Kamp in Noordwes ?
Nuwe forum onderwerpe
Triton,
Ek het 3 jaar gelede oorgestaan by rapoelie karavaanpark by Delarayville. Dit is so 10 km buite die dorp aan Vryburg se kant. Jy moet so 1.6 km grondpad ry en dit is op 'n plaas. Ek kan weer die telfoon nommer in die hande kry.
Groete
Stoffel
Dankie Jacques en Stoffel, Stoffel Delarayville is meer in die helfte , wat makliker vir ons dogtertjie sal wees, so ek sal dit waardeer as jy die nommer kan kry. Grondpad is nie 'n probleem nie , ek sleep 'n Explorer.
Groete
Stephen
Stephen,
Die nommer wat ek destyds gebel het is 053-9481336. Ek wou vir jou die inligting ingelees het, maar iets het met my rekenaar gebeur. Ek kan nie meer foto's oplaai nie. Die inligting kom uit 'n boek "guide to Parks in Southern Africa"
Groete
Stoffel
Dankie, vir die hulp




Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0
Hi Triton,
Ek sou sê:
- Eastco Magalies naby Magaliesburg, of
- Ngonyama Krugersdorp wildtuin (http://www.afribush.co.za/caravanpark.htm)
Ek was nognie by een vd twee nie.
As jy dalk so 2 nagte kan bly is Klein Paradys naby Brits die eerste prys. Hulle is net gesluit in die winter en ook weeksdae buite seisoen.
Hoop dit help!
Jacques