Gesels saam op die WegSleep forum.

Aftree rondrits

nauden
Nuweling
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pta

Ek en my vrou tree af en wil graag per karavaan vir 'n jaar in SA rondtoer. So minimum 'n maand (of selfs langer) op een plek. Beplan iemand ook iets soortgelyk en kan ons inligting ruil. As iemand alreeds daar was deel ons graag julle ervaring (why re-invent the wheel?). (Selfs bereid om daarvoor te betaal) Ek stel ook belang om so 'n pensioenaris toegeruste karavaan (met badkamer) te koop of te huur (slegs privaat). Smile

Zigi
Admin
Aangesluit: 29/10/2009
Inskrywings: 579
Gebruiker van lyn af.

Nauden

Die laaste keer toe WegSleep as 'n bylaag tot weg verskyn het (Oktober 2006 - WegSleep #4) was daar 'n artikel oor "Die Swaeltjies" wat tot drie maande van die jaar op Tshipise of Die Eiland gaan bly.

Groete
Zigi

Danie
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 282
Gebruiker van lyn af.

N
Ek beplan dieselfde. Het reeds begin met inligting van plekke versamel. Belangrik vir my is die weer, wanneer om waar te wees sonder om weg te spoel, weg te waai of te verbrand.
Beplan om 'n ouerige Caravette 6 om te bou ens ens.

John Cooper
Diknek
Aangesluit: 14/12/2009
Inskrywings: 596
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Eloffsdal
Ek sleep 'n Jurgens Classique met 'n Nissan Navara 2.5DCi Outomaties

Ok, nou het julle my jaloers. Ek moet nog vir jare arbei en kan net sommige naweke en sekere vakansies gaan kamp, maar eendag as ek groot is, gaan ek en vroulief ook die land voltoer.

John Cooper

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 745
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kilnerpark Pretoria

Nauden.

Wonderlike vooruitsigte wat jy het, ek aan die ander kant sal altyd terug verlang na n huis. Na so twee weke wil ek eers weer huistoe en dan weer n toer beplan.

My ideaal is n Motorhome wat gereed staan sommer so met alles altyd gepak......lekker om te droom

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

Boskamper
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 672
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gordons Baai
Ek sleep 'n Enig-iets wat gehaak kan word en wil saam, See toe, Bos toe, Berge toe, Plaas toe of sommer net kuier. met 'n Colt 2.6 4x4, Colt met Forkie aandrywing

Ek droom ook daai droom,

maar te min klippe innie kettiesak, maak dat ek nog maar net droom, geniet dit mense, my beurt kom.

Tjops, doringkole en goeie geselskap innie natuur daai's nou eers lekke

Stoffel
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1039
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kleinmond

Ek wens ook daai wens.  In die mid-90's het ons gereeld vir die wintervakansie by die destydse Aventura Eiland (deesdae ATKV Eiland) gaan kamp.  Ons het goed bevriend geraak met sommige van die Swaeltjies wat jaarliks vir 3+ maande daar gestaan het.  Een van die pare wat ons redelik goed leer ken het was Jack & Connie van Wyk.  Jack het destyds 'n Penta met Cressida gesleep.  Hulle het toe reeds etlike jare 'n reisplan deur die land gevolg wat (as ek reg onthou) min of meer as volg gelyk het:

Mei-Aug: Eiland

Sept-Nov: Rocky Bay

Des-Feb: Mosselbaai

Mrt-Apr: Mountain Breeze

En dan het die sirkel weer van vooraf begin.

Of dit waar was (kan ek nie voor instaan nie), maar een van Jack se vriende het aan my vertel dat hy sy Penta vervang het met 'n nuwe sodra hy nuwe bande moes opsit.  Volgens hom was dit die ekwivalent van gereelde onderhoud aan sy huis.  Hulle het na sy aftrede alles verkoop (huis, meubels, die lot) en sy dogter in Bloemfontein se adres gebruik vir belangrike pos en kommunikasie.  Sy't hulle op hoogte gehou van moontlike rekeninge ens.  Dit het destyds (en nog steeds) vir my geklink en gelyk na 'n idilliese bestaan.  Ek droom ook daarvan.

Boskamper
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 672
Gebruiker van lyn af.
Plek: Gordons Baai
Ek sleep 'n Enig-iets wat gehaak kan word en wil saam, See toe, Bos toe, Berge toe, Plaas toe of sommer net kuier. met 'n Colt 2.6 4x4, Colt met Forkie aandrywing

 Lekker, dit kan net lekker wees,

Ek dink ek moet dit weer 'n slag weeg, en kyk wtter kant die skaal tip. 

Hier begin die droom alweer.

Tjops, doringkole en goeie geselskap innie natuur daai's nou eers lekke

Stoffel van Wyk
Diknek
Aangesluit: 24/02/2010
Inskrywings: 964
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Nico,

Die dag as 'n mens nie meer kan droom nie, dan kan 'n mens maar ophou bestaan. Dit is lekker om lug  kastele te bou.

My droom is om een van hierdie 1 tonner "horse & trailer" om te skep in 'n kamp eenheid. Sodra jy by 'n kampplek kom, dan haak jy die wa af en kan nog steeds met die "horse" rond ry. So 'n eenheid sal ook lekker sleep.

Manie Maritz
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 123
Gebruiker van lyn af.
Plek: Jeffreysbaai

Julle sal verbaas wees om te sien hoeveel mense het alles verkoop en toer nou rond met 'n karavaan. Ek hou nog my huis in Pretoria, maar ek toer ook vir lang tydperke rond. In 2009 was ek vir tien maande op die pad, hierdie jaar vir net vyf. Ek verkies om die warmer en besiger maande by die huis te wees en in die koeler maande, iewers waar die weer lekker is of waar die omgewing so is dat 'n mens nie die koue voel nie.

Dis nie nodig om 'n karavan met 'n badkamer te koop nie. Die parke se ablusies is goed genoeg. As jy vir 'n lang tydperk op een staanplek staan, kan jou stort se afvalwater nogal 'n probleem word.

Ek verkies ook om minstens 'n maand op een plek te staan. Gewoonlik het parke 'n maandtarief wat dit baie goedkoper maak as om die daaglikse tariewe te betaal.

SHARK
Boffin
Aangesluit: 11/03/2010
Inskrywings: 1815
Gebruiker van lyn af.
Plek: boksburg
Ek sleep 'n REGAL met 'n FORD

Ek gaan dalk geretrench word die einde van die jaar en dis presis wat ek en die vrou gaan doen as dit gebeur.

 

 

Arie
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2281
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n Tuis geboude Boswa met 'n Pajero 3.5

Ek en vroutjie het ook die selfde droom. So drie jaar terug op pensioen gegaan by Absa bank en die idee was om 'n Exclusive te koop en vir ten minste so 3 jaar net te toer en in die wa te bly, ons wil die huis verhuur, en sal dan geen ander blyplek as die wa he nie.

Ek het eers vir 'n jaar gehelp om bietjie bestuur beginsels in te bring in 'n groterige nationale maatskapy, baie lekker gewees met die wat ek deur die land moes reis/vlieg na al hul takke toe. Vroutjie het meeste van die tyd saam gegaan.

Ek is net voor ons die wa gekoop het, genader om te help om 'n klein 'spesialis bank" op die been te bring, en die aanbod was van so aard dat ek onmoontlik nie kon weier nie en gevolglik werk ek nog steeds.

Die beplaning is nou om niks later as 2013 die werkery heeltemaal te los en met ons toer te begin. Vrou lief kan nie wag nie met die wat sy al in 1990 afgetree het en dus al vir jare huisvrou is - moet se ek self is ook haastig en die laaste twee en half jaar voel soms nog vrek lank!!!

Intussen probeer ons maar soveel as moontlik wegkom met ons bos sleepwa, tot ons ons droom kan begin leef!

Kamp Groete

Arie

Allas
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1485
Gebruiker van lyn af.
Plek: Middelburg
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n Mazda BT 50 D/C 4x4

Hi daar

My skoonpa-hulle het dit si twee jaar terug begin doen en hy kyk glad nie terug nie.

Ons het hulle huis oorgevat, so as hulle nie op die pad is nie dan kom hull huistoe vir so vinnige stop. hulle roetine is soos volg:

Januarie tot April - ATKV Natalia

Mei tot Julie - ATKV Eiland Spa

Augustus - September - Kruger Wildtuin (By die bo punt in en toer dan so af tot onder by Malelane hek uit).

Desember - PE (by ander dogter).

Ek sal dit ook maar eendag doen as ek mooi groot is.

 

Groete

Albert van Tonder

chrisbeachbum
Super sleper
Aangesluit: 04/10/2010
Inskrywings: 333
Gebruiker van lyn af.
Plek: Geen vaste adres - Meestal voltyds op toer, tans in Pretoria.
Ek sleep 'n Suzuki Samurai met 'n Mercedes Benz Elite mobiele huis.

Mooi drome.

Ek toer voltyds, het ook alles opgegee en gaan slaap elke aand sorgeloos waar ek ookal kamp.

Ek het net besluit ek gee huis op want mens se Water & Ligte en " rates & taxes" kos jou nou per maand meer as 'n R200 000 verband van 20 jaar terug.

En ek weier om dit te betaal  - Ek betaal nie meer 'n sent vir daai anner kerk se mense wie nie WIL betaal nie.

Ongelukkig kos dit 2 tot 4 keer meer per dag om te kamp, tensy jy as 'n pensioenaris 'n maandtarief beding, wat jou so rofweg R50 per dag huidiglik kos (Sien elders my kommentaar oor kamptariewe).

Teen daardie bedrag kan ek saamlewe.

Intussen wag ek maar vir julle om my te "join" Groetnis.

(Aangeheg foto van my "bachelor flat on wheels")

 

 

AanhegselGrootte
IMG_0857.JPG 139.56 KB
Hendrik Acker
Groentjie
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 38
Gebruiker van lyn af.
Plek: Franskraal (Gansbaai)

Hallo al julle slepers, Ek en my vrou is geseend om op n jong ouderdom op pensioen te wees. Ons het so pas ( Vandag) terug gekeer vanaf Rocky Baai in Natal. Wat n lekker kamp plek! Moet net nooit teen die ingangs pad staan nie, jou tent se kleur SAL verander. Stof en nogmaals stof! Wie kan sommer vir my raad gee  hoe om my tent nou skoon te kry? die wind het ons terug gewaai huistoe, om nie tepraat van al die reën nie! Oktober en November daar gestaan. Die mense daar reken hulle ken nie die weer so die tyd van die jaar nie. Ek het terug gery deur die Transkei, nooit is n lang tyd, maar nooit ry ek weer daai pad nie. die pad is baie mooi, maar teveel elemente maak dit gevaarlik. In Umtata klim hulle sommer so in die ry by n verkeerslig agter op my bakkie en maak die canopy oop! Gelukkig was my yskas en visvang kas in die pad en kon hulle niks steel nie, As dit gesluit was sou hulle die glas gebreuk het. Pak maar alle waardevollegoed diep in. Die pad is oor die 300 km/ nader, maar jy ry dit twee keer langer. Ek dink n mens soek moeilikheid om daardeur tery

                              Ek sal ook graag wil weet van lekker en veilige kamp plekke waar n mens lank kan staan.

              

Tjailatyd
Diknek
Aangesluit: 26/11/2010
Inskrywings: 760
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n 2009 Mazda BT50 3L Diesel

Haai daar aan al die slepers.  Ek en my man gaan in net meer as drie jaar aftree, en is hard besig om alles bymekaar te kry om ook permanent in ons woonwa te ry en bly.  Ons wil ook alles verkoop en as ons nou regtig nie meer kan rondrits nie, sal ons maar 'n woonstel huur of self 'n plekkie in 'n aftreeoord kry.  Ons het ons 2005 Exclusive nou net ingeruil op 'n nuwe een wat ons eers in Januarie sal kry.  Ons sleep met 'n Mazda BT50 3.00 diesel en tot nou toe was dit net 'n plesier. 

Ons sal ook graag met die Swaeltjies in aanraking wil kom. 

Ek kan saam met Hendrik praat oor die pad deur die Transkei.  Ons het ongeveer twee jaar terug vanaf die ATKV Natalia kamp na Oos London gery en het ook deur die Transkei gery.  En ja nooit is 'n lang tyd, maar ek wil dit nooit weer beleef nie.  Behalwe dat daar by geen padreels gehou word, word daar oor die pad gestap of jy nou kan stop of nie.  Ons woonwa was heeltemal skoon gevee deur voetgangers.  Ek was 'n senuwee wrak toe ons anderkant uitkom.  Niemand het darem die kans gekry om op ons voertuig of ons woonwa te klim nie.

Hendrik, julle kan gerus Yellow Sands in Oos-London probeer.  Ons het baie lekker daar gekamp en dit is baie beslis op ons lys vir 'n laaaang staan.

Ek hoor graag van ander permanente woonwa "permanents".

 

 

 Groete

Johnny & Rachel

Germiston

Lynda van derLinde
Groentjie
Aangesluit: 08/12/2010
Inskrywings: 46
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank

Hello Almal

Ek is so bly om te hoor daar is baie meer van julle wat alreeds als verkoop en bly permanent in julle wa as woonplek. Ek dog ek en Kleintjie gaan die enigste mense wees wat dit gaan doen. Ons sit ons huis maandag die 13 Dec.2010 in die mark en bid dit verkoop gou, ek kan nie meer wag om die res van julle te join nie. Ons sien so uit daarna dit is onbeskryflik. Deur ons 39 jaar se getroude lewe het ons ma min gaan vakansie hou en dit was nie altyd dit wat  n mens verwag het, met die gevolg het ons dan meer by familie gaan kuier en al die lekker van kamp gemis.

Sal lekker wees om nou al saam met julle, wat ook al als verkoop en in die pad is op toer, te chat en raad en wenke te hoor. Ons droom gaan waar word die dag dat ons huis se geld in ons bank rekening in gaan. KAN NIE WAG NIE.

Grte Lynda Kleintjie

Lynda van der Linde

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Hallo Lyndia,

Welkom op die forum en hier sal die ouens vir julle genoeg raad gee.

Ek het nou nie alles van vooraf sorgvuldig deur gelees nie, maar dat julle uitsien na die permanente toer en jul huis in die mark wil sit.....pla iets my.

Dit is nou nie van negatiwiteit met die besluite nie maar waar gaan julle op jul oudag heen indien julle nie meer kan toer nie. N Mens weet nooit wanneer die gesondheid nie meer wil saamwerk of wat die toekoms vir mens inhou nie.

Dit sal darem lekker wees indien daar nog so nessie kan wees sonder om weer geld te spandeer met geen bekommernis. Ek weet julle is ouer as ek met meer verstandigheid, dit is net opreg bedoel van bekommernis.

Geniet jul toer.

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

Lynda van derLinde
Groentjie
Aangesluit: 08/12/2010
Inskrywings: 46
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank

Hello ReynoV

Dankie vir jou terug voering ReynoV, en ek verstaan jou bekommernisse, ma ons het 4 kinders, 3 seuns 1 meisikind groot gemaak en baie deur die lewe gehelp met als en nog wat. Hulle se as dit so kom dat ons te oud is om te toer of te kamp kan ons by hul kom bly wa en al.

So as di Heer ons spaar en als loop volgens plan, dan is dit wat ons sal doen, anders ons naam by n oue tehuis opsit en wag ons beurt om da in te trek. Ons het geld bele vir voorsorg vir ons ou dag.

Grte Lynda en Kleintjie

Lynda van der Linde

Ryno Verster
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4702
Gebruiker van lyn af.
Plek: Lyttelton Manor-Centurion, net onderkant die Waterkloof Lugmagbasis
Ek sleep 'n 2001 Jurgens Fleetline L met 'n 2009 Ford Ranger 3.0 TDCI D/cab

Lynda,

Aaa, dit is goed en lekker om sulke vooruitsigte te he. Ek is bly julle kan dit doen en geniet die voltydse toer wat julle die land kan sien.

Wees maar altyd in kontak soos Wegsleep om voortdurend op hoogte te wees van oorde en ook waar sekuriteit probleme opduik, selfs paaie wat onbegaanbaar raak.

Geniet dit

 Leef en laat leef, jy is nie die enigste persoon op aarde en moenie ander afkraak vir eie gewin nie

Lynda van derLinde
Groentjie
Aangesluit: 08/12/2010
Inskrywings: 46
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank

Hello ReynoV

Dankie ons sal so maak ons kan nie wag nie.Lek dag verder

Grte Lynda en Kleintjie

Lynda van der Linde

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 1727
Gebruiker is aanlyn
Plek: KLERKSDORP
Ek sleep 'n 1992 Jurgens Esprit met 'n 2003 Mercedes C270 CDi

Lynda, dagsê. Ek wil net vir jou sê sterkte met die voornemens. As die Liewe Vader mens geseën het met goeie gesondheid kan mens baie vermag. Dit is ook my hartsbegeerte om so te doen as ek groot is, nou nog te dom, arm en lelik om af te tree! Kry darem al vir amper drie jaar "pensioenaris" afslag, maar ons bedryfie, 'n klein drukkery, hou ons te besig. My vrou sukkel met erge skoliose, en ek sou graag wou ophou werk (ons werk alleen saam) om haar ruskans te gee, maar het so drie jaar terug probeer huis en besigheid te vekoop, wou nie werk nie. Huis sal maklik verkoop, maar besigheid nie. Ons bedryf die besigheid nou vir amper 29 jaar, en jy sit met groot klante tal wat lojaal was teenoor jou vir soveel jare, jy kan hulle nie sommer in  die steek laat nie. Genoeg oor my.

Julle moet, soos wat julle op die pad wil gaan, probeer kontak opbou vir veilige oornagplekke lang die pad. Ek is oppad Natal toe Februarie volgende jaar vir twee weke, en het deur die forum probeer uitvind van veilige oornagplek langs die pad, bv Harrismith, en wel ook terugvoer gekry, maar dan kry jy iemand wat sommer aanbied dat jy by hulle op die werf kom oornag, en dan sommer wraggies vir jou wil plek maak in die huis vir die nag. So-iets het ek al probeer reël op 'n ander tipe webblad, met min reaksie. Hier belowe ek jou as jy betyds begin navrae doen, gaan jy BAIE aanbiedinge kry - almal het egter nie die staanplek op sy perseel om aan te bied nie, maar ken die area goed. In die Klerksdorp area bv kan ek jou verwys na twee of drie plekke, en bes moontlik ook GPS ko-oordinate verskaf. Soos wat jy met die mense kontak maak, kry jy persoonlike epos adresse, selfoonnommers en ek belowe jou, jy sal wyd en ver ry en baie, baie vriendelike en behulpsame forumiete/karavaners.kampeerders ontdek en ontmoet.

Jy is baie welkom om my persoonlik te e-pos by fppretorius@gmail.com.

Mag julle huis vinnig verkoop teen 'n goeie prys, en laat waai.

Karavaangroete

Frans

 

 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3923
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Lynda en Kleintjie,

Sluitaan by die Omgee groep, so begin julle sommer met 'n klom kontak besonderhede van mede Forum lede.

Stuur vir my 'n e-pos dan kan ons julle op die lys kry.

Lynda van derLinde
Groentjie
Aangesluit: 08/12/2010
Inskrywings: 46
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank

Hello WilSur

Hier is my e-pos adres lyndavdl1103@gmail.com, baie dankie julle ons waardeer dit sommer baie

Lynda van der Linde

Lynda van derLinde
Groentjie
Aangesluit: 08/12/2010
Inskrywings: 46
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witbank

Hello Frans,

Baie dankie vir jou advies, jammer om te hoor jou vrou sukkel so, sal haar in my gebede hou. WilSur het ons e-pos gevra om ons op die omgee lys te sit, so ek het dit vir hulle gegee en ek gee dit vir jou ook. lyndavdl1103@gmail.com.  Dankie ek het joune op my e-pos ge-add so ons sal definitief op jou knoppie ook druk vir al jou ervaring en goeie kampplekke.

Sodra ons huis verkoop sal almal op wegsleep dit hoor ons sal dit in hoofletters uit skreeu. Ons G P S gaan sommer baie ko-oordinates he.

Ek glo als gebeur met n doel in ons lewe so miskien is die tyd nou reg om jou besiheid in die mark te sit, miskien was die tyd nie reg driejaar gelede maar dit kan nou die regte tyd wees. Maak dit n saak van gebed en los dit in ons Vader se hande en as dit so moet wees dan sal dit vinnig verkoop. Onthou jy gee jou kliente ook oor aan die nuwe eienaar so jy laat hulle nie in die steek nie. Ek glo die Heer het sy tyd met als en dalk, met jou vrou se siekte is dit nou die tyd om jou droom te laat waar word.

Sterkte daar by die huis.

Grte Lynda en Kleintjie                                                                   

Lynda van der Linde

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 1727
Gebruiker is aanlyn
Plek: KLERKSDORP
Ek sleep 'n 1992 Jurgens Esprit met 'n 2003 Mercedes C270 CDi

Lynda, dankie vir die bede, selfde vir julle. Ja, ons glo dat wat okkal gebeur, sal gebeur en ons aanvaar dit so. Weereens, hoop daai huis gaan baie vinnig na eienaar verwissel!

Egte karavaangroete.

Frans

 

 

Piet
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1095
Gebruiker van lyn af.
Plek: Despatch (Naby Port Elizabeth)
Ek sleep 'n Gypsey 4 met 'n 2004 Ford Ranger 2.5 TDi

WilSur wrote:

Lynda en Kleintjie,

Sluitaan by die Omgee groep, so begin julle sommer met 'n klom kontak besonderhede van mede Forum lede.

Stuur vir my 'n e-pos dan kan ons julle op die lys kry.

Frans,

Jy kan ook gerus aansluit. 

Willem gee dan vir jou 'n lys met slepers vanoor die hele land wat omgee en wat jy kan kontak in 'n noodgeval en ook om inligting te kry van waar hulle bly.  Jy kan slegs die lys kry as jy ook bereid is om jou naam, adres ens daarop te sit. 

Ek MOET niks!

 

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 1727
Gebruiker is aanlyn
Plek: KLERKSDORP
Ek sleep 'n 1992 Jurgens Esprit met 'n 2003 Mercedes C270 CDi

Dankie,  Piet  (wat nou ongelukkig nie van my familie is nie,  ek treur nou nog!!!!!!!) ek sal my inligting deurstuur vir Willem. Ek sê nog, ons was darem waragtag amper famile!! Ek wil jou nog e-pos stuur i.v.m. jou sleepkombinasie, sal kyk volgende week,  ek vat eers langnaweek tot volgende Dinsdag vir 'n plaaskamp by familie (skoonfamilie, myne is te arm om te boer, en te arm om mos by die see te bly   Ha-Ha-Ha)

Groete.

Frans

 

 

Kaas Kop
Diknek
Aangesluit: 20/11/2010
Inskrywings: 973
Gebruiker van lyn af.
Plek: Secunda
Ek sleep 'n 2011Sprite Splash met 'n 2007 Nissan Navara 2.5dci

WilSur

Ek het jou ñ pm gestuur,het jy hom ontvang?

 

 

 

 

Kamp lekker en gooi mielies

tworaptors
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 18/11/2010
Inskrywings: 96
Gebruiker van lyn af.
Plek: Empangeni

Hullo Almal... ek lees hierdie draad nou dat dit alweer aan die gang is want ek vind dit baie interesant. Die rede is so.....ek hoop jy neem my nie kwaalik nie dat ek in engles skryfe ....ek is n rooinek.

In 1988 we began caravaning and as we had retail stores we never had a holiday. The third weekend of each month was our quietest. We got our varsity student in on the Friday and Saturday and we were away 'vroeg' from Durban to Dragon's Peak in the Drakensberg. We did this for 10 months of the year for about two and a half years. It got to a stage that we would know who was going to be there in certain months as they were there in that month every year. Many of them knew each other and gave each other information about certain parks....costs... ablutions...pets etc. But MOST of all we enjoyed the comradeship, friendship and humour of all no matter the language.....is caravanning not a lnguage of its own.    We made up our minds that we were going to join them some day.

At the moment we have a Bed and Breakfast in Empangeni (Next to Richards Bay...we are both part of the CITY...have not found it yet myself... of uMhlathuze) Had to sell our caravan 8 years ago to put in the swimmng pool. We are a Four Star B&B and had to have a pool. ( The only caravan you can swim in)

Due to ill health (very bad blood pressure) my doc says I should go and contemplate the mountains.The B&B is on the market and as soon as we sell...not that easy....we are away. Will make our base in the 'berg and go to Kruger and other areas we have not been to at times...when the weather is right.

We have the Vito and have our eye on a Peta 2000.......ons sal sien.

Die Engelse 'Boertjie"

Die Egelse Boertjie

"Bye for Now"

John & Ed

May  all the Stays of Forum Members  be Blessed

Kaas Kop
Diknek
Aangesluit: 20/11/2010
Inskrywings: 973
Gebruiker van lyn af.
Plek: Secunda
Ek sleep 'n 2011Sprite Splash met 'n 2007 Nissan Navara 2.5dci

Tworaptors

Solank jy die boere taal kan lees sal ons jou Ingels lees,hope for the best and the rest will follow.Hope everthing works out for you.Daardie penta is net die regte medisyne,koop hom jy sal nooit spyt wees nie.

 

 

 

 

 

Kamp lekker en gooi mielies

Wie's aanlyn

Daar is tans 7 gebruikers en 78 gaste aanlyn.

Aanlyn gebruikers

  • chris dupreez
  • JCKorf
  • Molekule
  • Franss
  • thysvt
  • Frans Pretorius
  • Ebenhaeser

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.