Gesels saam op die WegSleep forum.

Waterberg Wilderness Reserve

Gesels saam op die WegSleep forum.
Willie du Plessis
Groentjie
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 19
Gebruiker van lyn af.

Middag almal.

Ek weet nie wie al almal hier was nie.? Maar ons het die plek die naweek ontsettend baie geniet. Dit is op die Sterkrivier pad tussen Potties en Naboomspruit.

Die lekkerste vir ons was die stilte en die feit dat jy met jou eie voertuig op die plaas mag rondry. Wild is daar genoeg.En natuurlik was dit net ons(ek en my vrou) wat die hele plek vir onsself gehad het. Daar is net 3 kampeer plekke en 2 permanente tente met n' kuierplek elk. Ablusie geriewe is silwerskoon en voldoende - spoel toilet en storte met opwasplek vir die skottelgoed. Dit was ons eerste keer maar beslis nie die laaste nie.

n' Platkar gaan dit ongelukkig nie soontoe maak nie, en selfs met n' gewone karavaan gaan dit maar knor - liewers nie, in my opinie in elk geval. Selfs n' 4x2 bakkie gaan maar sukkel as jy iets sleep.

Indien daar nog sulke plekke is wat iemand van weet, laat weet tog asseblief. Ons is nie mense wat hou van in n' hok gaan kamp nie, dus sulke oop plekke doen dit vir ons.

Groetnis.

Crips
Ou hand
Aangesluit: 18/01/2011
Inskrywings: 181
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sunnyridge, Germiston
Ek sleep 'n 1981 Sprite Sprint met 'n LandRover Defender TD5 D\C

Hi Willie,

 Dit klink lekker, het jy nie dalk vir ons paar kiekies nie?

Dalk hou jy van die plek ook: http://www.somabula.co.za/

Kamp Groete

Chris de Wet

Willie du Plessis
Groentjie
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 19
Gebruiker van lyn af.

Crips, ek sal more n' paar fotos oplaai en stuur. Soos ek gese' het, daar is niks fensie aan die plek nie maar dis regtig n' plek waar mens kan rus en die omgewing kan geniet.

Baie dankie vir die link, ek gaan dit uitkyk.

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 20 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.