Gesels saam op die WegSleep forum.

Kokoriba

Gesels saam op die WegSleep forum.
Heleen
Nuweling
Aangesluit: 15/12/2010
Inskrywings: 12
Gebruiker van lyn af.
Plek: Potchefstroom

As "groentjie" kampers het ons van 18 tot 22 Desember 2010 by Kokoriba tussen Thabazimbi en Brits gekamp.  Ek was bietjie benoud toe ek lees dat daar nie gras is nie, maar dit het regtig nie gepla nie.  Dit was 'n heel positiewe ervaring.  Al jakkalsies wat die wingerd bietjie karnuffel het is die volgende:

*  Dames met haarstukke wie se bosse hare in die swembad dryf of teen die stortmuur vassit.  Dis maar grillerig.  Wees asseblief bedag daarop dames.

*  Die pad tussen Brits en Kokoriba is BAIE sleg.  Baie slaggate en jy is heeltyd bang dat jou karavaan permanente skade kan opdoen. 

Die waskamers is oud, maar skoon, soos ander forumlede reeds gemeld.  Dit is 'n bonus dat jy jou eie kampplek kan kies.  Ons het byvoorbeeld  in die "buitewyke" gekamp waar dit stiller is as die kampeerplekke naby die swembad.

 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4707
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

BAIE welkom hier op die verslawende WegSleep Forum.  Glo jy gaan nog lekker hier saam met ons ander kuier.

Wessel Engelbrecht
Ou hand
Aangesluit: 15/03/2010
Inskrywings: 227
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Omgeboude Buzzard boswa met 'n 2.5 TD DC

Welkom op die forum.  Soos WilSur sê, passop, dis woes verslawend.

Voldoende lugspoed, voldoende hoogte bo die grond en breins.  Wanneer mens vlieg het jy altyd ten minste twee van die drie nodig....

Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Welkom hier Heleen, hoop jy gaan nog baie gesels.

Dit was ook vir ons 'n lekker ervaring alhoewel ons in 'n Chalet gebly het saam met my dogter en haar vriend, het ons dit baie geniet om met fietse en al te gaan wild kyk.

Ja, die kampplekke is maar stowerig, geen gras nie maar soos ek kon sien het die mense lekker gekuier.

Hier is 'n paar foto's van ons ervaringe.

Daar het 'n lekker beore nommertjie gespeel by die restaurant en toe kap ek en ma sommer 'n riel daar.

En natuurlik die oord se alombekende embleem voel.

En ons gunsteling dier, sommer so tussen hulle ingeloop, fantasties!!

Die lekker fietsritte.

Lekker en ontspannend verby!!

 Goeiewense - Pieter

   

mariusras
Nuweling
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 5
Gebruiker van lyn af.
Plek: pretoria

Goeie naand almal.

Ek speel al lank op die website rond en lees al die invormasie beskikbaar maar nog nooit op forum geklets nie,tot nou.

Ek en my vrou kamp al van dat ons mekaar ontmoet het 15 jaar gelede en hoe meer  primitief hoe beter.Ons was by Kokoriba van 26 desember tot 1 Januarie ingeboek.Alles was lekker en ek moet hulle krediet gee vir die goedkoop kos en drank pryse.Ons was skepties om daar aan te kom en te hoor geen cooler bags by die swembad nie,ek was so half gedwing om elke keer tent toe te loop om verversing te kry,maar toe ek pryse by kroeg sien het ek besluit om hulle te ondersteun.

Die probleem wat ek het,is die ongeskikte personeel van die oord.Niemand was vriendelik nie,jy voel amper te sleg om iets te gaan vra.Ek het gereel dat my skoonpa die een oggend vroeg deurkom,dan gaan ons op wildrit en as ons terugkom sal die dagfooie betaal word aangesien kantoor 7uur oopmaak en widrit 6.50 vertrek.My pa was so 6.10 daar en ons was opad na tent vir koppie boeretroos,toe een van die prsoneel lede ons behoorlik bestorm en se."Wie is jy en wat soek julle"Een van my vriende het kom kuier,in restaurant het ons ontbyt bestel en hy gevra dat hul asseblief die tamatie moet los.Kan jy glo die kelner vra hom toe."Wat se verskil gaan dit maak of dit in jou bord is of nie"

Slegs 5 minute na ontbyt storm tannie(personeel) op ons af en vra of ons die cooler bag kan verwyder wat ons saam ons het.Nadat ek haar gevra het om net eers te kyk wat binne is(baba bottels) het sy kalmeer.

Om daar te kamp voel behoorlik soos om skoolkind behandel te word.

O ja en as iemand van die oord die lees,update asb jul website kokoriba.co.za want die fotos daar is misleidend.Wys al die mense wat in plaasdam swem en as jy daar aankom is swem verbode agv krokke in die water.

 

Kaas Kop
Diknek
Aangesluit: 20/11/2010
Inskrywings: 1129
Gebruiker van lyn af.
Plek: Secunda
Ek sleep 'n 2011Sprite Splash met 'n 2007 Nissan Navara 2.5dci

Maruis

Baie welkom,jy sal gou agter kom dat jy ons al vroeer moes jion.

 

 

 

 

Kamp lekker en gooi mielies

Lori
Groentjie
Aangesluit: 07/05/2010
Inskrywings: 29
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg

Hallo julle !

Ek is pas terug van Kokoriba...was daar van 23 Des tot vandag...Anton (Agteros) en die kinders het besluit om nog lander te bly ! Ons derde Desember in die oord...en ons het reeds weer 3 staanplekke bespreek vir Desember 2011

Ek kan nie glo dat Marius soveel slegte ondervindinge met bestuur en die gehad het nie !

Dit voel vir my asof ek in ander Kokoriba was !

Ek het ook 'n paar keer met Driekie en die manne gaan gesels oor die krapperighede maar hulle was altyd vriendelik en hulpvaardig.

Ons het ook familie en vriende gehad wat amper elke tweede dag in en uitgekom het en oorgeslaap het. Ons het geen probleme gehad nie. Dit het wel erge kophou gekos maar selfs dit was nie 'n probleem nie ! 

Die vermaak en speletjies wat deur Etha by die swembad aangebied het was ook baie aangenaam. Die kinders kon nie wag vir 11h00 om te kon deelneem nie !

Julle sal dalk ook bly om te verneem dat die 'ouer' ablusie blokke binnekort opgradeer sal word en dat daar heining om die kamp opgerig gaan word om almal se veiligheid verder te verseker. Die grond dreineer ook baie vinnig en dus is damme water op die staanplekke nie sommer 'n probleem na 'n reenbui.

Wat my wel omgekrap het was die ouers wat hul kinders (en hulself) so laat begaan het om die badkamers te bemors. Van die tieners het gedink dit vreeslik snaaks om vol toieltrolle in die toilette te druk...wat toe wel 'n blokasie veroorsaak het...Maar ja...pa en ma sit mos eerder en rus en die 'engeltjies' is mos so goed opgevoed !

Nee wat...die klein klippies in die skoen sal altyd daar wees ongeag waar jy kamp want ons kan ongelukkig nie ons medekampers kies nie, maar Kokoriba sal ons beslis weer sien !

Agter-os
Ou hand
Aangesluit: 18/12/2009
Inskrywings: 155
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg

 Het September 2011 weens werks omstandig vir 'n lang naweek by Kokoriba beland.  Amper 'n hart aanval gekry toe ek sien hoe dit daar lyk - die hele wereld tussen die swembad en die kantoor was omgedolwe! Die restaurant en winkel was toe - so "standby" winkel in die lapa se kroeg gehad.  Die deel waar die dam en uitkyk toring was is verkoop en daar is deesdae "quads" te huur!

Hart aanval gewaarborg!!!!!

Rede vir die hart aanval was dat ons Des 2010 al klaar bespreek het Vir Des 2011! 

Kom Des 2011!

Wat 'n aangename verrassing.

Die ou winkel het verander in 'n kolosasle binne kroeg(alhoewel niemand daar gesit het nie want dit was te lekker buite).

n Groter winkel is ingerig agter die putt putt bane.

Die omgedolfde aarde het verander in 2 spik splinter nuwe swembaddens, met n heerlike groot grasperk daarom(die baie reen het die nuwe kits gras bietjie gas gegee maar ek dink dit sal binnekort "ge-settle" wees). Die groter een van die twee nuwe swembaddens is nie so warm soos die ou bestaande swembad nie en is ook baie meer kinder vriendelik. Die kleiner een het 'n sit rand aan die binnekant en wag vir dit,,,,,,,is onder 'n lapa. 

Bogenoemde lapa strek nog 'n goeie 15 na 20 meter verder wat heerlike skadu sitplek langs die swembaddens verskaf.  Aan die restaurant se kant is daar ook n groot lapa wat nog verder skadu sitplek verskaf. Soos reeds gese het die nuwe gras bietjie swaar gekry met al die reen.

Dam en uitkyk toring deel verkoop! Ramp! Waar gaan ons nou met die fietse ry? 

Weereens het Kokoriba my voorgespring en oral nuwe paaie geskraap en daar is nou baie meer ry plek. Was absoluut heerlik om so tussen die wild (wat nogal volop is) fiets te ry.

Die quads het nie regtig gepla nie en het self een dag die gesin uitgevat met hulle. Die meeste mense se koppe haak egter uit met die quads en dis meer n snel ren as 'n wild kyk uitstappie.

Die badkamers is nog nie opgegradeer nie maar was skoon en genoegsaam. Daar is sprake dat dit die jaar gaan gebeur. Hulle praat van 'n paar gesins badkamers aanbou ook. Hulle het ook daai irriterende druk pompe by die badkamers in 'n mate getem.

Die nuwe elektriese heining is voltooi en gee 'n groot gevoel van veiligheid deur die nag.

Mens kan nie net goed praat nie en moet negatiewe kommentaar ook he:

Mmmmmmm.......

Mmmmmmm.......

Te min asblikke om die swembad - ek as 'n roker moes my elke keer simpel loop om my stompie te gaan weg gooi(wil in vadersnaam nie die "moan" brigade op 'n ander deel van die forum nog meer ammunisie gee nie)

Die pad vanaf Brits was September nogal nie in 'n slegte toestand nie maar jy kon teen Des al sien hy is alweer op pad agter uit

Die landings strook daar agter die kamp terrein was nie so 'n stoornis nie maar is hy regtig nodig?

Frans. Ouboet. As ek vir 'n asbak vra bedoel ek jy kan hom maar saam die volgende bier bring - nie drie biere later nie! Die is tong in die kies gese: Frans is n ster.

Opsomming:

Des 2012 - Dan gaan ons weer!

 

1

 Het 'n gepakte Fleetline en is nie bang om hom te gebruik nie

Pieter van der Walt
Diknek
Aangesluit: 30/09/2010
Inskrywings: 744
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boskruin - Randburg
Ek sleep 'n Regal Blue Series met 'n Ford Ranger 3.0 TDCi XLE Double Cab

Dankie vir terugvoer

We are not here for a long time, but for a good time

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4707
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Nou kan ons dit ook weer oorweeg om weer te gaan.

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kilnerpark Pretoria

Ons was Januarie 2011 daar en het dit baie geniet, Ek stem saam met Willem ,dalk moet n mens weer gaan kyk.

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4707
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Kom ons kyk watter Forum dit gaan opraap vir 'n winter Saamtrek ?

DAVID KAMP
Ou hand
Aangesluit: 03/04/2011
Inskrywings: 201
Gebruiker van lyn af.
Plek: BOKSBURG

 Ons het verlede jaar met die paas naweek daar gekamp, baie reen gehad maar geen klagtes. Hoop om weer vanjaar daar 'n draai te maak!

 Die lewe is lekker...

DAVID KAMP
Ou hand
Aangesluit: 03/04/2011
Inskrywings: 201
Gebruiker van lyn af.
Plek: BOKSBURG

 Ons het verlede jaar met die paas naweek daar gekamp, baie reen gehad maar geen klagtes. Hoop om weer vanjaar daar 'n draai te maak!

 Die lewe is lekker...

Kokoriba Wild R...
Nuweling
Aangesluit: 29/02/2012
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Goeie dag aan al die forum gebruikers en lesers. Ek is baie opgewonde om vir julle te sê dat Kokoriba Wildreservaat ook nou deel is van die forum gebruikers, en sien daarna uit om saam te gesels.

Ek is ook baie opgewonde om vir julle te sê dat Kokoriba Wildreservaat klaar is met die opgraderings soos deur Agter-os genoem. Daar is nou veilige elektriese omheinig rondom die kamp opgerig en daar is ook nou 3 swembaddens waarvan 2 verhit is en die een onderdak. Ek sal fotos van alles op sit sodat u kan sien hoe dit nou lyk.

Die webtuiste www.kokoriba.co.za sal binne kort opgegradeer word met nuwe inligting en fotos asook "virtual tours" van al die fasaliteite by die wildreservaat.

Ek wil graag elkeen uitnooi om enige kommentaar of kritiek(positief en negatief) te lewer sodat ons die plek kan verbeter en verseker dat u n onvergeetlike bosveld ervaring by Kokoriba sal hê.

Ons is in die proses om ons karavaan staanplekke op te gradeer en daarom wil ek vra dat jul vir my enige raad en kritiek sal stuur oor hoe om dit so op te gradeer dat ons aan almal se behoeftes sal voldoen.

Laastens wil ek net omverskoning vra vir enige slegte ervaring wat u by Kokoriba al gehad het, en u uitnooi om weer vir ons te kom kuier sodat ons dit kan regstel met uitstekende diens en warm bosveld gasvryheid.

Bosveld Groete

Kokoriba Wildreservaat

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Baie welkom hier Kokoriba!

Ons waardeer julle deelname hier.    

Self sal ek ook nog graag daar wil kom kamp.

 

Groete,
Jacques

 


 

John Cooper
Diknek
Aangesluit: 14/12/2009
Inskrywings: 801
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Eloffsdal
Ek sleep 'n Jurgens Classique met 'n Nissan Navara 2.5DCi Outomaties

Het 11 jaar gelede by Kokoriba in 'n houthuisie oornag. Daar was 'n mak vlakvark en in die nag toe ek badkamer toe stap toe trap ek amper op die vlakvark in die toilet. Albei van ons het ons simpel geskrik en ek het my slaap weggeskrik. ek het nie gedink dit is snaaks nie maar die volgende dag heeldag gegiggel oor my ontmoeting met die vark.

Sal my dinge so reel om daar te gaan kamp

John Cooper

Wegbreker
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2011
Inskrywings: 399
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Baie welkom, Kokoriba

Dit klink nou vir my na 'n  'deal'

Ons sal kom kamp en jou vertel

Wanneer die lewe jou 'n suurlemoen gee, kry die Tequila en sout.

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4707
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Kokoriba,

Baie welkom hier op die WegSleep Forum, hoop nie dit is julle eerste aanmend en laaste nie.  Sal begin met so paar punte.

  • Dit moet nie net groot genoeg wees nie maar die toegang na die staanplek moet voldoende wees.
  • Water en krag punte moet nie te vêr van die staanplek wees nie.
  • Probeer 'n paar staanplekke maak met plek vir grys water af loop punte, vir die karavane wat storte het.
  • Bome moet hoog gesny word om nie karavane en voertuie krap nie.
  • Skadu is lekker maar dit is ook nie lekker as jou karavaan en tent vol van die geveerde spesie se "droppings" is nie. (ons verkies om nie onder 'n boom te staan nie)
  • Die toegangs grond pad moet van so aard wees dat karavane nie beskadig word nie.
  • Indien moontlik 'n los braaier by elke staanplek.

Kom ons las aan by die wat nog gaan kom.

Kokoriba Wild R...
Nuweling
Aangesluit: 29/02/2012
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Baie dankie vir almal se verwelkominge en die terugvoering sover, ons sal definitief aandag gee aan die bogenoemde punte.

Kokoriba wil baie graag fotos oplaai van ons nuwe fasiliteite, maar ons sukkel tans om die fotos opgelaai te kry, as enige iemand dalk vir ons kan raad gee hoe om dit reg te kry asb? 

Baie dankie!!

 

Bosveld Groete

Kokoriba Wildreservaat

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4707
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Die belangrikste is om die foto's nie groter as 100kb te maak nie.  Hier is 'n skakel wat julle sal help  http://www.wegsleep.co.za/se-jou-se/forum/gesels_saam/donkerkamer_dis_nou_vir_fotos/nuut_oplaai_van_fotos_en_gallerye

Hoop julle kom reg.

Laat weet wanneer ons 'n saamtrek daar kan kom hou.

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kilnerpark Pretoria

Willem.

Wonner wat het van Kokoriba geword. Ek het gedink hulle sal n aanbod vir jou saamtrek idee maak vir n winterkamp. Baie lekker advertensie.

Ek self het baie lekker daar gekamp en sal graag weer wil gaan, Wat vir my n irritasie was, was die drukpomp langs een van die badkamers wat aangaan sodra iemand water in die badkamer tap.Gelukkig was daar min mense maad dit moet jou van jou kop af dryf as daar baie kampers is wat die ablusie gebruik.(Jan 2011)

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

Gyfie
Super sleper
Aangesluit: 08/04/2010
Inskrywings: 521
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartebeespoort Dam
Ek sleep 'n Sprite Supersport met 'n Jeep Cherokee 3.7L 4x4

Ek het so paar naweke terug by n vriend van my gaan kuier wat by Kokoriba gaan kamp het vir die naweek. Ons was n hele klompie jare terug daar gewees en was baie varras met die opgradeerings wat daar plaasgevind het. Dit lyk puik en die kinders het die heeldag tussen die drie swembaddens baljaar.

Ons was die heeldag by die swembaddens gewees en het middag en aandete ge-eet by die restaurant. Die kos was baie smaaklik en baie billik geprys. Die drank se pryse was ook verbasend goed geprys.

  

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4767
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Ons het al 3 keer daar gekamp en elke keer kon ek niks kry om oor te kla nie. Ek sal graag die opgradeerings wil sien.

Dit bly jammer oor die pad wat so lelik is... Is daar 'm alternatiewe pad wat gey kan word?

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
Skippie
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 3181
Gebruiker van lyn af.
Plek: MIDDELBURG
Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto

Ek was ook al daar maar in 'n chalet. Daarie tyd het ek opgemerk dat die gras maar baie yl en skaars was by die karavaan staanplekke. HOOP DIT HET AL VERBETER?

Ons het ook baie lekker gekuier enhet die diere geniet op ons fietsritte!

Sien uit daarna om by julle te gaan kamp.

 Goeiewense - Pieter

   

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4707
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Johan,

Ja ek sien hulle was ook net die 2 x hier op die Forum, maar wil seker nie regtig met ond deel nie.

DAVID KAMP
Ou hand
Aangesluit: 03/04/2011
Inskrywings: 201
Gebruiker van lyn af.
Plek: BOKSBURG

Skippie

Die staanplekke is gelyk daar is nie juis gras op die staanplekke. 

Ek geniet dit om daar te kamp en gras is nooit vir my 'n groot oorweging nie. Die ablusies is skoon en modern en ek geniet die Bosveld.

Die verversings rondom die swembad is billik en ek stem saam met Gyfie.

Cheetah ek het ook niks om oor te kla nie...

Groete

 

 Die lewe is lekker...

Stoffel van Wyk
Diknek
Aangesluit: 24/02/2010
Inskrywings: 1084
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Weet iemand hoe lyk die pad vanaf Brits tot by Kokoriba. My dogter gaan daar wees vir die naweek.

Groete

Gyfie
Super sleper
Aangesluit: 08/04/2010
Inskrywings: 521
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartebeespoort Dam
Ek sleep 'n Sprite Supersport met 'n Jeep Cherokee 3.7L 4x4

Die pad is nie meer so sleg nie - daar is al baie gewerk daaraan en die meeste van die slaggate is toe. Die pad bly maar sleg (ook net vir n kort entjie) want hy het baie draaie en is nou. 

Dit is net die eerste stuk buite Brits en daarna word hy baie mooi.

Vra jou dogter om by Beestekraal (ou trein stasie wat in n restaurant omskep is) te stop (reg oorkant Kokoriba) en vir jou n botteltjie chillie sous te kry. Beter gaan jy nie kry! 

Kokoriba Wild R...
Nuweling
Aangesluit: 29/02/2012
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Goeie Dag almal...

Wil net weereens baie dankie se vir die kommentaar en komplimente wat gelewer is, dit is baie lekker om te lees wat jul dink van Kokoriba.

Ons het darem nie verdwyn nie, maar sal in die nabye toekoms baie meer gereeld saam gesels.

 Skippie,ongelukkig is daar  nog nie gras geplant by die staanplekke nie, maar dit is definitief in die beplanning.

WilSur, kan jy dalk vir ons meer inligting gee rondom die winter saamtrek asb, sal graag meer wil hoor sodat ons n plan kan maak vir n aanbod.

Soos belowe is ons besig met die opgradering van ons webblad, en dit sal binnekort klaar wees.

Ons hoop om julle gou weer te sien.

 

Bosveld Groete

Kokoriba Wildreservaat

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4767
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Kokoriba Wild Reservaat wrote:

Goeie Dag almal...

Wil net weereens baie dankie se vir die kommentaar en komplimente wat gelewer is, dit is baie lekker om te lees wat jul dink van Kokoriba.

Ons het darem nie verdwyn nie, maar sal in die nabye toekoms baie meer gereeld saam gesels.

 Skippie,ongelukkig is daar  nog nie gras geplant by die staanplekke nie, maar dit is definitief in die beplanning.

WilSur, kan jy dalk vir ons meer inligting gee rondom die winter saamtrek asb, sal graag meer wil hoor sodat ons n plan kan maak vir n aanbod.

Soos belowe is ons besig met die opgradering van ons webblad, en dit sal binnekort klaar wees.

Ons hoop om julle gou weer te sien.

 

Bosveld Groete

Kokoriba Wildreservaat

Ek like wat ek hier lees.... Ons kan mos 'n lekker Winter Saamtrek daar hou.....

Gaan loer op die draad van ons afgelope saamtrek. Ons wil sommer net lekker saam kuier. Gewoonlik die Saterdagaand 'n gesamentlike braai, maar vir die res kuier ons sommer so lekker oor en weer by mekaar...

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 19 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.