Constantia naby Naboomspruit
Nuwe forum onderwerpe
Ek het die afgelope naweek by Constantia gekamp.
Die huidige karavaanpark het 'n nuwe eienaar,en hy beplan om nuwe ablusies op te sit.Hy beplan om vroeg volgende jaar met die bouwerk te begin,en wil dit teen Maart08 klaar hê.
Die ou winkel en restaurant is afgebreek,en daar staan 'n mooi grasdak gebou in die ou gebou se plek.Hul wil die nuwe winkel amptelik op 10 Des08 open.
Die boskamp en luukse karavaanpark,is onveranderd.
Hier volg 'n paar fotos....
Nico,
dankie vir die terugvoer en foto's. Het julle darem lekker gekamp?
Groete
Dracoza
Ons het lekker gekamp,en die weer was ook lekker.Die kinders het Saterdag heeldag geswem,en mooi bruin gebrand.Ons het Saterdag deur die oord se wildtuin gery,en baie wild gesien.Die oord was redelik stil en dit was baie rustig.
Eerskomende naweek wil ons bietjie Tshipese toe gaan(net so voor ons see toe gaan),en ek sal weer fotos neem en kom plaas.
Nico, beduie bietjie waar naby Naboom die plek is. Lyk na 'n lekker plek vir 'n naweek kamp. Gee sommer ook kontak besonderhede asb.
Johan
Ek het nie die tel nr nou by my nie, maar sal dit vir jou plaas.
Dit is maklik om by die oord uit te kom,Ry Naboom in vanaf Gauteng,en draai links by die 2de verkeerslig.Dan ry jy uit die dorp uit op dieselfde pad wat na al die ander minerale baddens in die omgewing toe gaan.Na ongeveer 10km kry jy ,'n T-aansluiting met 'n winkel reg voor jou.Jy sal sien daar staan 'n olifant by die winkel-Hier moet jy weer regs draai.Hou vir 'n paar km reguit aan,en jy sal die ingang van Constantia regs sien.Daar is groot mure gebou waarop die naam staan.
Dit is 'n lekker plek vir 'n naweek wegbreek.
Ek sal met die eienaar van die woonwapark gaan praat,en hom vra of Weg sleep forumlede afslag kan kry op staanplekke.
Nico
Hoe is die swemgeriewe daar, sien daar is 'n Supertube, Is daar 'n warm swembad?
Ek het die afgelope naweek weer by Constantia gaan kamp.Die staanplekke is mooi groen,en die ablussies was ook skoon.
Die warmwater swembad was egter vuil,en die water was groen en het gestink.Hulle kon ook nie die water warm kry agv die Eskom probleem(beurtkrag).Die kouewaterswembad het ook 'n klomp platannas en paddas in.
Dit bly egter 'n lekker karavaanpark en daar is ook 'n mooi wildtuin waardeur mens kan ry.Daar is ook 'n groot verskeidenheid voëls om na te kyk.
Dankie vir die terugvoer Nico. Ek het voorheen 'n paar keer daar gekamp maar gesweer nooit weer nie. Daar was geen beheer oor die kampeerders na ure nie en jong latte van so 19/20 het so dronk en aggresief geraak dat ek vir my kinders se veiligheid gevrees het. Ek en 'n paar ouer manne het toe maar self gaan oog hou om die klompie op te dons as hulle aan ons kinders vat. Dit was onaangenaam. Die natuurreservaatjie was egter 'n heerlike namiddag wegbreek terwyl ons stadig gery het en wild gekyk het.
Na jou kommentaar sal ek beslis weer daar gaan kamp en die plek weer uitkyk.
John
Naand Vriende;
Ons ou familietjie het toe laas week by Constantia gaan kamp. Ek was glad nie beindruk nie. Die plek se onderhoud val plek-plek heeltemal uit die bus uit. Wat my die meeste pla is die permanente woonhuise wat hulle op die oord verkoop. Dit voel net nie soos vakansie as daar 'n paar permanente inwoners rondom jou bly nie. Boonop is daar geen gras by die privaat- ablusie kampeerplekke nie. Ek reken 'n ou sementbladjie sou al beter gewees het. Met die afwesigheid van 'n reentjie het ons nogal goed stof geeet. Wat is julle opinie?
Flyer
Ons was ook die afgelope langnaweek daar gewees en het reg oorkant die permanente huise gestaan. Die kinders was mal oor die plek met al die swem en speel geriewe vir hulle maar ek stem agter heelhartig saam dat die onderhoud van die plek baie swak is. Veral die ablsuie geriewe is erge kondisie en kort baie aandag.
Kerels,
Ek was in Junie 2007 daar gewees. Nogal my debuut kamp met my wa. Maar wat 'n teleurstelling!! Na wat ek nou hier lees is dit duidelik dat daar nog nie veel sederdien verander het nie. Ek het egter mooi wild gesien toe ek daar was.
Ek sal maar vereers verby hou...
Kamp groete..
Lekker kamp
Ons het weer die afgelope naweek by Constantia gaan kamp.Die sekuriteit is beter,maar daar is nie ooglopende verbeterings aangebring nie.Die ablusies is nog net so verwaarloos,en lyk ook vuil.Ons het Sondag na die Olifantjie gery,en daar gaan eet.
Kan ek ok maar net my sê , sê oor Constantia. Oktober 2010 het ek en my man besluit om die wa te hak en het plek by Constantia bespreek....daar aangekom het ek 'n hol kol op my maag gekry. Eerstens is ek baie kieskeurig oor waar ek my naweke spandeer...en om dit binne 'n houtkraal langs 'n mielieland te doen was nie my idee van kampering nie.... (die kampterrein is met houtpaaltjies toegemaak sodat jy nie die bosse kan sien nie - omtrent 1.5 tot 2 m hoog..)
Constantia sien my nooit weer nie....
Dankie vir die terug- voer mense, so sal 'n oord eienaar wat uit voeling is of regkom of toemaak.
Wie was onlangs by Constantia? Hoe lyk dit nou daar?
John,
Nee ek weet nie. sal interessant wees om te hoor hoe dit nou daar is. was 2007 laas daar maar die plek het my nie baie beindruk nie.
Sal dophou vir die mense se kommentaar.
Groete
Francois
Dankie Francois,
Ek het vriende in die omgewing wat op plase woon en wil by Constantia oorstaan terwyl ek daar rondkuier, maar as die kampplek nie lekker is nie sal ek maar kyk na die Oog.
John
Weet nie hoe ver jy wil ry met jou kuier nie, maar oorweeg liewer Klein Paradys of Bosfontein by Nylstroom.
Die Oog is tans in 'n "bouery" stadium en nie te lekker om te bly nie. Lekkerrus kan lekker wees as dit nie te vol is nie (bly net weg as dit reën) en van Izanthaba moet jy wegbly so ver as moontlik want hulle steel jopu rot en kaal deur die stukkende draadheining
Groete
Blesbok
Hi julle! Ek het 'n voorlopige bespreking gemaak vir Desember maar het eers gan kyk hoe dit lyk voor ek my deposito betaal het en ek is BAIE bly ek het nie betaal nie. Die plek is in 'n terrible toestand en sal nooit daar gan kamp nie 
Groete,
Chantel
Ai dit is jammer dat party plekke net eenvoudig agteruit gaan. dankie vir die "update" oor hoe dit daar lyk.
ek gaan die einde van die maand Badplaas toe. wonder hoe dit nou daar lyk?? toe ek in die begin van die jaar was het die kampterrein heelwat aandag nodig gehad, sowel as van die ablusieblokke. Sal maar sien wat kry ons nou daar.
Gelukkig is daar nog hope oorde wat behoorlik in stand gehou word.
Ek gaan ATKV Eiland toe oor Desember. enige raad oor die hitte, mopaniwurms gedurende daai tyd??
Francois Malan
Hi Francois,
Dit is VREK warm by die Eiland oor Desember. Ons was so paar jaar gelede by die plek, my vrou se insulien het verdamp in die yskas. Ons het mense gekry wat gekla het oor Tshipise en hulle "booking" oorgeplaas van Tshipise af, na twee dae toe plaas hulle dit weer oor na Swadini.
Daar is 'n bult net buite Tzaneen, as jy oor daardie bult ry, dan voel jy die temperatuur styg geweldig.
Groete
Nico
Hi Nico,
Baie dankie. Ek verwag darm dat dit gaan warm wees. sal maar tussen die skadu-bome en die swembad beweeg en altyd sorg dat daar iets kouds naby is.
Ek was in 2008 daar gedurende April en selfs dit was warm.
Watter pad is die beste om te ry? ek het laas Morea om gery. ek verstaan ek moet eerder deur Pietersburg gaan en daardie roete ry...
Groete
Francois
Wie's aanlyn
Aanlyn gebruikers
- sakkie mynhardt
- Big G
- thysvt
- Eddie Laing
- Kobus K
- Gypsey King
- Johan K
- Kobus Snyman
- chris dupreez
- BenA
- RSS
- Andries
- Theo Red
- BB











Hier volg nog fotos....
Groete
VIto Penta kombinasie
"Vakansiehuise is vir die wat dit nie kan bekostig om te kamp nie"