Gesels saam op die WegSleep forum.

MARAKELE-NAS PARK

Gesels saam op die WegSleep forum.
johan loots
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2011
Inskrywings: 149
Gebruiker van lyn af.
Plek: polokwane

 GAAN AUG 2012 NA GENOEMDE PARK MET N MAHINDRA BOLERO. WIL GRAAG MEER WEET OOR PAAIE IN DIE PARK EN ANDER BESONDERHEDE; TOEGANGPAD NA KAMPEERPLEK. EK EN MY DOLLA(VROU) BESOEK DIE PARK 6-12AUG2012 IS. STAANPLEKKE GELYK ENS. HET SOPAS N JURGENS CAMP LITE TRAILER AANGEPAS. KOMMENTAAR EN RAAD ASB.

 

 

BLACKIE
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 06/11/2011
Inskrywings: 122
Gebruiker van lyn af.
Plek: RANDFONTEIN

 Johan julle kan maar gerus gaan, die kamplek is pragtig met baie mooi ablusie geriewe, die paaie is grondpad, maar jy kan met 'n gewone sedan motor daarop ry, dit word gereeld geskraap en mooi in stand gehou, daar is ook 'n teerpaadjie wat jou teen die berg op vat en jou 'n pragtige asemrowende uitsig oor die park bied.Eksal dit egter nie aan beveel as iemand in jou familie aan hoogte vrees ly nie, want hy sal of heeltemal genees wees daarvan of jy gaan hom met 'n helikopter daar laat afvlieg. Daar is baie wild en hulle is redelik mak, die volstruise en renosters kom wei sommer in die kamp rond.

 Die tyd wat jy gaan is ook perfek wat dan is dit ook nog nie so warm nie en die nagte is nog lekker koel, in die somer kan die ysterberg nogal erg warm raak. Ek beplan ook self 'n lekker winterkamp by Marakele, ek moet nog op 'n datum besluit, maar Marakele is op ons lysie van weer en weer besoek.

 Julle gaan dit beslis geniet, maar laat weet gerus hier oor julle ondervinding daar.

 LAAT DIT REEN OP JOU PLAAS.

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 487
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Johan. Vir my die lekker staanplekke is in die omgewing van die bo ablusieblok. Maw die een verste van die ingang. Jou uitsig oor die oop veld in die rigting van die watergat is goed en die teen die grens  is onbelemmerd. Geen drade tussen jou en die natuur nie. Moenie skrik as die renosters net buite jou tent kom wei nie.

Geniet

 

johan loots
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2011
Inskrywings: 149
Gebruiker van lyn af.
Plek: polokwane

BAIE DANKIE VIR DIE VINNIGE ANTWOORDE. WAS NOGAL BEKOMMERD OOR DIE PAAIE.MY STAANPLEK IS CK6P HOOP MAAR VIR DIE BESTE. SIEN NOGAL UIT .

 

 

johan loots
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2011
Inskrywings: 149
Gebruiker van lyn af.
Plek: polokwane

 HOOGTE VREES JA EKKE MAAR WAS AL HEELBO OP MARIEPSKOP EN DIT WAS ERG DANKIE HOOP ONS SIEN JULLE DAAR

 

 

Hester Kruis
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 137
Gebruiker van lyn af.

Ek is nogal bly oor die positiewe terug voer oor Marekele. Ons beoog om so vanaf die 10de tot die 13de Junie soontoe te gaan. Ons was mos nou nie eintlik soos hulle se "Wildtuin mense" nie. Maar was in Januarie by Satara en nou het die gogga gebyt sommer by Orpen my Wildcard gekoop maar sukkel om plek te kry in Augustus by Satara. Maar gelukkig is dit nog lank en bel maar elke 2de dag. Hou maar duim vas vir 'n kansellasie

Wessel JS
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 10/05/2011
Inskrywings: 126
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Beste Johan

Julle gaan Marakele geniet. Jy kan jou staanplek kies, die nommer wat jy noem, is bloot Nasionale parke se verwysingnr vir kampeerplekke. Die "P" beteken powerpoint by staanplek. 

Groete

Wessel

johan loots
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2011
Inskrywings: 149
Gebruiker van lyn af.
Plek: polokwane

 ja nkp probeer maar moed opgegee toe lees ek van marakele en bespreek en kry toe regtig plek. klaar betaal en tent traieler en vrieskas gekoop. amper verniet n fours by foors gekoop maar danksy julle terugvoer nie een gekoop nie. dankie weereens aan almal se terugvoeer. ek en dolla kan nie meer wag nie en het reeds die trialer gister opgeslaanl en laasnag daarin geslaap.

 

 

BLACKIE
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 06/11/2011
Inskrywings: 122
Gebruiker van lyn af.
Plek: RANDFONTEIN

 HESTER

Julle kan maar met 'n geruste hart gaan, die omgewing is baie mooi en die wild is volop, net by die watergat naby die kamp, sien jy al klaar sommer 'n hele paar verskillende boksoorte en tot Zebras en vlakvarke, jy kan met jou eie voertuig in die park rondry en het nie nodig om vir 'n wildrit te gaan nie. Die park is in twee dele verdeel met die Olifante en Leeus aan die berg se kant van die park, ons het nou wel nie die olifante gesien nie,maar glo vir my, hulle is daar, die vars mis le oral rond. Die paadjie teen die berg op is wel geteer maar baie smal en dit kos mooi korrel en verby skuur as daar 'n ander voertuig van voor af kom, maar die rit op en af is die moeite werd, dis baie mooi daar bo en jy kan vir myle ver sien.

Gaan beslis en geniet dit.

 LAAT DIT REEN OP JOU PLAAS.

Hester Kruis
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 137
Gebruiker van lyn af.

Blackie

Ons gaan beslis so maak en ek ken van op die berg op ry want my kinders bly in Thabazimbie maar het nog nooit daar gaan kamp nie. Sal beslis gaan.

Dankie vir die inligting.

Groete

willie Rautenbach
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Supersport met 'n Nissan hardbody

Hi Johan,

Marakele "BO" Het twee keer met ons gebeur dat die Renosters die heel nag agter ons Karavaan kom slaap het. Het al `n draad oor dit op die forum gehad!!  ek hoor hulle se dat daar Leeus en Olifante aan die berg se kant is. Het hulle egter nog nooit gesien nie.  Al die kere wat ons daar was nog net Olifantmis gesien.

Groete
 

Willie

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 487
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Ons het al die leeus gehoor in die nag. Hulle was naby die hek tussen die noord en suid deel. Blykbaar maak hulle gereeld 'n draai daar.

Groete

 

johan loots
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2011
Inskrywings: 149
Gebruiker van lyn af.
Plek: polokwane

 maar versigtig vi die langneuse grootvoete. hou maar altyd my afstand met my luck kry ek hulle so die vierde dag  om die eerste draai. leeus se gebrul in die nag dis waaroor dit gaan. renosters ens welkom om langs ons tetn te kom slaap. ai kan nie meer wag om te gaan nie. hoop om van julle en ander daar raak te kamp.

 

KAMP GROETE,

                          JOHAN EN HESTER(DIE DOLLA)

 

 

JacquesR
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3927
Gebruiker van lyn af.
Plek: Rooihuiskraal Noord, Centurion
Ek sleep 'n 2007 Sprite Swing met 'n 2004 Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4 d/k of 'n 2011 Kia Sportage 2.0

Johan,

Lekker terugvoer wat jy alreeds hier gekry het. Lees ook gerus my verslaggie hier:

http://www.wegsleep.co.za/se-jou-se/forum/terugvoer_oor_kampplekke/limpopo/bontle_kamp_marakele_nasionale_park

 

Groete,
Jacques

 


 

willie Rautenbach
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 278
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Supersport met 'n Nissan hardbody

Haai julle,

Net vir interresantheid, so twee jaar gelede het my buurman en sy vrou buite op `n kombers gele en slaap gdurende die dag. Hulle is wakkergemaak deur `n Renoster wat langs hulle geloop en gras vreet het. Nodeloos om te se hulle was redelik gestres. Ek het hulle ongelukkig nie by die naam geken nie maar as hulle op die Forum sou wees kan hulle julle self vertel.

Groete

Willie

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 15 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.