LAKE BRENTON
Nuwe forum onderwerpe
Ek het toe, na baie baklei met die bespreking al, wel Lake Brenton toe gegaan. Die baklei was oor hulle biutensporige pryse!
Ons is meegedeel dat hulle gratis wasgoed doen, gratis ys voorsien, die kinders gratis op die kanos kan ry, gratis pool kan speel. ( dit moes ons nou baie opgewonde maak )
Ek was nog besig om op te slaan toe die eerste werker haar dienste kom aanbied, wasgoed was, per bondel sou ons R 40 kos (eerste leeun ), tussen 4-6 kan ons ys gaan afhaal by kantoor ( my kinders se toebroodjie sakkies is groter ) as ons skottelgoed wou laat was sou dit ook R 20 per was kos.
Die staanplekke moet ek bieg, is groot en pragtig, groot bome baie gras en koelte. Elke staanplek het n 10Amp breaker met die gevolg as jy ketel wil kook moet al die ekstra yskaste, geyser in karavaan ens. afgesit word alvorens jy kan. Dit het n geswets afgegee elke oggend.
Baie mense het oor dieselfde probleem gekla maar die bestuur daar het absolute ### houding. Muskiete het ons weggedra.
Die abblusies was skoon maar veral die vrouens wou nie daar stort nie, jy moet buite die stort verklee en dan stort toe stap asg. van die feit dat daar geen plek naby of in die stort is vir jou goed nie. Die storte was ook met glas deure voorsien so almal sien vir almal.
Sal nie my bene breek om weer soontoe te gaan nie dankie ( nie vir die prys nie )
Groete,
BUKKES
Hulle website sê ook "free laundromat and ice".
Dis 'n baie lekker plek om by te staan en ja die wasmasjiene is gratis , jy moet dit net self doen , ys is min maar ek het my eie ysmasjien gehad. Ek sal weer daar staan , lieflike swembad , trampolien vir die kinders , en dis tog naby Knysna en tog ver van die geraas. Die muskiete het nie van Peacefull sleep gehou nie .
Groetnis
Leon
Jacques
Hoop ek kan jou antwoord.
Jy kan beide die Quicksilver (die een wat in Brits gemaak word) asook die Campquip by jou naaste Campworld handelaar koop. Die meetse goeie karavaanhandelaars is Campworld agente. Hulle het die Campquip produk op "special" in hulle somer katalogus wat saam met die meeste kampeertydskrifte versprei is voor die vakansie. Die 4.8 x 6.6 is R950 elk. Die Quicksilver is duurder. Soos ek gese het ek het een van beide fabrikate en kan nie regtig 'n verskil tussen die twee agterkom wat sterkte betref nie.
Al die standaard van-die-rak-af seile is 4.8m breed. Dit beteken dus dat as jy hom op jou tent sit en dit nie oor die voorkant van jou tent laat oorhang nie, sal daar 'n deel noodgedwonge oor die karavaan se dak moet wees.
Gaan meet jou tent as dit opgeslaan is met die awings ingesluit, maw van die begin van die awning aan die een kant bo-oor die tent tot aan die einde van die ander kant se awning. Gaan koop nou die seil wat die naaste aan jou afmetings is. Dan span jy die seil bo-oor die tent en die awning.
Jy sal ten minste een van die "venstertjies" van die pop-up dak in die proses toemaak met die seil, maar die lug kom steeds van die kante af in.
Vra maar as jy nog vrae het.
Johan
t eword nt rorlso
Ek stem saam, hierdie redenasie om al die Brits kampe af te maak asof hulle nie probleme kan oplos nie is net so onsinnig as wat die ander ou nou-die-ander-dag op 'n ander forum 'n probleem opgetel het met Forever Warmbad en nou glad nie enige ander Forever Resort wil ondersteun nie. Dis baie gevaarlik om sulke veralgemenings te maak.
Francois, lees asb die sting "Swadini Desember 2007", die manne verskil erg met my daar oor malaria en die nodigheid om pille te drink as jy Laeveld toe gaan aldan nie. Sal graag jou mening wil hoor.
Johan
My 2c mediese ervaring. Of jy pille drink of nie drink nie maak nie saak nie. Altwee het sy voordele asook sy nadele. Elke pasient hier by my word ingelig oor beide en neem dan self sy eie besluit.
Die belangrikste is egter na die tyd as jy begin simptome kry om so gou moontlik die bloedtoets te doen om die diagnose te bevestig.
AU,
Hierdie keer gaan ek erg met jou verskil! My swaer bly op Hoedspruit (hy's in die Lugmag daar) wat, in terme van daardie omgewing, 'n klipgooi van Swadini af is.
Twee jaar gelede het hy malaria gekry ongeag die pille wat hulle gedrink het en het by die dood omgedraai (dit was in Des 2005). Die dokter het gese dat die pille wat hulle gedrink het die simptome verberg (consealed) en dat dit beter is om nie die pille te drink nie. Die parasiet kan dan ook makliker in die bloedmonsters opgespoor word.
In al die jare wat ek (ongeveer 30 jaar) die Laeveld (malaria gebied) en andere, besoek het ek nog nooit malaria gekry nie. Miskien was ek net gelukkig...
Gepraat van die SAW. Hoeveel van ons het nie malaria gekry in Suid-Wes (Namibie), Angola en in die Laeveld ongeag die pille nie?
Ferdi, ek stem saam met jou. Die mees algemeenste tyd vir die malaria muskiet is met son-onder en son-op. Spuit muskietweerder en dra lang klere (deksels warm in die somer
), as jy in malariagebied is. As jy griepsimptome binne 3 weke na die tyd ontwikkel laat jou onmiddelik toets daarvoor. Dit is nogsteeds die siekte (as ek reg onthou) wat die meeste mense in Afrika doodmaak, AIDS ingesluit!
Ongelukkig is daar vandag weerstandige malaria-stringe teen die meeste van die middels wat gebruik word om dit te voorkom.
Nie ek, my vrou of ons 2 kinders sal sommer voorkomende medisyne drink nie. Eerder vir 2-3 weke baie siek wees as om vir die res van jou lewe nier en blaas probleme te sukkel.
In 2006/2007 is daar 15 gevalle van malaria in Gauteng aangemeld (malaria is volgens wet 'n aanmeldbare siekte), by mense wat glad nie in 'n malaria gebied was nie. Blykbaar het die muskiete as rylopers saamgekom! Laat mens dink...
Hi Johan,
Baie dankie vir die terugvoering. Ek waardeer dit.
Ek sien dat die 4.8m x 6.6m seil nou te koop is by Sunseeker in Alberton vir R790.00. Die heel kleinste een wat hulle aanhou, 5.1m x 4.8m, is te koop vir R620.00.
Ek het die afmetings geneem van die tent toe ons Desember by Sondela was, en as ek reg onthou sal die kleinste een amper 100% pas. Sal vanmiddag as ek by die huis kom seker maak.
Het jy enige ander ogies / vasmaak plekke op joune aangebring?
Weereens dankie
Jacques
Ek en my gesin het ook in Desember daar gekamp vir 'n week. Ek stem saam oor die badkamers, nie baie privaat nie, maar verder het ek baie lekker gekamp. Die dag toe ons vertrek is ons egter meegedeel dat die park verkoop is en dat dit ontwikkel gaan word! Dit was vir my baie teleurstellend om te hoor, aangesien die hele gesin hierdie kort vakansietjie geniet het en ek sou graag wou terugkeer vir nog 'n besoek, maar dit is ook nou daarnatoe. Dit is werklik jammer dat ons so mooi park gaan verloor.
Ek het die foto op die Weg werf raakgesien (bron: http://www.weg.co.za/fotografie/galery/3581/1)
Dit lyk mos luuks of hoe?

Dit lyk mos luuks of hoe?
Ek neem aan jy praat van die gemakstoele?
Ja, en sommer die hele setup.
Dit lyk soos 'n 5-ster hotel se swembadarea - of is dit 'n goeie fotograaf?
Lyk my ek het op 'n beter plek @ 1/3 vannie prys gekamp.
Die park is blykbaar verkoop om plek te maak vir 'n exclusive behuisingsontwikkelling soortgelyk aan Belvidere.
Hier's so 'n foto of twee.
.jpg)
.jpg)
.jpg)









.jpg)
Ek sleep 'n 1998 Gypsey Rapier met 'n 2006 Dodge Caliber 2.0 CRD SXT
Nou weet ek ook hoe eskom hulle krag voorsien
WillemJVR