Tambotie Vreugde
Nuwe forum onderwerpe
Baie dankie vir die terugvoering (oom) Ben.
Is die grondpad na die plek so goed soos hulle sê en hoe lyk die sekuriteit daar in die nag?
Die gronpad het biedjie sinkplaat maar was onlangs geskraap. Jou karavaan en gewone platkar sal dit maak. Ry net stadig. Die pad skud darm nie als los nie en ek het so 60kmp/ph met die bakkie gery sonder om te hop.
Ons het heeltemal veilig gevoel alhoewel daar nie wagte by die hek is nie. Die plek is rustig toe ons daar was en ou Frans was maar daar rond.
Lekker kamp.
Big G,
Lekker rustig. Beaam alles wat Benzan geskryf het. Frans het stoele op `n sleepwa gepak en dit gesleep met `n trekker. Ons het agterop gesit en saam gegaan toe hy die diere gaan voer het.




.jpg)

Ek sleep 'n Niks. Kamp met Daktent met 'n 1996 Colt Rodeo 3L 4x4
Hallo Gerrit.
Ek was die naweek wat verby is daar. Lekker gekamp en die ablusies was skoon. Niks om oor huis toe te skryf nie maar ek sal weer gaan.
Frans (die man wat daar werk) het die braaier aangedra en elke dag kom skoonmaak. Sy vrou (Maria) het ook elke dag die badkamers gediens en warm water was geen probleem.
Benzan stuur groete van tent tot tent