Kampeer in Pretoria
Nuwe forum onderwerpe
Hallo Maureen
Jy kan ook Fonteinedal woonwapark probeer. 012 4402121 of 012 4407131. Die OordBestuurder se naam is Dirk Muller, maar die kassier sal jou ook kan help.
Monateng kan nogals ver raak indien jy heen en weer moet ry. Ek reken Nkwe is baie nader aan Tuks, en steeds baie skaflik, en dan is daar so rukkie terug ook van Irene Woonwapark gepraat, maar uit onkunde, kan ek dit nie noodwendig aanbeveel of afskiet nie.
Ek ken nie Fonteinedal nie, maar John het verseker n wenner beet in terme van afstand vanaf Tuks.
Hallo Maureen,
Welkom op die forum en geniet dit hier.
Ek het onder "Terugvoer van Kampplekke" en dan "Gauteng" 'n paar oorde vorentoe gebring vir jou aandag. Die tariewe het sekerlik weer verhoog in die nuwe jaar.
Tukkies sal seker in die omgewing van 4-5Km van Fonteinedal oord af wees. Die oord het pragtige ablusies gehad wat nuut oorgeteel is. Daar is wel permanente woonwaens, maar die een dame het gese' almal is rustig en daar is nie 'n probleem nie. Altans was dit velede jaar.
Foto's wat ek verlede jaar geneem en geplaas het van Fonteinedal en Joos Becker Munisipale oorde het verdwyn. Dit was van die oord self met nuut oorgedoende ablusies wat mooi skoon en netjies was. By Joos Becker het ons laat verlede jaar gekamp en dit geniet. Fonteinedal het ons nog nie gekamp nie.
Ryno
Baie dankie almal vir jul goeie raad! Wonder ook hoe lyk die sekuriteit by hierdie oorde. Ons hier in die Oos-Kaap leef nog in 'n kokon. Rustig en veilig. Waardeer jul bydrae om my trip na Pretoria 'n sukses te maak.
Groete
Maureen
Hallo Maureen,
Ek kan beide Joos Becker en Fonteine aanbeveel. Ek staan gewoonlik by Joos Becker as ek besigheid in Pretoria doen. Daar is 24-uur sekuriteit. Ek het nog nooit onveilig gevoel nie of enige probleme gehad nie. My laaste besoek was 'n paar weke terug in Mei gewees.
Die Fonteine was verlede week nog tjok en blok vol Hollanders! Ek dink nie daar was plek vir 'n muis nie. Ek gaan môre weer daar verby en sal kyk hoe lyk dit nou. Joos Bekker is beslis nie so vol nie. As ek moet kies tussen die twee sal ek eerder Joos Bekker vat want ek het al gesien hoe die dagbesoekers in die Fonteinedal amok kan maak en by Joos Bekker is daar nie dagbesoekers nie. Dit is wel bietjie verder vanTuks af.
Groete,
Waar jy ookal staan, bring maar in elk geval n volledige alarm, met beams en gekoppel aan n reaksie mpy, en moet nie in die aand gaan slaap sonder die haelgeweer onder jou bed nie. Indien jy ook n 9mm het wat jy onder jou kopkussing kan sit, beveel ek dit ook aan.
Geniet die verblyf en vriendelikheid van die Pretorianers, en sterkte vir jou kind met die kursus.
Gster middag verby Fonteine gery - Hollanders is nou weg en die plek lyk leeg. Daar sal dus nou maklik staan plek gekry kan word.
Groete
Johan
Ek moet beaam wat JOhan sê. Die Fonteine is vandag redelik leeg, daar is nog 'n paar ouens maar daar is baie plek. Ek dink solank daar nie een of ander fees of 'n ding wat dagbesoekers lok aan die gang is in die tyd wat julle daar wil gaan staan nie behoort daar nie probleme te wees nie. Die dagbesoekers is eintlik meer oor naweke 'n storie as deur die week en as ek reg verstaan gaan julle in die week daar staan.
Groete.
Ek het Sondag 20/6 gaan kyk hoe lyk dit by die munisipale Joos Becker Woonwapark want ek benodig 'n paar dae kampplek in September oppad Wildtuin toe en terug. Ek is beindruk met die splinternuwe omheining met lemmetjiesdraad reg rondom en die 24 uur sekuriteit by die ingangshek. Ek vermoed die bestuurder woon op die perseel want daar is 'n bewoonde huis agter die Ontvangskantoor.
Die ablusieblok is skoon en netjies, alhoewel hier en daar word 'n verfkwas benodig. Daar is gras, alhoewel tans doodgeryp. Ek het opgemerk die kragproppe benodig die spesiale blou koppelstuk en nie 'n gewone drie-punt prop nie - maak dus daarvoor voorsiening.
Die kampterrein is baie groot, maar daar was bitter min kampeerders - nie meer as 5 nie. Ek het wel twee kontrakteurs-woonwaens opgemerk, maar dit was netjies en heeltemal eenkant.
Op sigwaarde kan ek dit aanbeveel.
Len
Waar is die Joos Becker Woonwapark en hoe vêr is dit vanaf die Eugene marais Hospitaal. Kan iemand my asseblief sê?
Groete
Hallo Pieter,
Ek sal eers my padkkaartboek uit die bakkie moet gaan haal om die presiese straatname vir jou te beduie. Ek kan net vinnig so idee gee van die volgende. As jy weswaarts van Eugene Marais ry gaan jy vorentoe 'n dubbelpad kry. Draai regs (Noordelike rigting) en waar die pad om die draai gaan, moet jy in die linkerkantse baan wees. Jy gaan 'n straat van die linkerkant af kry wat insmelt met die dubbelpad (Paul Krugerstraat). Kort na hom is 'n groot kruising wat jy dan links gaan (Westelike rigting) met 'n slipway, weer in 'n ander dubbelpad in. Gaan direk regs om vorentoe by robot regs in te draai. Op die kruising na regs gaan na die oord, en links na 'n groot winkelsentrum. Gaan dan regs en dan om die draaitjie wat jy die hek van oord voor jou kry. Die oord is ongeveer 4Km van die hospitaal af.
Dit is 'n vinnige verduidelikking want vroutjie jaag my aan, omrede ons moreoggend vyfuur wil haak en sleep vir die naweek.
Ek reken daar sal iemand wees wat jou meer 'n breedvoerige pad aanwysing sal gee.
Ek hoop jy kom reg.
Ryno
Pieter
Ryno het jou so goed beduie soos 'n GPS. Ry soos hy jou verduidelik het en jy sal daar uitkom. My skatting is die afstand van hospitaal en kamp sal sowat 6km wees
Groete
Johan
Vanaf die Hospitaal tot in die Park is dit 2,8 km. Nader as dit gaan jy nie aan die hospitaal kan kampeer nie (tensy jy iewers 'plak')!!
Baie dankie vir jul terug voer! Nou n ander vraag wat almal seker sal wil weet en dit is of dit veilig sal wees om daar te gaan staan vir n paar dae? My vrou moet moontlik gaan vir n rug operasie (Dit sal die 11de rug operasie wees) by die Eugene Marais Hospitaal en ek dink daaraan om vir die tyd wat sy in die hospitaal gaan wees, om daar te gaan staan met die woonwa om sodoende die baie ry vanaf Middelburg na Pretoria uit te sny.
Groete.
Pieter.
Pieter
Sekuriteit : kyk kommentaar #11
Ek is terug in die beskawing vanaf Pretoria!!! Het toe by Monateng gebly. 'n Fantastiese plek. Die weer was somerweer. Hopeloos te veel warm goed ingepak.
Die verskriklike sekuriteit maak my onrustig. Laat my dink hul verwag enige oomblik iets: Mens moet dit waardeer, maar die heining word heelnag deur 2 wagte en honde gepatrolleer en ons was min kampers en ek het ook soms heeltemal alleen agtergebly.
Daar is baie vir die kinders om te doen . Hul moes kort-kort die elande om die put-put baan wegjaag voordat hul kon speel.
Die 18 km pad na Monateng is 'n nagmerrie! Elke liewe keer op een of meer ongelukke afgekom wanneer ons in stad toe was.
Die omgewing is fantasties. Die meeste voëls wat ek nog by mekaar gesien het. Regtig in die Bosveld!
Sal graag ander oorde wou sien, maar tyd was net te kort.
Baie dankie vir goeie raad.
Cradockgroete almal!
Hallo Maureen,
Bly julle is veilig terug by die huis en dat julle dit geniet het.
Ja, ek en vroutjie was Maartmaand daar vir 'n langnaweek en dit was rustig. Die sekuriteit is maar die inding in hierdie geweste, en ons gaan maar na oorde toe wat mens meer veilig voel. Die pad wat julle mee gery het na Monateng is die hoofpad na Moloto gedeeltes, dit is die trust gedeeltes waar hulle woon en in Pretoria area werk. Ons het laas in die Saterdagoggend vroeg soontoe gery wanneer dit stiller is en sal volgende keer dieselfde doen. Met terugkeer het ons gesorg dat ons voor 12:00 die middag daar vertrek, sodoende ook van hulle wat by hul gesinne kuier vir die naweek en terugkeer na hul blyplekke in die stede gebied gedurende die week. Die pad is oor die algemeen besig.
Geniet dit daar in die rustige lewe.
Ryno
Ons staan gemiddeld 3-4 keer 'n jaar by Joos Becker in Pretoria. Ons gebruik dit as 'n basis wanneer ons in Pretoria is. Staan al sedert 2006 daar en het nog nooit 'n dag se probleme gehad nie.
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- Theo Red
- Andries
- Perdeby
- BenA
- HennieBo
- chris dupreez
- thysvt
- Roelof Colyn
- JCKorf






.jpg)





Ek sleep 'n 1985 Jurgens Fleetline L met 'n 2008 Isuzu 300 LX D-Tech D/C Auto
Maureen, welkom hier op die forum - jy gaan sommer gou geholpe raak hier met enige navraag!
Ek stel Monateng voorstel - gaan kyk maar hier op die forum wat alles daar aan gaan. Dit is naby die Colenade sentrum in Zambezie rylaan.
Goeiewense - Pieter