Gesels saam op die WegSleep forum.

Wes - Kaap kamp

Gesels saam op die WegSleep forum.
grotman
Nuweling
Aangesluit: 01/11/2011
Inskrywings: 14
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

Hallo al my kamp vriende

As 'n mens so lees deur kommentare oor, veral munisipale, kampterreine in die Wes - Kaap moet ek darem sê dat my gunsteling kampplek is en bly Mountain Breez, buite Stellenbosch. Miskien is dit omdat ek met my hart dink as dit by die plek kom maar dit bly heerlik, skoon en veilig. Dis naby my huis en gou om te ry wanneer jy op die ingewing van die oomblik besluit om te gaan kamp. Ek het so twee jaar terug ook 'n fantastiese kamp by Ou Skip (Melkbos) gehad maar ondertussen het daar 'n paar negatiewe artikels verskyn veral rondom sekuriteit ens. Kan iemand aandui of dit al verbeter het?

Enige kommentaar oor 'n paar ander lekker plekkies naby aan die Kaap wat julle baie geniet maar waar dit rustig is? Ek vra maar net omdat ek miskien 'n bietjie wyer moet verken.

AanhegselGrootte
Picture_069.jpg188.22 KB

Aanhegsels

AanhegselGrootte
Picture_069.jpg188.22 KB
PierreW
Groentjie
Aangesluit: 15/11/2011
Inskrywings: 36
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl

 Probeer Eikebos by Greyton.  Net 8 staanplekke op 'n plaas. Lieflik, rustig, onder die eikebome, gras en BAIE netjiese geriewe

grotman
Nuweling
Aangesluit: 01/11/2011
Inskrywings: 14
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

Baie dankie Pierre!

Ian Laing
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 7630
Gebruiker van lyn af.
Plek: Paarl
Ek sleep 'n 1984 Jurgens Fleetline B met 'n 2001 Isuzu 250 d/k

 Grotman, kom kamp saam met die Wegslepers Tydens ons saamtrekke. Ons gaan vanaf 2 tot 4 Maart Dwarskersbos toe en van 27 April tot 1 Mei Montagu karavaanpark toe.

Ander oorde wat jy kan besoek is  De Hollandsche Molen, Vloedbos buite Caledon. Kyk ook in die Weskaap terugvoer afd vir baie van die ander oorde wat beskikbaar is.  

grotman
Nuweling
Aangesluit: 01/11/2011
Inskrywings: 14
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

Hi Ian, ek wens ek kon so baie wegglip maar dis onmoontlik. Dankie vir die gedagte.

Flip de Wet
Ou hand
Aangesluit: 03/06/2010
Inskrywings: 196
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Hi Grotman,

Ons het 'n hele paar kampplekke in die Weskaap gedurende 2011 besoek.  Ons hou boek van al die kampplekke en jy kan gaan loer by www.flipentilla.yolasite.com  .

Flip

grotman
Nuweling
Aangesluit: 01/11/2011
Inskrywings: 14
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackenfell

Hi Flip, ek sal so maak. Groetnis

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 21 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.