groete Linda
<none>
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- chartmaster





Ek sleep 'n 96 Regall met 'n Op die oomblik met 'n Kia Sorento
Hi, Linda hier, Golden Gate se kampeer plek is nou onlangs opgegradeer en dit is baie mooi daar, as jy vir my kan sê waar julle plek bespreek het by van die dorpe soos Parys en die Wildtuin kan ek dalk vir julle meer inligting gee, ons was nou met die Julie vakansie in die Wildtuin met 'n karavaan en het onder andere by Krokodilbrug en Satara gestaan.
Stuur vir my meer inligting en ek sal kyk of ek julle kan help.
Groete van Linda
Sasolburg