Gesels saam op die WegSleep forum.

Elands Krans - Waterval Boven

Karools
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 29
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hi,
Ek wil graag uitvind of die oord nog bestaan en wat is die toestand. So paar jaar terug het hulle die mense daar beroof. Ek wil graag die kinders vat om die Stoomtrein wat tussen Water boven en Waterval onder loop, te gaan ry (indien hy nog ry).

Oscar
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 321
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

Ek kan net vir jou die kontak besonderhede gee. Het verder geen details nie.
www.watervalboven.co.za/e_krans.html
next.resource@next.co.za
013 257-0512

 www.kampsa.co.za

Karools
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 29
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Baie dankie Oscar, sal betjie gaan loer op die web tuistes.

Sal graag wil hoor by iemand wat weet hoe veilig dit is, toe ek en mammie net getroud is, het ons gereeld soontoe gegaan, tot een naweek toe ons by die huis kom hoor ons die Maandag 'n vrou is in die tonnel geskied, ons was die Saterdag deur daai tonnel, dit is al 8 jaar plus terug! nog nooit weer daar gewees nie.

FerdiB
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1816
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Toe ek laas op Elendskrans gaan kyk het was die eens pragtige oord baie verwaarloos. Ek sal bietjie probeer uitvind hoe dit nou daar lyk. Net onder Waterval-Boven is 'n pragtige klein oord, die Elangeni Resort. (www.elangeni-resort.co.za). Pragtige staanplekke langs die Elandsrivier. Daar is 'n swembad en dan kan jy die rivier ry, stap, fietsry ens. Die ablusies was nie vir my so mooi nie, maar dit is skoon. Probeer hulle grus, die pryse is ook baie billik.
By die tonnel is daar al verskeie toeriste beroof. Deesdae is daar veiligheidswagte en die polisie doen ook gereeld patrollies daar. Maar ek sal dit nie aanbeveel as die veiligheidswagte dalk nie daar is nie. Die stoomtrein loop ook nie meer nie. Inteendeel die stasie van Waterval-Boven wat 'n klompie jare gelede so pragtig gerestoureer is lyk maar oes. Die dorpie lyk maar verwaarloos. Dis so jammer, hulle kan 'n "killing"maak uit toerisme.

Minora
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3628
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

Die laaste keer wat ek daar gekamp het ('n paar jaar terug) het hulle die oord bestuur beroof, daar was daardie nag 'n klomp skote geskiet en is baie gegil. Een van die rowers is gewond daar weg maar kon hom nie kry nie. Kon net die bloed spoor sien.

Mazda BT 50, sleep Sprite Swing - (alias Die Koekblik)

Karools
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 29
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Dis is regtig hartseer, ons het so baie mooi dele in ons land wat net nie beoek kan word agv roof en geweld. Wat ek nie verstaan nie is dat mens tog geld na die gebiede bring wat so nodig is daar, nou hou hulle my daar weg en dus kom daar nie geld in nie. Die ironie is dat dit in baie gevalle nie die plaaslike mense is wat die hout beeldtjies en so verkoop nie maar mense uit ander gebiede(lande).

Waterval boven het soveel potensiaal, ons het altyd van Waterboven gestap na Waterval onder via sie voetslaan roete, daar is blykbaar ook mense daar aangeval. Sal beslis nie dit met die kinders waag nie.

Ek glo, as daar ontwikkeling kan plaasvind sal toeriste die plek baie goed ondersteun.

Elkgeval dankie vir die terugvoer, dalk ry ons daar verby eendag en gaan kyk.

dis nou so hartseer om te hoor hoe daai pragtige plek 'n donker vlek gekry het!

FerdiB
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1816
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

Karools, jy is so reg. Ek woon in Nelspruit en ons het hier eintlik 'n tekort aan veral woonwa parke naby genoeg om gou vir die naweek na toe te gaan. Waterval Boven het so baie potensiaal soos jy sê. Ons sal definitief die plek ondersteun as dit veilig en skoon is. Jammer, so jammer.

Willem & Surette

Arrie,

Onthou jy die draad dit is die een wat nie deur gekom het nie (of hy was te vinning daar deur gewees, LOL).  Ek sien meeste van die ouens is lanklaas op die Forum gewees.

Quote:
Willem & Surette - 27/11/2007 8:41 PM Hi Machiel, Sê my, is die kamp nog aan? Ek weet dit is nog vroeg maar ek het reeds amper my plek by Hartenbos in Feb'08 verbeur en as die kamp nie aan is nie wil ons die res van die tyd by Hartenbos bly, laat weet ons ASB?

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2491
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

 Wat gaan nou met die forum aan?

Ek loer weer so bietjie en sien onder gewilde artikels: Elands Krans - Waterval Boven.

Laaste inskrywing in Oktober 2008, so waar is die "Gewildheid"?

Vra maar net.

Piet
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1095
Gebruiker van lyn af.
Plek: Despatch (Naby Port Elizabeth)
Ek sleep 'n Gypsey 4 met 'n 2004 Ford Ranger 2.5 TDi

Tyro,

More, het laas van jou gehoor toe ons by Vloedbos was en dit is laaaaank terug!

Nee wat, ek dink die een is maar net nie 'n gewilde onderwerp nie.  Daar is ander wat daagliks aksie toon en jy het al die gesukkel met die stadige website gemis!

Wanneer kom julle Kaap toe?  Ons beplan om 1 Feb te vertrek en Roete 62 so rus rus te doen en dan so 'n bietjie Weskus.  As julle daai tyd hier is, kamp ons julle miskien weer raak.

Groete

Piet Pretorius

Ek MOET niks!

 

Eben die kampeerder
Ou hand
Aangesluit: 06/04/2011
Inskrywings: 152
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg Mpumalanga
Ek sleep 'n 2011 Gypsey Romany met 'n 2012 Ssangyong Korando 2.0 CRDi AWD AT

Jammer o te se maar die plek het regtig baie agteruit gegaan. Ek was so drie weke terug daar om vir my self te sien hoe dit nou daar lyk, maar aai wat n teleurstelling.Die hele oord is verwaarloos en daar was geen mens te bespeur nie. Die ingangshek was oop en daar was geen sekuriteit in sig. Die oord het so baie potensiaal en was jare gelede n baie gewilde oord.

Eben die kampeerder

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2491
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

 Ek loer weer so bietjie en sien onder gewilde artikels: Elands Krans - Waterval Boven.

Die plek word glad nie bespreek nie, maar verskyn gereeld onder "Gewilde Artikels"?

Erens is daar 'n knoop los.

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 4975
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Ek het ook al oor dieselfde ding gewonder. Dit blyk asof daardie afdeling nie veel aandag kry wanner dit kom by opdatering nie.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Wie's aanlyn

Daar is tans 12 gebruikers en 94 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • Kobus Snyman
  • chris dupreez
  • Gypsey King
  • Eddie Laing
  • thysvt
  • Johan K
  • BenA
  • RSS
  • Andries
  • Theo Red
  • BB
  • HennieBo

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.