Gesels saam op die WegSleep forum.

Op soek na n nuwe kampplek

Gesels saam op die WegSleep forum.
aoosie
Nuweling
Aangesluit: 08/02/2012
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Fairland
Ek sleep 'n Jurgens Penta met 'n Fortuner

Dagsê Almal,

Ek lees al lankal die tydskrif, maar het vandag eers hier aangesluit en soos sekere mense al genoem het - dit is defnitief verslawend!!!

EK weet hier word baie kampplekke bespreek en ons het al vele kere by baie van hulle gekamp! Ons wil egter in Augustus saam met n nuwe groep vriende (kinders nou in die skool, so baie nuwe pêlle wat belangstel om saam te kamp) vir die lang naweek wegbreek.
Oorde waar ons al by was sluit in Klein Paradys (Brits), Atlanta, Mbizi, Koro-Koro, Mabalingwe, Sondela, Eden, Die Oog en vir Paasnaweek het ons Dube bespreek! Is daar n oord wat uitstaan (of wat ons mis) wat ons defnitief moet besoek, of moet n mens maar by die "tried and trusted" bly? (hoewel ek op die forum lees dat Die Oog en Mbizi maar hulle eie probleme het deesdae!)

Ek sien uit na die terugvoer!

 

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4767
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Hallo Aoosie,

Baie welkom hier.

Ek kan defnitief Bosfontein aanbeveel..... Staan kop en skouers uit bo die res...

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
aoosie
Nuweling
Aangesluit: 08/02/2012
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Fairland
Ek sleep 'n Jurgens Penta met 'n Fortuner

Hi Cheetah,

Baie dankie vir die welkom heet!

Eish, ek het vergeet om Bosfontein te noem...was ook al daar en dit was baie lekker!

Cheetah
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4767
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Probeer ook gerus Sondela...

2003 Renault Sceninc 1.9 dCi (Pa se Kar) 2009 Daihatsu Sirion 1.3 (Ma se Kar) Tentco Nomad Junior Tent (Ons Vakansiehuisie) Nutti Bagasie Sleepwa (Om die Vaksnasiehuisie in te vervoer)
aoosie
Nuweling
Aangesluit: 08/02/2012
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Fairland
Ek sleep 'n Jurgens Penta met 'n Fortuner

Het iemand enige kommentaar oor Monateng?

Hester Kruis
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 137
Gebruiker van lyn af.

Aoosie welkom op die forum. Monateng is skoon netjies en die staanplekke is nie sleg nie redelik gelyk. Annette is die opsigter in die park en sy is baie behupsaam en vriedelik. Jy kan met 'n geruste hart soontoe gaan. Ons het as Benwa baie saamtrekke daar gehou en het nooit 'n probleem met warm water gehad nie en die ablusie altyd skoon en netjies.

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 836
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Jy kan gerus Thaba Morula probeer. Baie lekker en rustig, met baie te doen vir die kinders.

Weet nie hoe groot is julle groep nie, anders kan julle Aeroden probeer, daar is egter net 6 staanplekke. Hulle is ook bietjie duurder.

Ook Shangrila in die bos, wat bietjie duurder is, maar baie mooi. Beide Shangrila en Aeroden het jy privaat ablusies.

Drie berge is ook glad nie sleg nie, nou nie kleinparadys nie, maar heel lekker. Sal dit bo Monateng vat.

kamp 

 

johan loots
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2011
Inskrywings: 149
Gebruiker van lyn af.
Plek: polokwane

 EK EN MA OOK MAAR NOG GROENES. WAS AL BY BOSFONTEIN(LEKKER ONDERDAK SWEMBAD GEEN VISVANG SOOS VOORHEEN GEATVITEER) MOOI EN SKOON ABLUSIES OOK PRIVAAT EN MOOI GROOT ONDER KOELTE STAAN PLEK. WINKELKIE SLEGS OOP OP AANVRAAG BUITE SEISOEN.  EILAND SPA EN WEESGERUS NABY NYLSTROOM IS LEKKER PLEKKE VIR GESIN MET KIDDIES. KOOP VIR JOU N GIDS OOR KAMPPLEKKE BY DIE CNA EK HET EEN EN BEVEEL DIT AAN.

 

 

WELKOM EN GROETE VAN OOMPIE JOHAN HIER IN DIE NOORDE

 

 

Stoffel van Wyk
Diknek
Aangesluit: 24/02/2010
Inskrywings: 1084
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion

Aoosie,

Welkom hier op die forum.

Jy kan ook Thaba Monate probeer.

Pieter Rheeder
Ou hand
Aangesluit: 31/03/2011
Inskrywings: 215
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

aoosie,

Eastco by Magaliesburg is die moeite werd. Kan `n bietjie visvang daar en ook gaan quad ry, met jou eie een natuurlik.

Voorspoedig sleep!

Pieter Rheeder & Denese Eloff-Rheeder

Sleepding: 2009 Chev Captiva

Sleepsel: 2009 Sprite Swing

JCKorf
Ou hand
Aangesluit: 01/09/2010
Inskrywings: 204
Gebruiker van lyn af.
Plek: Springs
Ek sleep 'n Exclusive Autumn met 'n Ford Ranger 3.2 DC Auto 2x4

Aoose, welkom hier.

Bass Lake Lodge is defnitief 'n probeer werd en boonop baie naby an Pretoria.

Groetnis

Jaques

Blesbok
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 02/05/2010
Inskrywings: 126
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Gyspey Regal met 'n Ford 2.5 Turbo Diesel Dubbelkajuit

Probeer gerus Klein Paradys (Nylstroom) en Bosfontein.  Ek dink jy sal weer en weer teruggaan. Dit is regtig "a little peace of paradise" by beide

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 17 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.