Klein paradys Brits
Nuwe forum onderwerpe
Ek en my gesin was tenters vir 24 jaar en besluit toe nou om 'n karavaan,Sprite swing, to koop. Ons besluit toe om ons eerste uitkamp by Klein paradys Brits te gaan toets. Ek sleep die karavaan met 'n Izuzu 3lt diesel dubbel kajuit en wat se plesier is dit nie. Maar genoeg van die voertuig. Die Vrydag oggend vroeg by die oord ge arriveer en baie vriendelik ontvang. Na al die papier werk afgehandel is, het ons na ons staan plek gegaan. Met die eerste sien van die oord het ek dadelik besef, hier gaan ek rus.
Die ablusie geriewe is gereeld skoon gemaak en die staanplek was skoon met aankoms. Die swem plekke mooi en netjies en die hele oord is voorwaar 'n lus vir die oog. Die area genaamd Tuin van Eden is voorwaar 'n paradys. Ek het na die naweek gevoel ek was weg gewees vir 'n baie lang tyd. Die oord gaan my beslis weer sien en omdat dit so naby aan Alberton is, baie gerieflik vir ons. Veelsgeluk aan Klein Paradys en sy mense vir hoogstaande oord. Groete Manie v/d Merwe
xt140,
Jy is ook maar skaam om te sê wie en waarvandaan jy is, wonder hoekom?
Ons kamp gereeld by mbizi en as jy mbizi geken het van 2004 af !!!!!!!!!!
Ek dink jy moet dan self gaan kyk .Beter kan n oord nie bestuur word nie als is altyd tops
en kyk net na al die verbeterings . Mbizi hou dit so ons sal baie kliente na jul toe verwys
Kom ek wag kom groet ek het n R215000.00 wa en jul gaan nie ons sleg se nie
ons kamp lekker by mbizi
ek is etienne jooste van pretoria
en gaan kyk ek is is op mbizi se kliente basis
ek wonder net hoekom moet kliente oorde altyd sleg se op die forum wonder net waar hul gaan staan as hul n probleem met al die oorde het
miskien moet daai klomp kla kouse hul eie 8ster oord oopmaak
Ja dit lyk my hy is bang om te se van waar hy kom, hy het omtrent niks informasie nie, ons het ook altyd lekker by Mbizi gekamp, maar dit lyk my van dat daar nuwe eienaars is het ding drasties verander, ek gaan nie so baie geld betaal net om my siel te versondig nie.
Ek gaan ongelukkig nie verder met u argumenteer as u aanhou om die feite wat ek op die tafel sit te ignoreer nie en gaan defnitief nie luister hoe u die waarheid verdraai nie.
Ek verstaan ook nou dat u nie gaan omverskoning vra nie en ek berus daarby. Ek versoek u egter net om na die kommentaar van kampeerders te gaan kyk onder Mbizi stel teleur en besluit self.
Ek se weer die Bestuur van Mbizi het my teleurgestel en ten spyte van die feit dat dit n' mooi oord is,is die oord net so goed as wat die bestuur is. Dit gaan vir my ook nie oor die prys van die wa nie, terloops my wa is R245000-00 , maar dit maak ook nog nie van my n' brombeer nie.
Ek hou nie van Mbizi en sal dit nie weer besoek nie en niemand kan of sal my keer om my opinie van n' oord met enige persoon te bespreek nie. Die persone wat Mbizi en sy mense verkies geniet dit, maar soos n' goeie vriend van my altyd se: "Dis nie my crowd nie"
So i rest my case
XT 140
Ek het baie by Mbizi gekamp en as jy mooi fotos van die plek soek kan jy my Pm dan stuur ek dit vir jou per e-mail
Ek ken Mbizi en dis hoekom ek weer gegaan het, maar die slag was ek verras. Gaan kyk by die history op die forum ek het altyd goed gepraat van Mbizi en nou dat ek die slegte ondervinding openbaar word daar beweer dat ek lieg!!
Ek kan ongelukkig nie soos jy kliente soontoe verwys nie,want dan sal ek my gewete verkrag.
Net ook so voor ek groet moet ek jou meedeel dat my R245000-00 wa niks met die hele voorval te make het nie. As die skoen jou pas trek dit aan!
alles oor klein paradys is waar ons kamp self gereeld daar en gaan juis 10-12 oktober weer vir familie saamtrek welkom by karavaan wereld manie
Hi Manie,
Baie welkom by die forum en dankie vir jou verslag oor jou besoek aan Klein Paradys.
Hoop jy sal nog baie sulke bydraes kan maak.
Hi Chris,
Ja man, Gauteng word maar vaal deur die Winter. Veral die Suide word bietjie koud.
Ons het in die Somer gaan loer na die oord en toe was als grasgroen. Ek beplan nie om gou weer Kareekloof toe te gaan nie - te veel ander plekke om eers by uit te kom. 
Dalk kan iemand anders nog foto's deel?
Groete,
Jacques
etienne jooste
Ons is ook op hulle kliente basis en so ook op 69 ander oorde se kliente data basis.
Manie
Ek het Klein paradys gaan soek onder oorde maar tel dit nie op nie. Kan jy asb vir my die kontakbesonderhede verskaf want ek het al elders ook gehoor dis 'n baie oulike plek om te gaan kamp.
Is daar ' warm water swembad ?
Hi Nico,
Kyk gou hier op hulle werf www.kleinparadys.com
Warm en koue water swembad.
Ons gunsteling plek om te gaan kamp. 
Groete,
Jacques
Dit is baie lekker daar. Ons gaan Desember weer daar kamp tussen kersfees en nuwejaar. Kinders geniet dit verskriklik, en die bestuur is ook baie sigbaar.
Hi
Ek het gehoor dat die bestuur verander het. Kan julle my dalk se wie die nuwe bestuur is. Ons het laas daar kekamp toe Rina, Bennie en Werner nog daar was.
Baie mooi oord.
Kobus
Kom ek wag kom groet ek het n R215000.00 wa en jul gaan nie ons sleg se nie ons kamp lekker by mbizi[/quote
En die waarde van karavaan beteken wat?
Wil net almal mee deel dat Klein Paradys Brits steeds 'n puik oord is. Ons was die afgelope naweek weer daar en kan net weereens met lof van die oord praat.
Ek kyk nooit na die stergradering van 'n oord om te bepaal of ek soontoe wil gaan of nie. Maar vir die wat dit wel doen hier is 'n hoë gegradeerde oord wat minder kos as 'n sekere oord waaroor almal kla. En hy bied meer want hier is beter sekuriteit, fietsry(eie fietse), swem (warm en koue water), Stywe lyne vis vang, Swartbaars visvang, Stap deur lieflike tuine, Kano vaar (Kano's word verskaf, geen ekstra kostes nie), staanplekke met privaat ablusies, geplaveide staanplekke, lowergroen gras om staanplekke, bykans alle staanplekke is onder die bome, netjiese skoon badkamers, groot skaakbord(geen ekstra kostes nie), Putt-Putt (geen ekstra kostes nie) en vriendelike bestuur wat betrokke is en nie nonsens vat nie.
Ek dink van al die plus punte is die laaste een hul beste.
O ja voor ek vergeet. Hier is ook 'n saal wat gehuur kan word en 'n winkeltjie wat die nodigste verskaf. Laastens vir die tennis geesdriftige is daar ook 'n netjiese tennisbaan.
Ons kamp ten minste drie keer per jaar daar, een van die beste oorde, veral vir die kinders. As ons daar kom sien ons hulle net wanneer hulle honger is.
Mufasa
Goed om dit te hoor. Het eintlik niks anders verwag as jou goeie kommentaar nie. Die plek is puik. Laat my net meer uitsien na my kamp daar tussen kersfees en nuwejaar
Ons het verlede naweek vir die 1ste keer by Klein Paradys gaan kamp en gaan weer volgende naweek, dit was baie lekker en al die geriewe was skoon en die personeel was baie gaaf.
Ek gaan die naweek van die 26 ste by kleinparadys kamp.As daar enige wegsleep.Laat weet of daar enige ander wegslepers gaan wees dan maak ons saterdag aand n lekke braai.
Mense,
Dit smaak my on moet eers Groot Praat voordat ek hier mag comment.
Ek het 'n wa wat my net R55 000 gekos het en ek sleep hom met die bank se kar
En ek kamp nie lekker by Mbizi nie.......
Staanplekke te klein asook te duur vir on ARMGATTE !
Wees gegroet kamp vriende
Ek was verlede jaar by Klein paradys ..................lekker kamp................. maar die pad daar heen van Brits se kant af was nie baie lekker nie .......................,
Weet iemand hoe die pad Mabalingwe toe lyk van Warmbad se kant af ..............hy was laas ook nie lekker nie .........................(2 jaar terug)
Groete
Sorry Ewie nie gesien jy was ook die naweek daar nie.
Was nou die eerste keer wat ek daar gaan kamp het en moet sê die kamp maak die pad draaglik.
Wonderlike kampeer terrein - kom nog steeds nie by die stowwerige wildtuin nie maar dis net my eie smaak!
As jy langs die draad onder die skadu nette staan kan die dagbesoekers se in en uitry jou dalkies so effe kwel maar dis weereens jou persoonlike voorkeur of so klein ietsie jou gaan onder kry.
Beslis aan te bevele - dis nou as jy gaan plek kry!!!!!!!
Ek kamp ook nie meer by Imbizi het ook n stel met hulle af getrap.
hekko almal da,was die naweek in klein paradys en dit bly ma n oulike plek.
Die mense is vriendelik en is so mooi skoon,
was my 2de keer gewees,Oom bennie julle,,,,Hou so aan
Groete
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Kobus Snyman
- chris dupreez
- HennieBo
- BB
- Theo Red
- Andries
- Toykie
- RSS
- Perdeby
- BenA
- thysvt
- Roelof Colyn






















Johann,
Hoop net "behalwe as julle kamp"