MARULA MOUNTAIN VILLAGE - BELA BELA
Nuwe forum onderwerpe
Was al daar, en sal dit nie sommer aanbeveel, ry eerder 'n ent verder op die Nystroom pad en gaan Thaba Monate toe, baie nice.
Groete
Ons het al 'n paar keer by Marula Mountain Village gekamp. Kyk, dit is nou nie die mees "upmarket" oord nie. Inteendeel. Maar die geriewe is skoon en netjies en die oord word goed bestuur. Probleme word dadelik aangespreek.
En die voordeel is dat dit slegs 8 km buite Bela Bela is, waar al die nodige geriewe is. Op die oord self kan mens lekker op in die berg gaan rondstap, waar daar nogal verbasend baie wild is.
Ons was begin Desember 2011 daar, en alles was stil, skoon en rustig.
Hulle sê hulle staanplekke is net 9 x 9m en hulle ken nie staanplekke toe nie, so dan kan ek 'n probleem kry as ons eers 22 Desember daar wil opdaag ?





Ek was Desember 2011 daar. Oor die algemeen n lekker oord . Van die 18 dae wat ek daar was
is ek net een keer gestop om my permit te wys, so die dag besoekers lyk my kon
maar kom en gaan soos hulle wil , wat nogal vir my n probleem was.