Gesels saam op die WegSleep forum.

Victoriabaai

Gesels saam op die WegSleep forum.
willemP
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Wie het onlangs by Victoriabaai gekamp? Help asb. met raad, ons wil Des 2010 daar kamp.

Hoe is die geriewe/ staanplekke/ wind/ geraas/ sekuriteit?

 

Kampgroete

Willem

Kampalweer
Super sleper
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 321
Gebruiker van lyn af.
Plek: Goodwood - Kaapstad
Ek sleep 'n 2002 Palma met 'n 2011 Toyota Hilux D/C D-4D Auto 4x4

Hi Willem gee my nog so 10 dae dan sal ek kan kommentaar lewer, is daar vanaf 28/01/2010.

Groete

Philip

Moenie vandag doen wat jy vir môre kan laat staan nie.   In vino veritas. 

WP FOREVER!

willemP
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Fantasties Philip, baie dankie. Jy gaan my baie help. Ek en my vrou wil kamp by die staanplekke met die individuele ablusiegeriewe. Ek is veral effe bekommerd oor sekuriteit. Kan 'n mens die dag iewers heen ry en alles net so los?

Kan ek jou dalk bel? Wat is jou nommer? As jy nie op die forum jou nommer wil plaas nie, kan jy my dalk jou nommer sms by 083 419 6013?

Kampalweer
Super sleper
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 321
Gebruiker van lyn af.
Plek: Goodwood - Kaapstad
Ek sleep 'n 2002 Palma met 'n 2011 Toyota Hilux D/C D-4D Auto 4x4

Hallo Willem, jammer ek kom nou eers terug na jou. Ek wil net vir jou se dat as jy plek kry by Victoriabaai kan jy maar met 'n geruste hart gaan. Die nuwe privaat ablusies is baie netjies, die staanplekke effens klein en nie met veel gras nie, maaaaaaaar, die uitsig, sekuriteit, omgewing en swemplek maak dit alles 'n baie lekker kamp. Ek sal enige tyd weer daar gaan kamp. Nie al die staanplekke het eie ablusies nie. Ek het op die regterkant, soos jy die pad afkom gestaan.

Groete

Philip

Moenie vandag doen wat jy vir môre kan laat staan nie.   In vino veritas. 

WP FOREVER!

Elsabe Wolmarans
Groentjie
Aangesluit: 26/03/2010
Inskrywings: 25
Gebruiker van lyn af.
Plek: STANDERTON

VICTORIABAAI is die mooiste, mooiste baai

Ek het verlief geraak op die baai

Jy sal lekker rus daar.

Geniet jou verlof.

Groete

Elsabe

ELSABE WOLMARANS

Gypsey King
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 606
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n Rascal met 'n Mitsubishi Triton

Hi Willem

Ek hoop jy kry plek. Ek het in Julie gebel en hulle was reeds vol geboek vir Desember

Groete

Aubrey

<

Damara
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1667
Gebruiker van lyn af.
Plek: Delmas (Mpumalanga)
Ek sleep 'n 2010 Romany met 'n Hyundai H1 2.5 VGTI

Waar is Victoriabaai presies? Ons beplan om volgende jaar vanaf die nasionale saamtrek daar oor te staan oppad na Witsand.

Groete

Flip

 

"People who think they know it all, realy annoy those of us wo do"

Stoffel
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1039
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kleinmond

Damara

Net buite George - Wildernis se kant.  Ek hoop om vir die komende langnaweek daar geholpe te raak met 'n staanplek met eie ablusie. 

Ons ry more - sonder bespreking - en glo dat ons iewers 'n ou plekkie sal kry.  Andersins dalk Ebb & Flow, of Buffelsbaai, of Woodbourne, of Forever Plettenberg, of Keurbooms Lagoon, of Stormsriviermond.

Piet
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1095
Gebruiker van lyn af.
Plek: Despatch (Naby Port Elizabeth)
Ek sleep 'n Gypsey 4 met 'n 2004 Ford Ranger 2.5 TDi

Stoffel,

As ek jy is bel ek maar eers, dit is 'n baie gewilde plek.  Lionel is die opsigter en sy nommer is 083 530 5128

Hoop jy kom reg.

Groete en lekker kamp

Piet

Ek MOET niks!

 

Andre Smit
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1429
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kemptonpark, Gauteng

 Hi Julle,

Tog interressant hoe menings, ervarings en inligting verskil.

Sommige van julle sal nog vir Tyro van die vorige werkende forum onthou.

Hulle was einde laasjaar aan die kuier met die ooskus op en het op Mosselbaai gestaan.

Sou volgende dag vertrek Vic baai toe, toe 'n makker daar op Mosselbaai opdaag, rot en kaal besteel op Vicbaai.

Blykbaar in een week 'n hele paar kampeerders beroof, in so 'n mate dat Tyro skoon verbygehou het terug Nelspruit toe.

Kan nie my eie mening vorm uit hierdie uiteenlopende ervarings nie.

 

Groete

Andre 

 


Stoffel
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1039
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kleinmond

Ons het toe Donderdag 5 Augustus eers by Victoriabaai gaan inloer (nadat ons eers Dibiki by Hartenbos gaan verken het - netjies, maar het ons nie aangestaan nie nie.  Ek wil nie die hele tyd in 'n 2 meter-hoog "Vibracrete-muur" vaskyk nie.)  Ons kon geholpe raak by Victoriabaai - en ja, alles is pragtig, maar daar was geen ander kampers nie.  Na my susters se ervaring van diefstal by Victoriabaai - weliswaar 'n jaar of twee gelede - was ons te bang om alleen daar te staan.

Toe maar aangedruk tot by Ebb & Flow (Wildernis Nasionale Park) en aanvanklik vir 4 nagte daar betaal.  Dit was so uitstekend dat ons uiteindelik die volle 10 aande daar gebly het.  Ons is eers vanoggend daar weg.

Wie's aanlyn

Daar is tans 6 gebruikers en 86 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • JCKorf
  • Molekule
  • Franss
  • thysvt
  • Frans Pretorius
  • Ebenhaeser

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.