Gesels saam op die WegSleep forum.

Shingwedzi Kruger National Park

Prof.
Ou hand
Aangesluit: 06/05/2010
Inskrywings: 246
Gebruiker van lyn af.
Plek: Polokwane
Ek sleep 'n Gypsey Regal Blue Serious 2007 met 'n Toyota Hillux DC 2.7vvti

More aan al die kampers

Ek gaan vir die eerste keer die Kruger aandurf met die karavaan. Al waar ek plek kon kry was by Shingwedzi oor die tydperk kersfees nuwe jaar. Kan julle my asb. inligting gee oor die kamp , die staan plekke, die ablusie geriewe en oor die algemeen. Help asb. n' nuwe karavaner uit sy nood.Ek het net n' week om te bevestig. Ek bly in Polokwane , wat is die beste pad om te ry en watter hek moet ek ingaan? Wat is die moet en die moenies.?

NS ek het n' Gypsey Regal , is die stands darem groot genoeg?

Groetnis

Tinus

Jakkals 007
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2010
Inskrywings: 468
Gebruiker van lyn af.
Plek: Komatipoort
Ek sleep 'n Sprite Swift met 'n Nissan Navara

Hi Tinus

Die kortstepad is om by Punda in te gaan. Omdat die staan plekke nie afgebaken is nie sal daar genoeg plek wees vir jou Regal. Jy sal maar 'n aircon moet saamvat aangesien Shingwedzi baie warmer as Polokwane is. Skaf gerus vir jou 'n ordentlike hammer ook aan want dit kan soms moeilik raak om 'n pen in daai stukkie aarde in te kap. Shingwedzi het ook 'n lekker swembad as die dae te warm raak. Moet se ek is redelik groen hier waar ek sit want ek sal nie kan weggaan hierdie Desember nie.

 

Geniet dit

Hou die blink kant bo en groete van staanplek tot staanplek

Jacques

Prof.
Ou hand
Aangesluit: 06/05/2010
Inskrywings: 246
Gebruiker van lyn af.
Plek: Polokwane
Ek sleep 'n Gypsey Regal Blue Serious 2007 met 'n Toyota Hillux DC 2.7vvti

More Jakkels

My vrou werk by een van daai plekke waar sy verplig word om Des. verlof te neem. Ons sou eintlik buite seisoen wou gaan. Terloops , is die grond darem redelik gelyk en is daar darem so bietjie skaduwee , bome. Wat van ons ou manne met die sterte , ape , moet n' mens maar voorsorg tref.O en dan die muskiet familie, pla dit ook of nie?

Tinus

Jakkals 007
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2010
Inskrywings: 468
Gebruiker van lyn af.
Plek: Komatipoort
Ek sleep 'n Sprite Swift met 'n Nissan Navara

Hier waar ek werk is ons so half verplig om Desember te werk. Ja die grond is gelyk en daar is so paar Mopanies wat lekker skaduwee gee. Ek het nog nooit probleme met die ape gehad nie maar dit is seker omdat ek voorsorg tref as ek uitgaan soos om die dak te laat sak en seker te maak daar staan nerens eetgoed buite rond nie. Die hele wildtuin is maar Malaria gebied en Shingwedzi het maar sy deel van die muskiet bevolking gekry om te huisves so maak maar voorsiening (Peacefull sleep)

Die ablusie geriewe is ook  skoon en voldoende. Die winkeltjie het ook die meeste van die goed wat jy dalk by die huis vergeet het en net soos by ander kampe se winkels jy jou ore van jou kop af gaan betaal so vat maar eerder alles saam.

Hou die blink kant bo en groete van staanplek tot staanplek

Jacques

Prof.
Ou hand
Aangesluit: 06/05/2010
Inskrywings: 246
Gebruiker van lyn af.
Plek: Polokwane
Ek sleep 'n Gypsey Regal Blue Serious 2007 met 'n Toyota Hillux DC 2.7vvti

Hi

Dankie vir die info, nou wil ek sommer gaan kamp. Terloops ek sien jy is van Komatipoort af. Hoe gaan dit deesdae daar by Marlothpark. Ek het n' erf daar vir my gekoop so drie jaar terug , moet dit nog ontwikkel mits ek iemand kry wat my goeie aanbod maak.

Groetnis

Tinus

Jakkals 007
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2010
Inskrywings: 468
Gebruiker van lyn af.
Plek: Komatipoort
Ek sleep 'n Sprite Swift met 'n Nissan Navara

Ek was lanklaas daar gewees maar ek hoor dit gaan bietjie rustiger met die inbrake saam. Het jy 'n prys ingedagte as jy dalk sou wou verkoop. Ek kan my oor op die grond hou hierdie kant

Hou die blink kant bo en groete van staanplek tot staanplek

Jacques

Tassie
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 81
Gebruiker van lyn af.

Hi Tinus

 

Ons gaan nou die 26ste bietjie Wildtuin toe en ons gaan ook by  Shingwedzi kamp.  Sal vir jou volledig verslag gee wanneer ons terug kom.  Ons gaan ook 'n paar dae Punda Maria toe. Oornag by Lalapanzi en dan neem ons die Elim pad Punda Maria toe. Sal ook inligting oor dit gee.

Ek kan nie meer wag nie, nog net 9 slapies. 

Kamp Groete

Tassie

Helgard de Villiers
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 18/05/2010
Inskrywings: 65
Gebruiker van lyn af.
Plek: Tzaneen

Hallo Tinus

 

Jy kan ook Tzaneen/Phalaborwa omry en dan van Phalaborwa of Maroela - Shingwedzi toe ry.  As jy terug huis toe ry kan jy Punda Maria omry dan is dit darem 'n ander pad.   Ons hou daarvan om by Phalaborwa in te ry, daar is meer wild in die sentrale deel van die wildtuin.  Shingwedzi het nie so baie wild as die sentrale en suide van die Wildtuin nie, maar die voel lewe is PRAGTIG en kyk gerus uit vir Sharp se Grysbokkies.  Vir ons is dit net 'n voorreg om in die Wildtuin te wees en ons geniet dit om enige plek te staan.  Elke plek het sy eie bekoring.    Ons het twee maande terug daar gestaan en die kamp plek is groot, daar is geen afgebakende staanplekke nie, jy staan waar jy wil en daar is hier en daar koelte bome.  Ek kamp elke twee maande in die wildtuin en sal BAIE sterk aanbeveel dat jy 'n lugreeling moet he vir Desember.  Dit word ONGELOOFLIK warm daardie tyd van die jaar en 'n mens slaap nie sonder 'n lugreeling nie, en ja, 'n waaier help nie regtig nie want dit roer net die warm lug rond in die woonwa.

Die Ablusie geriewe is baie netjies en word gereeld skoongemaak, die grond is sag en jy sal glad nie sukkel met tentpenne nie. Kyk net uit na die staanplekke aan die teerpaadjie se kant is nie almal baie gelyk nie en met 'n harde bui reen is alles maklik knie diep onder water.

 

Hier is 'n foto van die staan plekke in die kamp

 

Helgard de Villiers
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 18/05/2010
Inskrywings: 65
Gebruiker van lyn af.
Plek: Tzaneen

Hallo Tinus

 

Jy kan ook Tzaneen/Phalaborwa omry en dan van Phalaborwa of Maroela - Shingwedzi toe ry.  As jy terug huis toe ry kan jy Punda Maria omry dan is dit darem 'n ander pad.   Ons hou daarvan om by Phalaborwa in te ry, daar is meer wild in die sentrale deel van die wildtuin.  Shingwedzi het nie so baie wild as die sentrale en suide van die Wildtuin nie, maar die voel lewe is PRAGTIG en kyk gerus uit vir Sharp se Grysbokkies.  Vir ons is dit net 'n voorreg om in die Wildtuin te wees en ons geniet dit om enige plek te staan.  Elke plek het sy eie bekoring.    Ons het twee maande terug daar gestaan en die kamp plek is groot, daar is geen afgebakende staanplekke nie, jy staan waar jy wil en daar is hier en daar koelte bome.  Ek kamp elke twee maande in die wildtuin en sal BAIE sterk aanbeveel dat jy 'n lugreeling moet he vir Desember.  Dit word ONGELOOFLIK warm daardie tyd van die jaar en 'n mens slaap nie sonder 'n lugreeling nie, en ja, 'n waaier help nie regtig nie want dit roer net die warm lug rond in die woonwa.

Die Ablusie geriewe is baie netjies en word gereeld skoongemaak, die grond is sag en jy sal glad nie sukkel met tentpenne nie. Kyk net uit na die staanplekke aan die teerpaadjie se kant is nie almal baie gelyk nie en met 'n harde bui reen is alles maklik knie diep onder water.

 

Hier is 'n foto van die staan plekke in die kamp

 

Prof.
Ou hand
Aangesluit: 06/05/2010
Inskrywings: 246
Gebruiker van lyn af.
Plek: Polokwane
Ek sleep 'n Gypsey Regal Blue Serious 2007 met 'n Toyota Hillux DC 2.7vvti

Jisliaak , dis mos hoekom n' mens aan die wegsleep forum , behoort. Baie dankie vir al die info.

Die enigste probleem is , dit hou jou net uit jou werk uit dis al, want jy wil net gaan.

Tassie baie dankie ek wag vir jou terugvoer en mag jy dit baie geniet en veilig sleep.

Jakkels , die erf is oor die 2000 vierkante meter. Baie goeie straat ( Scorpion ) 14 pragtige groot bome wat nie verwyder mag word nie. Ek glo nie ek sal vir minder as R250 000 gaan nie. Die erf is ook op n' hoogte en as jy in een van die Maroela bome halfpad opklim sien jy die krokedil rivier en wiltuin.

Helgard dankie vir die foto , julle almal het my sopas oortuig dat ek maar my gelde moet betaal en die ding doen. Sal net na die hitte moet omsien , maar aan die ander kant het ek vir 25jaar in die noordkus van Natal gebly ( RHB) , glo my daar druk die hitte jou in die een hoek en die vogtigheid klou jou vas.

Tinus

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 745
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kilnerpark Pretoria

Tinus

Ons was die afgelope langnaweek by Shingwedzi en het dit soos altyd baie geniet, Jy het reeds die meeste inligting gekry maar hier is nog n bietjie.

Die kragpunte is "doelloos" geplaas, jy kan 2 meter vanaf n punt staan of dit kan nodig wees om jou koord te verleng  neem n lang genoeg koord saam.

Die meeste kragpunte is die nuwe blou koppelings maar aan een kant van die kamp is nog n paar ou driepunt koppelings.

Daar is geen gras nie en n lekker grondseil voor die tent is volgens my noodsaaklik om die sand uit te hou.

 

Hier is nog n foto van die terrein met n ou grote in die agtergrond.

 

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

Prof.
Ou hand
Aangesluit: 06/05/2010
Inskrywings: 246
Gebruiker van lyn af.
Plek: Polokwane
Ek sleep 'n Gypsey Regal Blue Serious 2007 met 'n Toyota Hillux DC 2.7vvti

Hallo Perdeby

Dit is n' groot meneer daai. Baie dankie vir die info.

Jis maar julle manne , skuus en vrouens het darem snaakse forum name , miskien moet julle eendag iets begin sodat elkeen kan vertel hoekom nou daardie spesifike naam.

Dis wonderlik , jip , karavaan mense is maar n' ras op sy eie.

Tinus

Len Loader
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 706
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Exclusive met 'n 2006 Nissan Pathfinder 250dCi handrat

Dit was nou sommer lekker leesstof en 'n voorbrand vir my Karoo & Wildtuin-trippie volgende maand.  Om die waarheid te sê, presies volgende maand hierdie tyd het ons vanaf Skukuza by Satara opgedaag en is dan seker besig om kamp op te slaan.  Trouens, ek behoort dan al met 'n bier in die hand te staan. Wat 'n aangename vooruitsig !

Tussen hakkies, om darem 63 op die klok te hê het besliste voordele.  Die koste buite seisoen in SanParke se konsessie-tye kan moeilik geklop word  -  R90 per dag per kampeer-staanplek !

Len

ThomasK
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 199
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n 1995 Jurgens Fleetline XL met 'n 2009 Grand Voyager 2.8 CRD

Junie vakansie daar gewees vir 10 dae, Punda ingekom Phalaborwa uitgegaan. Was fantasties

Ape het nie gepla nie maar wel die eekhorinkies

Yesterday Is History, Tomorow is a Mystery, but Today is a Gift. That is why it is called The Present

Nel
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1969
Gebruiker van lyn af.
Plek: Murrayfield, Pretoria
Ek sleep 'n 89' Caravette 6 met 'n Renault Scenic 2lt

Tinus,

Ons het Des 2009 daar gestaan en dit was 'n fees.

Die ablusies kan dalk ver wees van die staanplek maar dit hang af waar jy staan. Dit was egter die heeltyd skoon en netjies gewees.

Koelte is redelik skaars as jy teen die draad wil staan maar verder in is daar meer as genoeg koeltebome. Neem 'n lekker lang draad (20m+) saam aangesien die kragpunte redelik er van jou staanplek kan wees.

Moet nooit kos of vrugte in jou tent hou nie! Maak dit toe in jou wa en laat die dak sak. Wees versigtig vir die plaaslike likkewaan en klein wild wat aan jou tone wil kom knibbel terwyl jy 'n middagslapie in jou stoel wil neem.

Die grond is redelik hard maar ook gelukkig gelyk in die kamp.

Paaie & dinge at jy móét doen:

Ry uit by die agterste hek so vroeg moontlik en stop op of net voor die laagwaterbrug. Wees net versigtig vir die seekoeibul wat daar is. Laasjaar was dit die tweede keer wat dieselfde bul my voertuig net gemis het.

Gaan hou piekniek by Babelala. Lekker rustig en die olifante kan jou net dalk kom groet.

Gaan op 'n nagrit. Dis die moeite werd. Ons het al die klein katte gesien wat mens nie in die dag kry nie. Ystervarke, uile, Sharp's se grysbok en vele meer kan gesien word.

Ry uit vir die dag na Pafuri. Dis een plek waar ek regtig graag sal kan bly!

Gaan swem in die swembad. Dis een van die lekkerste plekke om te wees wanneer die temp tot bo 38 styg.

Moenie te veel van die winkel of vulstasie verwag nie. Dis een van die verste plekke in die Wildtuin om petrol en kruideniersware af te lewer. Hierdie is een van die afgeleëste plekke in die Wildtuin en daarom een van die laaste plekke wat vol bespreek word!!!!!!

Laastens GENIET DIT

Groete

 

Louis

Prof.
Ou hand
Aangesluit: 06/05/2010
Inskrywings: 246
Gebruiker van lyn af.
Plek: Polokwane
Ek sleep 'n Gypsey Regal Blue Serious 2007 met 'n Toyota Hillux DC 2.7vvti

Hallo Louis en al die ander kampers wat so baie info vir my gegee het. My gelde is betaal , nou moet ons net die tyd verbykry. dankie aan almal van julle vir die info, ek kan al amper n' nuusbrief uitreik met al die info.

As daar nog dinge is wat ek moet weet , laat waai. Een ding is vereker nou dat ek so naby die wiltuin is gaan die my nog baie sien.

Vraag, waar koop julle vars vleis om te braai, n' karavaan se vrieskas kan net soveel vat en nie meer nie.

Groetnis

Tinus

LangKamp
Ou hand
Aangesluit: 29/08/2010
Inskrywings: 165
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n Jurgens met 'n Toyota

Hallo julle,

Het twee weke gelede na 3 weke uit die wildtuin gekom en was vir die eertse keer in Shingwedzi. Was hartseer om op te pak en sal gewis weer gaan. Die lekkerste is die feit dat daar so min mense is en die mense wat wel daar kamp is verseker wildtuin liefhebbers.

Die grond is hard en het vir my voor die tyd by Outdoor kort tentpenne gekoop wat tog te lekker gewerk het. Die lang penne is maar 'n gesukkel om ingekap te kry.

Geniet dit en dink maar ons wat al reeds ons beurt gehad het. Dis 'n lang wag na vlg jaar.

Wildtuin groete

Groetnis

Cliffie en Mellie

Hou in die lang kamp as jy ry. Veilige kilo's word jul toegebid!

Nel
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1969
Gebruiker van lyn af.
Plek: Murrayfield, Pretoria
Ek sleep 'n 89' Caravette 6 met 'n Renault Scenic 2lt

Tinus,

Wat ons gedoen het is om al ons vleis vir 8 dae by die huis te koop, te laat vacuum pack en dan te vries. Alles is in koerantpapier toegedraai en in een cooler gepak. Die vleis wat mens eerste eet bo. Dit het goed gehou en niks het sleg geword nie.

Ons het voordie tyd 'n spyskaart uitgewerk en gekoop. Die brunch se vleis is in die vrieshokkie gesit. Dit is miskien voorspelbaar maar hou verskeie voordele in soos die feit dat jy nie meer koop as nodig is nie.

Volgende keer gaan ek die vleis by die huis toedraai, nat maak en dan vries. Ek is amper seker dat mens dan selfs vir 14 dae kan koop en saam neem. Sal egter 'n jaar moet wag om te sien of dit gaan werk.

Groete en geniet dit!!!!!

Louis

Len Loader
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 706
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell
Ek sleep 'n 2005 Jurgens Exclusive met 'n 2006 Nissan Pathfinder 250dCi handrat

Tinus

'n Ander opsie is natuurlik om in 'n losstaande vrieskassie te belê wat jy in jou sleepvoertuig aan 12V koppel (mits jou voertuig spasie daarvoor het).

Ons ry 14 dae se vleis saam vanaf die Kaap tot in die Kruger Wildtuin.  As die vleis vooraf gevries is, bly dit in die woonwa vrieshokkie en losstaande vrieskassie kliphard gevries.

Len

Wie's aanlyn

Daar is tans 14 gebruikers en 107 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Kobus Snyman
  • RSS
  • sakkie mynhardt
  • thysvt
  • Gypsey King
  • Lord Farquart
  • Kobus K
  • Big G
  • NicoPietersen
  • Corné Wagemaker
  • Eddie Laing
  • Johan K
  • chris dupreez
  • BenA

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.