Gesels saam op die WegSleep forum.

Polokwane omgewing karavaan oornag opsies

Gesels saam op die WegSleep forum.
Hendrik du Toit
Nuweling
Aangesluit: 18/07/2010
Inskrywings: 6
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Sleeeeeepers

Enige voorstelle vir karavaan oornag kampe rondom Polokane?

Exclusive / LC 200 D4D 

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Hi Hendrik,

Moet julle in Polokwane wees, of is julle dan oppad iewers anders heen?

 

Groete,
Jacques

 


 

Hendrik du Toit
Nuweling
Aangesluit: 18/07/2010
Inskrywings: 6
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Jacques

Ons vertrek einde Maart vanaf Centurion  na Shingwedzi in die wildtuin. Die plan is om so 15:00 te vertrek en dan iewers oor te slaap (verkieslik voor donker). Dit kan voor of na Polokwane wees. Ek baken om ten minste die eerste dag so 300 - 350 km te doen.

 

Exclusive / LC 200 D4D 

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Ah - dit klink lekker Hendrik!

Ek dink sommer vinnig aan Magoebaskloof ruskamp?

Anders sal jy dalk nader aan Naboompruit, Potgietersrus of Phalaborwa omgewing moet kyk. Ek kan nie dink aan iets by Pietersburg nie.

 

Groete,
Jacques


 

Hendrik du Toit
Nuweling
Aangesluit: 18/07/2010
Inskrywings: 6
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Dankie Jacques, sal bietjie kyk.

Exclusive / LC 200 D4D 

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 19 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.