Gesels saam op die WegSleep forum.

Roete 62

Gesels saam op die WegSleep forum.
wilweerweg
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 128
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Ons wil so rondom nuwejaar die roete doen vanaf J-Bay tot Oudtshoorn/Calitsdorp. Watter kampeerplekke kan julle ouens aanbeveel? Ons sleep 'n karavaan (of is dit nou woonwa) saam.

PierredW
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 189
Gebruiker van lyn af.

Ek sleep 'n 1987 Fleetline L met 'n Cortina bakkie met 'n 5.8L Chevvy enjin, 3 spoed outomaties ens. Die enjin is effens warmer en gee 240kw op die krukas in Pretoria. Vir my is die krag ok maar ek kan die lang opdraand tussen Potties en Pietersburg maar teen 130km/h uit, my 2L turbo Jetta doen beter maar dan darem sonder karavaan. Ek sal so 'n kombinasie aanbeveel, hy sleep baie lekker en gemaklik, verbysteek is geen probleem maar jy kry so 3.5 km/l so tyd word verloor met baie stoppe vir brandstof ingooi. Die remme bars ook so as 4 wiele op die Eksklusief rem sal dit help.

FerdiB
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1816
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Daar was 'n rukkie gelede in Weg 'n bylae oor roete 62. Kan net nie presies onthou wanneer nie. Dalk is daar raad in.
Terwyl roete 62 bespreek word, weet iemand dalk hoe lyk die paaie na die vloede daar? Ons beplan om Desember van Oudtshoorn Kaap toe te ry met roete 62. Ek weet by Calitsdorp was die pad op 'n stadium gesluit. Dit sal seker nou weer oop wees, maar hoe lyk die paaie se toestand?
Ferdi

PierredW
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 189
Gebruiker van lyn af.

Quote:
nicola - 28/11/2007 11:34 AM

Mosambiek is ’n heerlike plek vir vakansie, hier en daar kry jy die mense wat van omkoop hou maar ons gaan so 4 keer per jaar en het nog nooit probleme gehad nie. Die grootste probleem is die Suid Afrikaners wat nou oral toepak. So 4 jaar gelede was dit nog lekker stil en rustig daar.

Ons ouens wat van stilte hou ry nou maar noord. Pomene buite seisoen is heerlik.

dracoza
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3086
Gebruiker van lyn af.
Plek: Elarduspark, Pretoria
Ek sleep 'n 1998 Gypsey Rapier met 'n 2006 Dodge Caliber 2.0 CRD SXT

Minora,

dis juis hoekom ek metaalskywe aan ons wa se stutte gesit het

Groete 

WillemJVR

dracoza
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3086
Gebruiker van lyn af.
Plek: Elarduspark, Pretoria
Ek sleep 'n 1998 Gypsey Rapier met 'n 2006 Dodge Caliber 2.0 CRD SXT

Die gifsproeier sal ook werk, gaan net bietjie langer vat

Groete

WillemJVR

dracoza
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3086
Gebruiker van lyn af.
Plek: Elarduspark, Pretoria
Ek sleep 'n 1998 Gypsey Rapier met 'n 2006 Dodge Caliber 2.0 CRD SXT

Mooi gestel Atoom

WillemJVR

Stoffel
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1039
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kleinmond

Indien jy beplan om met die N2 tot George te ry, het jy 'n paar goeie opsies t.o.v. woonwaparke. Tsitsikamma Nasionale Park (Stormsriviermond) is 'n uitstekende roep en Forever Resorts Plettenbergbaai is ook 'n goeie park. Daar is verseker nog ander parke ook op hierdie roete waarvan ek nie eerstehandse ervaring het nie.

In Oudtshoorn self kan jy nie 'n fout maak met Kleinplasie nie. Die Cango Mountain Resort en De Hoek (beide in die rigting van die grotte) is ook netjiese parke. Calitzdorp Spa was eens op 'n tyd 'n baie lekker plek, maar ek het verneem (nie my eie ervaring nie) dat dit taamlik agteruit is.

wilweerweg
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 128
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Dankie vir die inligting sover.
Ons het bietjie laat geslaap met die trip. Ek twyfel of ek nog langs die see gaan plek kry. Vanaf 2 Jan is ons op Hartenbos, so dit sal lekker wees om 'n roete te ry wat ons nie ken nie, al is dit nie langs die kus nie.

Wie's aanlyn

Daar is tans 8 gebruikers en 92 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Molekule
  • Franss
  • thysvt
  • Frans Pretorius
  • Ebenhaeser
  • BenA
  • Tweetie
  • Noddy

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.