Gesels saam op die WegSleep forum.

Top 10 Oorde - 2011 / 2012

Gesels saam op die WegSleep forum.
Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1024
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 Kom ons kyk of ons n Top 10 kan saamstel volgens voorkeur.

 

Nie almal was laas jaar 10 of meer kere weg nie, so noem maar wat jy kan. Ek sal dan die Top 10 saamstel volgens n rating.

Hier is my lys om mee te begin:

 

1. ATKV Eiland Spa (10 Punte)

2. Sondela (9 Punte)

3. Silverrocks (8 Punte)

4. Mbizi (7 Punte)

5. Klein Paradys (6 Punte)

6. Dube (5 Punte)

7. Mabalingwe (4 Punte)

8. Edenpark (3 Punte)

9. Tranquils Nest (2 Punte)

10. Lochvaal (1 Punt)

 

Ek was net by 7 plekke, so dus my lys. So kom speel saam en lys jou lysie sodat ons kan sien wie is die Top Oorde.

 

Tjailatyd
Diknek
Aangesluit: 26/11/2010
Inskrywings: 897
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n 2009 Mazda BT50 3L Diesel

Goed dan, hier is ons sin ook:

1.  Bosfontein 

2.  Silver Rocks

3.  Sondela

4.  Dube

5.  Klein Paradys

6.  Gariep Dam

7.  Klipdraai

8.  Nature's Gate

Dit is al waar ons was hierdie jaar, en die res van die tyd by Kammaland.  Ek het nie punte toegeken nie maar het die kampe so min of meer in die volgorde van keuse gesit.  Die eerste 3 is vir ons al drie 10 punte werd.

 

 Groete

Johnny & Rachel

Germiston

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2502
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

 Scottburgh 9

Karoo Nasionale Park 10

Rondeberg 9

Glentana 8

Avatara (Van Zylsrus) 8

Vloedbos 7 

Leentjiesklip 8

Forever resorts Gariep 7

Forever Resorts Plettenbergbaai 8

Andre Smit
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1430
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kemptonpark, Gauteng

 Hi Eben,

Ek neem aan jou punte is gebasseer as 'n punt uit 10 wat mens vir 'n oord toeken.

As my afleiding korrek is wil ek graag so deelneem anders ignoreer asb my inset.

ATKV Klein Kariba - 9 uit 10

Skukuza 7 uit 10

Onder Sabie 7 uit 10

ATKV Natalia - 8 uit 10

Badplaas 7 uit 10

Ek het 'n vermoede ek piets die bal mis maar kyk maar of jy my goeters kan gebruik

Groete


Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1024
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

Die punte is soos F1 styl. so sit die oorde in die volgorde van jou voorkeur, Dus kry jou No.1 oord 10 Punte, en jou No. 10 oord net 1 punt.

 

So kan n lys dan saamgestel word.

 

@ Tyro en Andre, edit asb jou post en sit net die oorde in volgorde van voorkeur.

Gyfie
Super sleper
Aangesluit: 08/04/2010
Inskrywings: 521
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartebeespoort Dam
Ek sleep 'n Sprite Supersport met 'n Jeep Cherokee 3.7L 4x4

Hey Eben, voorspoed vir die nuwe jaar vir julle.

Waarop basseer jy jou punte toediening? Is dit gebasseer op die fasiliteite, persoonlikke ervaring, waarde vir geld of n kombinasie?

Jammer jy gee vir Mabalingwe so min punte, en Mbizi so baie

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4707
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

ATKV Hartenbos
Karoo N/Park
Bosfontein
Silver Rocks
Kleinparadys
Riverside Ritchie
Gariep
Shangrila Inniebos
Edenpark

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1024
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 @ Gyfie,

 

Selle vir jou. Die punte is net in Rang orde en niks meer nie. Dus, Mabalingwe was vir ons die oord wat ons die minste geniet het. Ek het twee oorde vergeet, so ek het hulle ook nou bygesit.

 

Mbizi was vir ons n lekker oord. Dit gaan oor die algehele ervaring vir jou van beste na swakste.  ounte word so toegken.

 

1. - 10 Punte

2. - 9 Punte

3. - 8 Punte

4. - 7 Punte

5. - 6 Punte

6. - 5 Punte

7. - 4 Punte

8. - 3 Punte

9. - 2 Punte

10. - 1 Punt

Andre Smit
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1430
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kemptonpark, Gauteng

Ebenhaeser wrote:

@ Tyro en Andre, edit asb jou post en sit net die oorde in volgorde van voorkeur.

Maak so Makker en verskoon maar die platkoppigheid.

Klein Kariba - 10

Bosfontein - 9

Scotties - 8

Badplaas - 7

Mabalingwe - 6

Skukuza - 5

Onder Sabie - 4

ATKV Natalia - 3

Tempel - 2

Mbizi - 1


jacquez haywood
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 18/07/2011
Inskrywings: 123
Gebruiker van lyn af.
Plek: Edenvale
Ek sleep 'n Gypsey Raven met 'n 2.5 Nissan Navara Dubbel kajuit

Hier is my lys vir 2011

Scottburg - 10 punte

Dube - 9 punte

Atlanta holiday resort  - 8 punte

Dolphin holiday resort  Ballito -  7 punte

Sondela - 6 punte

Klein kariba - 5 punte

Protea hotel karridene -4 punte

Mbizi -3 punte

Niks lekkerder as kamp saam met geliefdes

Tyro
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2502
Gebruiker van lyn af.
Plek: Nelspruit

 Scottburgh 10

Karoo Nasionale Park 10

Rondeberg 9

Glentana 8

Avatara (Van Zylsrus) 8

Leentjiesklip 8

Forever Resorts Plettenbergbaai 8

Forever resorts Gariep 7

Vloedbos 7 

Hoop dis beter?

Diederik
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 99
Gebruiker van lyn af.

Hier is my toevoeging

Drie Berge 9

Scottburgh 8

Kleinparadys Brits 8

Atlanta 7

Dube 6

Klein Kariba 6

Buffelspoort 6

Pilansberg Manyane 8

Sondela 9

Diederik

wit plakker
Super sleper
Aangesluit: 04/01/2010
Inskrywings: 427
Gebruiker van lyn af.
Plek: pretoria
Ek sleep 'n gypsey 4 met 'n isuzu 300tdi Lx 4x4

atkv eiland - 10

bosfontein - 9

sondela - 8

thaba morula - 7

mbizi - 6

sondela - 5

klein paradys (britz) - 4

scotbourgh - 3

klein papadys  (warmbad) -2

el rancho grande - 1

ek wil graag hierdie jaar rondeberg (clainwilliam) by my planne inwerk.   ek het gehoor dit is beeldskoon daar.

 

groete

edward

Lord Farquart
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 04/01/2012
Inskrywings: 141
Gebruiker van lyn af.
Plek: Midstream

 Buffelsbaai - 10

Sondela - 9

Stormsrivier mond - 8

Gariep - 7

Van Stadensrivier mond - 6

Koelbaai (aka Koggelbaai) - 5

Khamkirri Noord kaap - 4

 

 

Die Oog Naboomspruit - 1

 

 

 Groete

Martin

Wegbreker
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2011
Inskrywings: 399
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Ek noem die oorde in volgorde hoe ons en die kinders dit geniet en nie juis volgens fasilitieite nie.

Dis waar ons graag gaan uitspan as dit nie heeltemal in die bos is nie

1. Sodwana

2. Dube

3. Klein Paradys Brits

4. El Rancho Grande

5. Bosfontein

6. Cape Vidal

7. Mbizi

8. St Lucia

9. ATKV Natalia

10. Warmbad

 

Nooit weer nie:

Omaramba

De Rust

 

 

 

Wanneer die lewe jou 'n suurlemoen gee, kry die Tequila en sout.

Pieter Rheeder
Ou hand
Aangesluit: 31/03/2011
Inskrywings: 215
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

Dit is interessant om te sien hoe uiteenlopend almal se ervarings was by sommige oorde.

Ek het nog nooit daaraan geglo dat enigiets volpunte kan verdien nie omdat daar volgens my niks is wat 100% kan wees nie.

Sal my lys nog evalueer en later op die forum plaas.

Voorspoedig sleep!

Pieter Rheeder & Denese Eloff-Rheeder

Sleepding: 2009 Chev Captiva

Sleepsel: 2009 Sprite Swing

Wegbreker
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2011
Inskrywings: 399
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Ebenhaeser,

Ek dink dis een van die lekkerste oorde, veral in die wintermaande, dis net verder as die ander

Niks fout daarmee nie. As ons will weggaan vir 'n week, sal ons en die kinders eerste Sodwana noem, dis hoekom hy bo aan die lys is, (of Cape Cidal, of Kosibaai)

As ons vir 'n naweek naby wil weggaan, noem almal Dube, want dis lekker om met die fietse tussen die diere te ry en die kinders bly besig, dan, stilte vir ons en lekker speel vir die kinders is El Rancho Grande, vir 'n alternatief, Klein Paradys want dis mooi daar en die kinders hou van die kanos en die Sondagoogend stil piekniek in die tuin.

So gaan dit aan tot by Warmbad, wat sekerlik nie die beste oord is vir gewone kampers nie maar die kiddies is mal oor die glybane en ma kan 'n lekker massering kry, die warmwater swembad is selfs in die winteraande lekker, ens.

Ek hoop dit antwoord jou vraag.

Wanneer die lewe jou 'n suurlemoen gee, kry die Tequila en sout.

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1024
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 Dankie Wegbreker!!!

 

Ek wens eintlik dat ATKV vir Warmbad koop by Forever Resorts. Dit sal sekerlik sorg dat daardie oord weer omswaai in die oord wat dit was. ATKV limiet ook dagbesoekers en laat net lede toe.

Lord Farquart
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 04/01/2012
Inskrywings: 141
Gebruiker van lyn af.
Plek: Midstream

Pieter Rheeder wrote:

Dit is interessant om te sien hoe uiteenlopend almal se ervarings was by sommige oorde.

Ek het nog nooit daaraan geglo dat enigiets volpunte kan verdien nie omdat daar volgens my niks is wat 100% kan wees nie.

Sal my lys nog evalueer en later op die forum plaas.

 

Wat is belangrik hier? n Orde ranglys of puntestelsel? Miskien het ek die pot misgesit deur punte toe te ken aan n orde ranglys. Anders sal ek myne moet verander en sekere oorde dieselfde punte gee. Die Oog kan dan n -10 kry.

 Groete

Martin

MarkP
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2011
Inskrywings: 442
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Strata met 'n Mazda 2.5TD

 Hoor hoor Ebenhaeser. Warmbad het so baie om te bied, maar hulle laat te veel dagbesoekers toe en pas nie hulle reels toe nie.

Groete.

Mark.

 

MarkP
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2011
Inskrywings: 442
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Strata met 'n Mazda 2.5TD

Oeps, Duplikaat

Groete.

Mark.

 

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1024
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 @ Lord,

 

Jou naam is snaaks hoor. Inelkgeval, jy sit jou oorde net in volgorde van Goed na Sleg (of Minder goed). Ek sal die punte dan toeken in Rang order.

 

Julle hoef nie die oorde te rate nie. Die rating kom vanself oor wie waar was en dus wat meer populer is en die beste is.

 

As ek so vinnig kyk lyk dit of Sondela and Scottsburg hoog aan die lys gaan le.

Lord Farquart
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 04/01/2012
Inskrywings: 141
Gebruiker van lyn af.
Plek: Midstream

Ebenhaeser wrote:

 @ Lord,

 

Jou naam is snaaks hoor.

 

Die naam kom uit die fliek Shrek. Ek ly aan kort mannetjie sindroom.

 

Ebenhaeser wrote:
 Inelkgeval, jy sit jou oorde net in volgorde van Goed na Sleg (of Minder goed). Ek sal die punte dan toeken in Rang order.

 

Julle hoef nie die oorde te rate nie. Die rating kom vanself oor wie waar was en dus wat meer populer is en die beste is.

 

As ek so vinnig kyk lyk dit of Sondela and Scottsburg hoog aan die lys gaan le.

Goed dan, maar dan moet ons seker die oorde wat ons nooit weer sal besoek uit die lys haal of nie?

 Groete

Martin

JacquesB
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1186
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brackendowns, Alberton
Ek sleep 'n 2004 Blue Series Gypsey Regal met 'n KB 350 Zulu

@Eben,

Is ek reg dat die draad geskep is om te sien watter oorde die mees populerste is onder die kampeerders?

Indien wel, sal dit nie beter wees om net die oorde waarheen jy sal terug gaan hier te noem nie, in orde van graagste na "indien daar plek is sal ek happy wees om daar te gaan staan". 

Jy kan dalk nog 'n draad stig waar die manne kan aandui, in orde natuurlik, waar hulle definitief nie weer wil gaan staan nie. 

Dit behoort ook baie interessant te wees.

Jacques

Don't argue with idiots. They will drag you down to their level then beat you with experience!!

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 836
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Drakensville

Klein Paradys (brits)

Thaba Morula

Bakgatla

Dube

Manyane

Drie Berge

Bosfontein

Klipdraai

Die Oog

Dink dis almal. Sal byvoeg as ek nog kan onthou waar ons die laaste jaar gekamp het. Ek dink 'n groot faktor in top10 oord is dalk die prys. Ek meen jy kan by Klipdraai oor Desember vir R150 'n aand gaan kamp, en by sommige ander oorde teen R400 + per aand. So dan maak dit bietjie van 'n verskil in hoe jy moet vergelyk.

 

 

kamp 

 

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1024
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 @ Jacques,

 

As almal die oorde in rang orde sit, gaan die slegte oorde definitief nie genoeg punte werf nie en sal dus uitgefiltreer word tot onder op die lys.

 

Die finale Top 10, behoort net oorde in te he wat Populer is. Wel so hoop ek.

Lord Farquart
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 04/01/2012
Inskrywings: 141
Gebruiker van lyn af.
Plek: Midstream

Ebenhaeser wrote:

 @ Jacques,

 

As almal die oorde in rang orde sit, gaan die slegte oorde definitief nie genoeg punte werf nie en sal dus uitgefiltreer word tot onder op die lys.

 

Die finale Top 10, behoort net oorde in te he wat Populer is. Wel so hoop ek.

 

Ek is nie so seker daarvan nie. As 10 mense by Klein Paradys was en dit 10 punte gegee het, maar 200 mense was by Die Oog en het dit net 1 punt gegee omdat hulle nooit weer daarheen sal gaan nie, dan gaan Die Oog beter lyk as Klein Paradys. Of verstaan ek verkeerd?

 Groete

Martin

Ebenhaeser
Diknek
Aangesluit: 31/12/2010
Inskrywings: 1024
Gebruiker van lyn af.
Plek: Johannesburg
Ek sleep 'n 2009 Jurgens Penta met 'n 2010 Kia Sorento 2.2 CRDi (A)

 Jy is reg. Kom ons sien wat gebeur. Hopelik was nie te veel ouens hier by Die Oog nie.....lol

 

My gunsteling oord is ATKV Eiland Spa, maar net omdat dit die lekkerste oord vir my was en my lys is die enigste oorde waar ek nog was, want ek kamp nog net van begin 2011 af.

 

Die ouens wat al lank kamp sou heel waarskynlik van die beter oorde hierdie afgelope jaar besoek het.

kwaga
Groentjie
Aangesluit: 18/04/2011
Inskrywings: 38
Gebruiker van lyn af.
Plek: sannieshof

Ek was oor die feestyd vir twee weke by Eiland Spa. Ek kan net se jy moet eers eiland spa toe gaan voor jy besluit watter oord die beste is. Ons is op die hande gedra van dat jy daar stop tot jy ry. Ons is begelei tot by ons staanplek, ons tent is opgelsaan. Die badkamers lyk luukser en  beter as by die meeste 3 ster hotelle. Die ablusiegeriewe word van 6uur die oggend tot 10uur die aand skoongehou. Die mense is heeldag by die swembad vermaak en baie pryse word elke dag uitgedeel. Nee wat ek was al in die wildtuin, klein kariba en noem maar op hul kom nie een naby Eiland Spa nie!!!

 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4707
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Ek het nie al die oorde inag geneem waar ons reeds gekamp het nie, net die oorde vir 2011 want oorde verander baie keer van jaar tot jaar.

Ek sien dit so: hoeveel keer was oord "A" in die eerste plek en "B" en "C" en "D" ook in die eerste plek.

Dan begin jy by hoeveel keer was oord "X, Y en Z" in die twede plek, ens.

Tjailatyd
Diknek
Aangesluit: 26/11/2010
Inskrywings: 897
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n 2009 Mazda BT50 3L Diesel

Ek het ook net oorde gelys waar ons in 2011 gekamp het. 

 

 Groete

Johnny & Rachel

Germiston

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 19 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.