Mbizi
Nuwe forum onderwerpe
Hi Almal
Ek will net iets belaglik deel met jull.Ons het by mbizi geboek vir tussen kersfees en nuuwe jaar. staan plek vir 4 persone wat seker reg is ,Maar nou is da 2 babas by my dogtertjie is dan 11 maande oud en neef hull se seun sal dan 4maande wees.
Ons moet vir daai 2 kinders R90 n dag betaal,hull gaan nie hull geriewe gebruik nie en ook nie hull water drink ons vat alles saam vir hulle. Al wat hull gaan gebruik is dan emmer water om in tebad.
Ek dink net dit is belaglik.!!!!!
Big G
Ja ek het dit vir hull gese ma hull se dit maak nie saak van ouder dom nie jy moet vir hull betaal.
Sjoe, al die dinge wat mens van Mbizi hoor.
Gewoonlik is babas onder 2 gratis by die meeste plekke... 
Groete,
Jacques
Ek is lus om in Caravan and Camping n berig teskryf oor dit.
Hi Rudi,
Ek was Desember 2009 ook by Mbizi en moes ook dieselfde doen vir my 3 maande ou babatjie seuntjie en my dogterjie was op daardie staduim 22 maande.
Ek het aan hulle verduidelik dat babas net suurstof sal gebruik maar hulle wou van niks hoor nie.
Ek dink dis onredelik en net geldgierigheid wat dit doen. Ek het myself belowe om nooit weer my voet daar te sit nie en sover ek gaan raai ek kampeerders af om soontoe te gaan.
Dit gaan seker nie 'n groot verskil maak nie maar ten minste gee dit my ietwat gemoedsrus.
Tipies Mbizi. Duur tariewe en dan nog dit. Dis net ons eie skuld. Want kamp sal ons nou maar aanhou om daar te gaan kamp.
Ek het net nadat hulle hul ster gradering gekry het, besluit dat hulle my nooit weer daar sien nie.
Hulle is belaglik man!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Ons het 'n klompie jare terug daar vinnig ingegaan oor 'n Paasnaweek, nee wat ek stel nie belang nie
Ryno
Ons was ook net een keer daar, April 2003.
Die terugvoering maak dit nie meer aantreklik om terug te gaan nie, soek eerder 'n nuwe plek waar ons nog nie was nie.
Mbizi is 'n lieflike oord - BUITESEISOEN en GEWONE NAWEKE !!
Rudi, maak soos ek sou maak en bly net stil oor die babas......
Hi Rudi
Dit is nie vir jou kinders wat jy exstra betaal nie dit is vir die mense wat saam jou kom
jou gesin kom mos eerste dan jou famielie en dan vriende ,dit is ook nie R 90.00 p/nag nie dit is R80.00 p/nag so dit is mos jou vriende wat dan moet betaal
as jy op so oord is dan sal jy sien hoe baie skelm streke mense mee uitkom
ons kan ook nie op elke staanplek gaan kyk of jy 1 ,2,3,4 jaar oud is nie ,dan moet ons ook seker geboorte sertifikaarte vra ,ons sien sommer op jou hek toegang kaartjie hoeveel mense jy is en daar word ook sommer baie probleme uit geskakel met die beheer by die hek op aan tal persone
Herman
Rudi, die tweede en heel laaste maal wat ons my Mbizi gekamp het, het die einste Herman van Tonder (Mbizi se eienaar as jy dit nie weet nie) vir my vertel (toe ek durf kla het) dat dit SY plek is en ek daar sal maak soos HY se. As ek nie daarvan hou nie, kan ek vir my 'n ander kampeerterrein gaan soek. So raai wat het ons gedoen?
Herman, ek sien jy is nog net so sjarmant soos altyd.
Ongelukkig het ek nog nie by Mbizi gaan kamp nie.
Ek het wel die park buite seisoen in die week besoek om te leer wat word verwag van 'n 5-Ster oord.
Mbizi se personeel het nie geweet wie ek is en wat ek daar kom maak het nie - ek het net gevra om bietjie rond te kyk. Ek was destyds nog nie 'n assessor gewees nie.
Daar was net twee karavane in die park gewees. Buite seisoen en in die week, onthou. Ek het met beide se mense gesels en hulle was gelukkig gewees.
Die standaard is UITSONDERLIK hoog!
Die personeel was besonders vriendelik en professioneel.
Hulle het selfs vir my die winkel oopgesluit vir 'n roomys. Hulle het ook vir my twee van die privaaat ablusies oopgesluit net om dit te sien.
Sodra ek kan wil ek "anoniem" daar gaan kamp en sal ek laat weet wat my ervaring was. Dit wil uit die kommentaar voorkom dat om by Mbizi te kamp is soos om vir die BLOU BULLE te skree: Jy is óf mal oor hulle óf jy is heeltemal teen hulle, maar nooit tussenin nie.
In die algemeen kan ek die volgende sê: Dit is baie duur om 'n vier- en vyfster oord, maar veral 'n vyfster oord, op standaard te hou - die vereistes is besonders hoog. In al die katgorieë (gastehuise, hotelle, karavaanparke en so meer) is die ervaring dat die publiek baie vinniger en meer kla as wat die geval by die goedkoper een- tot driester plekke is.
Dries, ja, dit is seker so dat mens vinniger en makliker kla by 'n vyfsteroord, maar jy het immers betaal vir vyster diens, nie driester nie. My verwagtinge is dus BAIE meer by 'n vyfster oord. Ek werk hard vir die geld wat ek by oorde spandeer, so ek dink nie dit is onredelik om te verwag dat hulle hard moet werk om dit uit my te kry nie. En Mbizi se personeel is baie gaaf en vriendelik solank jy soos 'n soet kind jou mond hou, maar moenie WAAG om te kla nie. Van 'n vyfsteroord verwag ek dat hulle agteroor sou buig om die klandisie tevrede te hou. Hulle doen my beslis nie 'n guns om my toe te laat om daar te kamp nie.
By Natalia, Buffelspoort, Drakensville en Bosfontein het ek nog nooit nodig gehad om te kla oor diens nie, en nie een van hierdie oorde is vyfster gegradeer nie (hoewel my leke-opinie is dat Bosfontein iets meer as vyfster verdien - weereens, nie 'n advertensie nie; ek het regtig niks met hulle te doen nie). My kriteria is in elk geval nie so onredelik nie: ek wil my kamp geniet, ontspan en my kinders moet besig bly sonder dat dit my honderde rande per dag uit die sak jaag. (Buffelspoort se Supertube is byvoorbeeld gratis teenoor Mbizi se opblaas glybaan wat my R50 per kind per dag of R5 vir drie glye gekos het). En ek soek skoon ablusies, nie ablusies wat net twee of drie maal per dag skoongemaak word nie. Ek weet dit is goeie maniere om die ablusies te los soos jy dit sou wou vind, maar nie alle ander kampeerders weet (of doen) dit nie.
Hallo Almal
Brolloks jy slaan die spyker lekker diep in deur hom presies op die kop te tref! As ek betaal vir 5* dan verwag ek 5*! (En jy BETAAL 5* pryse glo my.)
Die minagting waarmee KLIENTE by Mbizi behandel word is mos duidelik uit die twak wat die eienaar verder op in hierdie draad skryf waar hy probeer uitkom uit sy gierige optrede om R80 (nie R90 nie) vir n baba van n paar maande oud te vra, hy dink seker ons is almal onosel om sy eenvoudige redenasie te glo.
n Ander ding wat my opval is hoe flink die assessors is om hoog gegradeerde oorde te verdedig wanneer hulle ooglopend swak diens, optrede ens verskaf en deur ons, die kampende publiek (heeltemal te min) aangevat word.
Kyk bv na Bakgatla. Dit is n oord met die hoogste potensiaal wat bloot deur vrot bestuur treurig verby is. Die geringste teken van reen en alles word n modderpoel, kragprobleme is legio ens. bevestig deur verskeie klagtes op hierdie forum maar kom dit by hergradering was uitstel verleen, hulle sterre is nie verwyder todat die lang bestaande probleme opgelos is nie.
Brolloks ek stem, ek gaan kamp en betaal die plekke wat vir my goeie waarde vir geld gee sonder uitbuit taktiek (baie keer eers as jy daar is) en vermy hierdie ander lot (5*rre of te not) soos die pes.
Groete
Ag mnr slim waar is jou woonwa park
MINAGTING van kliente jy weet nie waarvan jy praat nie /en ja as mens onder n skuil naam moet wegkruip
ek was self die naweek by klipvoor dam by die bos staanplekke ,ek wou daar staan want ek is toegerus met n conqueror , daar is geen krag en die badkamers jy kan dit nie eers badkamers noem nie, maar ek het lekker gekamp en sal weer gaan
en hulle het nie eers sterre nie maar die tarief vir my gesin van vier was R 650.00 vir twee nagte ,geen braaiers ,geen gras ,geen swembad warem of koud geen speelparke (mbizi kos R 590.00 vir twee nagte)
die selfe kan ek se in julie waar ek by 7 ander oorde was ,maar ek hou dit vir my self /en kraak niemand af nie
gaan kamp meer en sien wat oorde vra , en sien wat instandhouding kos
mbizi by goed koop vir wat jy kry sterre of nie ,sterre bring nie my kampers terug nie dit is wat hul kry by mbizi
in my lewe wat ek kamp het ek nog nooit na bestuur toe gehardloop nie ek het self n plan gemaak en weer daar gaan kamp
kamp plek bly jou keuse
om af te kraak blok jy jouself net
Ons het ongeveer drie jaar gelede Mbizi vir die eerste en laaste keer besoek, ons het Mbizi 'n gewone park gevind in vergelyking met Drakensville, Weesgerus, Forever Resort Phalaborwa, Eiland.
Ons het te lekker in die aande in die warmwater swembad by Mbizi geswem en eers die dag toe ons ry die oggend gou gaan swem voor ons ry, en toe gemerk hoe vuil is die swembad werklik, die swembad is donker geverf so jy merk dit nie in die aand goed op nie.
Dries aanbevelings van assessors en die Wegsleep Tydskrif dra ook vir ons nie veel gewig nie. Ek glo nie iemand van Wegsleep was al ooit by Little Rock in Lady Brand of by die Kareekloof by die Suikerbosrand dan plaas die tydskrif Kareekloof as een van die top 20 (wat 'n grap).
Dries was nou in Springbok om die park daar te gradeer ons sal graag wil sien wat die resultaat is. Ek sal intussen op 'n nuwe draad my eie opsomming van Springbok plaas.
die warm swembad is al 2jaar en ses maande terug oor gedoen en is nou wit dit was een van die eerste projekte wat ek verander het toe ek mbizi oor geneem
kom ek deel gou met jul hoe top 20 werk (by caravan and outdoor) hul stuur vir jou en se jou oord is gekies as top 20 deur lesers en gee vir jou die prys van jou volblad ad wat jy moet vat en betaal as jy nie betaal vir jou ad nie dan is jou oord nie meer top 20 nie
so dit bly n groot grap vir oorde ook
Herman dit is gaaf om te hoor van die swembad.
Dankie ook vir die terugvoer oor hoe die Top 20 parke werk.
Hi almal
Die ding gaan nou bietjie ver ,mense is besig om mekaar sleg te se en dis glad nie nodig nie . Ek het gedog dit is waar mens oor plekke kan kla en oor goeiedinge kan praat.
Nie om mekaar sleg tese nie.!!!!![]()
Ek het Mbizi gebel en navrae gedoen oor die babas en ja die respons wat ek van kantoor dame gekry het is ook nie goed .
Hi Rudi
Na watse respons is jy op soek , iets wat ek jou mee kan help, en kan jy asb vir my se met wie jy gepraat het
Ek het Mbizi gebel en navrae gedoen oor die babas en ja die respons wat ek van kantoor dame gekry het is ook nie goed
Herman
Ek het gebel en by ontvangs uitgekom . Ek het da met n dame gepraat en sy het gese sy verstaan oor die klein babas . Toe sit sy my deur na iemand seker in beheer van hulle . Ek het ha gevra oor die babas ma sy het net eenvoudig gese . Dis hoe ons werk take it or leave it. My punt is net wat gebruik hull bietjie water om in tebad ,nie eers drink water nie. Hulle swem nie loop nie rond nie speel nie op goed nie. Maar sy wou niks weet nie.
Ek het toe gegaan en nog kamp plekke gebel en alaml is babas onder 4 jaar gratis , was naweek by aventura warmbad ons was 5 adults en 1 baba ,vir ha het ons nie betaal nie.
Kyk Mbizi si baie lekka plek ons het al paarmal da gekamp en sal weer daar gaan kamp is net die ding met babas wat mens bietjie ongelukkig maak.
Vuur, is ek reg as ek sê Umoya is ook onder jou bestuur of op 'n manier deel van Mbizi. Dis mos net oorkant die pad.
Hi Herman,
Terwyl jy nou so lekker hier oor jou oord praat...kan ek jou 'n paar dinge oor jou oord vra ?
1. Hoekom daai simpel klippies op die staan plekke ? Ek soek gras en as die gras nie wil groei nie sal ek eerder grond verkies as daai klippies. Wat van plaveisel liewer wat gelyk is met die grond ? Ek will immers ook my wa kan plaas soos ek wil, en nie soon jy my vorseer met die klippies nie...
2. Julle is nie goedkoop nie...maar vir alles moet ek nog betaal. Kinders speel park, kinders glybaan, putt putt, jacuzzi, sauna...dit hou nie op nie. By ander oorde betaal mens nie vir alles extra nie.
3. Hier's 'n moeilike een...hoekom dink jy is jou oord soveel beter as bv. Bosfontein of Klein Paradys net buite Brits (Nie die een daar by Nylstroom nie) ? Gee ons jou opinie ? Hoekom kan jy soveel meer vra as hulle ? Vergeet van jou sterre...
4. Hoekom moet ek my staanplek om 11uur op 'n sondag verlaat...Hel ek het eers laat vrydag daargekom en nou moet ek Sondag oggend onmiddelik oppak. Ja..ek hoor die verskoning van ek kan daar rondhang tot die middag...maar ek wil nog braai en op my stoel sit en rustig wees. As ek pak...dan ry ek. ATKV het dit ook gedoen, maar nou het hulle gelukkig hulle midweek special verander om eers van Maandag af te begin en dus kan die naweek kampers rustig kuier to die sondag middag.
Anyway....wou maar net weet wat dink jy as die eienaar ??
Dankie
Hi rudi
jou gesin kom mos eerste dan jou famielie en dan vriende , dit is R80.00 p/nag so dit is mos jou vriende wat dan moet betaal nie jou kinders van 2jaar nie
Vlam
Ons kan hieroor dae lank rideneer gaan nie help nie . Dis Mbizi se besluit en maak nie saak wat publiek se of hull opmerkings is nie
Jull gee nie hel om nie .
Groete Rudi
Hi Reinier
daai klippies waarvan jy praat
met so vol oord soos mbizi naweek vir naweek hou die gras nie meer nie
ek het dit al +-2 jaar terug al gedoen as dit reen sal jy bly wees as jy nie n modder bad het nie
vra die mense wat april lang naweeke hier gekamp het dit bly droog op die blok want die water drein weg
sal nooit plaveisel gebruik nie jy kan nie jou penne nie daar inkap nie en die kliente boor gate dan gaan die stene los en jy moet die hele tyd herstel ,gaan kyk op oorde wat dit in het
al so twee + jare in het
ons is ook nie duur nie gaan kyk op ander oorde se pryse van hekprys dan p/persoon x4 + staanplek prys dit gaan nie oor sterre vir wat jy vra nie
ek kamp ook by al die oorde waarvan jy praat en geniet dit by hule ook /en hanteer maar die probleme myself oor geraas ens
Hi Herman,
Dankie vir jou antwoorde...
Wat van vraag nommer 4 ?? Hoekom moet ek 11uur oppak ?? Is vir my amper die grootste probleem.
OK...ek hoor oor die dreinering en die probleme met penne in die plaveisel. Maar kan julle dalk dan daarna kyk om nie sulke hoe muurtjies om die klippies te bou nie. Hoe ry mens daaroor ??
Jy is duur...duurder as meeste plekke. Maar jou per nag tarief vir 4 persone is nog een ding. Ek sal dit aanvaar en betaal. Ek het jou gevra hoekom ek ekstra vir al die ander goed moet betaal. Veral vir die kinders se goed. Ek het die naweek by Klein Paradys Brits gekamp. R410 vir die naweek. Putt Putt, Swembaddens, Tennis baan, Stap Roetes, Dam, Visvang...alles gratis. Geen sent bybetaal nie. Daar is ook speel parkie vir die kinders, trampolines en nog meer. Hulle het die mooiste groen grasperke wat jy nog ooit gesien het. Hulle maak gebruik van plaveisel op hulle staan plekke. Al vir jare lank. Ek sien nie dat hulle probleme het met stene wat los kom nie.
Ek hou nie van jou laaste kommentaar nie....jy probeer se dat die ander oorde probleme het. Alles behalwe. Daar is geen manier wat jy geraas of enige probleme by Bosfontein of Klein Paradys Brits sal ondervind nie. Veral nie met geraas nie. Alby se eienaars laat dit nie toe nie. Ek kan nie dink jy sou by enige een van hulle probleme gehad het nie. Maar ek kan verstaan as jy nie kan antwoord nie...want ek dink nie jy is beter as die ander oorde nie. Net duurder.
Dankie
Mmmm...
Ek het respek vir 'n oord se reëls en regulasies en die eienaar se wense daarmee. Dit maak somtyds nie sin nie, maar dan besluit ek maar of ek by die oord gaan aandoen aldan nie.
Wat my hier pla is die gees waarin die dinge gesê word. Dis soms moeilik om dit op 'n forum uit te druk en dit kan mis-geinterpreteer word, maar die trant is hier nie vir my lekker nie. Mens betaal 'n klompie geld (irrelevant of dit baie is of nie) en dan wil jy lekker voel om daar te kan wees.
Bewys my asb verkeerd Herman. 
Groete,
Jacques
PS. Gepos met alle goeie bedoelings en goedhartigheid.
Dankie vir die kommentaar oor hierdie plek. Ek was van plan om n besoek daar af te le maar het besluit dat daar beter plekke is .
Seker is ek stupid maar ek verstaan nie Herman se redenasie van die gesin wat eerste kom en dan die res van die "gevolg" wat vir hulle self moet betaal, nie. Rudi hulle het vir 4 mense bespreek en betaal. Dis nou die gesin en die gevolg, want, normaalweg betaal mens nie vir kinders tot so 2-4 jaar oud nie.
Herman jy't nie verduidelik waarom dit so duur is vir die twee kinders nie. Is dit maar omdat jy nie regitig 'n verduidliking het nie of kan jy dit vir my in leketaal uitspel asseblief.
'n Ander ding is die kwessie van probleme uitsorteer. Magtag, waarom verwag jy van jou besoekers om dit SELF te doen? Ek kan my die gemors voorstel as elkeen van ons self begin oorde reël soos dit ons pas, en sou jy dit toelaat?
Mense, Herman moet iets REG doen, want waarom gaan en wil baie mense teruggaan, na die oord toe? Herman, miskien so 'n bietjie deurdagte PR en jy's "A vir 'n Way". Onthou elke klagte is 'n geleentheid om vriende te wen en sake te verbeter. Ja okay, daar is kermgatte ook, maar hulle betaal ook.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Tweetie
- Noddy
- Ebenhaeser
- Christie
- Ski
- Geronki
- Karel Small









.jpg)







.jpg)
Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf
Rudi,
Stem 100% saam met jou. Het jy aan hulle bevestig dat die 2 kinders slegs babas is?
Gerrit
Mag die voorspoed jou verveel......