visvang plekke by die vaaldam
Nuwe forum onderwerpe
Weet iemand dalk van plekke waar mens kan kamp en visvang by die vaaldam? Daar moet verkieslik geriewe wees en ook krag. Dit is net sleg om so groot dam te sien maar GEEN ordentlik oorde soos wat Jim Fouche was nie. Mans wil vis en vroulief soek geriewe wat skoon en bruikbaar is.
Hi BenA,
Het jy dalk kontak besonderhede vir die RAU gronde? Wil graag daar draai gaan maak.
Groete,
HS
Skaapwagter
Presies waar is dir RAU gronde ? Ek weet die pad van Vereeniging na Villiers (Vaal Marine pad) kry jy 'n pad wat regsdraai na Deneysville. Mens ry so ± 3 km dan kry mens aan jou 'n linkerkant 'n groot deel met ablusie blokke, wat vir jare nie gebruik is nie. Ons het altyd van die universiteits gronde gepraat. Dit is naby die eiland op die dam.
Ek weet daar het 'n deel oopgemaak vir visvang en kamp. Hulle het hulle self "Island Shore Recreational Facility" genoem. Ek weet daar vas nie 220V krag nie maar wel warm water by ablusie.
Ek het twee sel nommers van die plek:
083 288 7420 (Eddie)
083 406 2998 (Girly)
Weet nie of dit dieselfde plek is waarvan jy praat nie en ook nie of die plek nog bestaan nie (Hulle was 'n jaar terug nog oop.) Die die telefoon nommers gegee weet ek ook nie of hulle nog werk nie.
Hulle tariewe was laag en ablusie blokke was skoongehou.
Lekker Kamp
Harry
Die RAU gronde het ook toegemaak.....Die gras groei al die ingangshek toe.
Het julle al gehoor van Avante ???
Dit is die ou Eskom oord in denysville. Het daar al baie lekker gevang.
dagse deon
die vis is mooi wat jy gevang het ek hou van jou trap boot vat jy jou lyne in met hom jy roei in style mater
ha ha ha
goedgaan
ben
Daai stuk grond behoort nie aan RAU/UJ nie. Dit was 'n staatsontwikkeling. UJ gebruik slegs die vasmeer en parkeer/stoor-geriewe om hulle bote en besoekers van daar na Die Eiland(UJ Property) toe te vervoer.
Ek weet Boats weet iets van visvang op daai plek. My swaer. Piet ook. Ek sal hom tog vra as ek weer met hom praat.
Wonder of petrdr nie ook inligting sal hê nie?
Oom Wille
Ek het al baie daar gaan vang. Lekker ou Sa plek. Oom is reg maar uj se launch plek is verder af. Hierdie is die plek waar eskom se water pompe die water van pomp grootvlei toe.
Deon, dan moes jy my swaer Piet Sevenster van Sasol al daar raakgeloop het. Hy vang saam met 'n swart jongman. Een van sy oud-leerlinge by die skool. Hy kamp met 'n Mitsubischi "broodbluk".
Willie,
Waar is/ was jou swaer 'n onderwyser?
Daai naam klink vreeslik bekend.
Weet iemand nog of die gronde by Oranjeville nog oop is vir visvang? Sover ek onthou was dit op 'n stadium toegespan.
Ek weet daar is ook 'n paar boere wat mense toelaat om te vang (my skoon ouers het gereeld kompetisies gevang - kan om die dood nie die naam onthou nie)
Ek hou dop: Ek wil al laaankal bietjie gaan draai het by die dam maar ek is nou nie lus vir primatiewe geriewe nie.
Groete
Johan
Ok - ek sal maar vertel, 'n goeie visserman steek sy geheime visvangplekke weg?! - maar ek tel julle as my vriende!
Die eienaar het saam met my gewerk, pakket gevat en 'n plekkie by die Vaal gekry. Hy het so 4 houthuisies (zozo's) opgesit waarin 4 mense kan slaap met breekgoed. Gemeenskaplike amblisie blok. die plek is so min of meer oorkant die ou Jim Fouche.
Hier is 'n lusmakertjie van 'n karpie wat 'n ander ou by my werk daar gevang het Jan 2012:
Sy seun se karpie:
En ja . . daar is ook geletjies:
Ongelukkig het hulle skaaltjie gebreek - vere en wassertjies is al wat oor is. Nee die eienaar moes 'n fris skaal in die boom ophang waarmee die ouens weeg.
Nou ja, ek mag nie se waarmee hulle vang nie!, ek sal wel laat uitglip moene soet gaan nie, dan vang jy net kleintjies!
Vis groete
Kobus
Kobus
Kan mens daar kamp met 'n wa. Of verhuur hy net die huisies of is dit net vir privaat gebruik. Ons het jare terug altyd by Jim Fouche gekamp
Groete
Harry
Harry,
As ek reg onthou is dit R250 vir 'n huisie. Dit is dan ook jou staanplek. Baie mense sit dan 'n tentjie by vir die kinders ens. ek dink nie dit sal 'n probleem wees om met 'n karavaan te kom nie - John is flexible. Daar is net 5 "staanplekke" of huisies. Daar is ook 'n speelpark vir kinders en hy is besig om 'n foefoe slide op te sit.
Kobus
Deon Joubert
Die Avante wat julle van praat, is dit nie by Vaal Marine. (so smal enkel pad langs doring drade op pad na die "landfill") Ek het gister 'n draai daar gemaak om te gaan kyk hoe dit daar lyk.
Toe ek daar stop, het ek gesien daar staan Snoepie / Kantoor en dit genader. 'n Mans persoon wat daar naby op 'n stoel gesit het met 'n twee rigting radio het my gevra of hy kan help. Ek vra toe hoe werk dit by die oord. Hy het vir my gese hy is die eienaar en sy antwoord was dit is 'n privaat klub. Ek se toe vir hom ek het gehoor die plek was toe en het weer oop gemaak. Hy vra my toe waar kom ek vandaan en ek se Vereeniging, hy se toe dadelik die klub is vol en hulle het net 150 lede en daar is nie plek vir nog mense nie ek moet verstaan hulle kan net soveel mense vat vir die plek se groote.
Ek weet nou nie of dit die woord "Vereeniging" is wat hom so vinnig laat se het die klub is klaar vol nie, of dalk is die klub regtig vol (genoeg lede). Ek glo en aanvaar daarmee dat die klub vol is en dit nie gaan oor waar ek vandaan kom nie. Ek klim toe maar in my Hi-Lux en ry (het my RollsRoyce by die huis gelos want ek ry nie met hom grondpad nie, Ha Ha)
Volgens hom mag jy ook nie daar oornag nie, het ook geen karavane daar gesien nie, net so 4 tente.
So ek sal my nie verder steur aan die plek nie. Dalk is daar 'n iemand in die klub wat kanseleer en dan is daar weer 'n oop plek vie nuwe lid. Ek het gedink hy sou my besonderhede wil he as so iets gebeur, maar hy het nie vir dit gevra nie.
Hoop al die klublede kuier lekker daar, want dit lyk na 'n baie netjiese skoon en lekker plek. Dit is rustig en stil ek dink net dit gaan moeilik wees om 'n lid te word want niemand sal bedank nie. Behalwe vir geldelike redes. So ek sal die plek om die redes aanbeveel.
Groete
Harry (van Vereeniging)
Daai man se naam is seker jan. Ek en hy het ook baie vagsit en toe ook maar besluit om nie weer te gaan nie
Sjoe,dis nou 'n ordentlike gele daai!
is daar dalk 'n kontak nommer vir die plek?
Ok - ek sal maar vertel, 'n goeie visserman steek sy geheime visvangplekke weg?! - maar ek tel julle as my vriende!
Die eienaar het saam met my gewerk, pakket gevat en 'n plekkie by die Vaal gekry. Hy het so 4 houthuisies (zozo's) opgesit waarin 4 mense kan slaap met breekgoed. Gemeenskaplike amblisie blok. die plek is so min of meer oorkant die ou Jim Fouche.
Hier is 'n lusmakertjie van 'n karpie wat 'n ander ou by my werk daar gevang het Jan 2012:
Sy seun se karpie:
En ja . . daar is ook geletjies:
Ongelukkig het hulle skaaltjie gebreek - vere en wassertjies is al wat oor is. Nee die eienaar moes 'n fris skaal in die boom ophang waarmee die ouens weeg.
Nou ja, ek mag nie se waarmee hulle vang nie!, ek sal wel laat uitglip moene soet gaan nie, dan vang jy net kleintjies!
Vis groete
Kobus







.jpg)

.jpg)

.jpg)





Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5
Weet iemand dalk van plekke waar mens kan kamp en visvang by die vaaldam? Daar moet verkieslik geriewe wees en ook krag. Dit is net sleg om so groot dam te sien maar GEEN ordentlik oorde soos wat Jim Fouche was nie. Mans wil vis en vroulief soek geriewe wat skoon en bruikbaar is.
N plek by die vaal dam met krag is maar skaars n plek wat jy kan probeer is oranje ville maar onthou dit is visvang geriewe nie n 5 ster kamp nie ons gaan soentoe maar partymaal as die kamp vol is is daar nie genoeg warm water nie die oord moet jy maar eers uitkyk en self besluit maar vir die vis vang gedeelte is dit lekker nog n plek is die rau gronde maar daar is nie krag maar die vis is volop
HIER GAAN ONS ALWEER
le