Gesels saam op die WegSleep forum.

Lekkerste kampplek ooit

Gesels saam op die WegSleep forum.
campergirl
Nuweling
Aangesluit: 05/02/2012
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: graskop

 Ons het onlangs by Nylstroom lodge gaan kamp, was dit nou vir jou die lekkerste ervaring wat ons nog gehad het!

Die lodge het nuwe eienaars wat die plekkie regtig in tip top kondisie hou.

Die mense is veeslik vriendelik en nie een van die ander vakansiegangers of ons het ooit gekla oor enige iets nie, want dit was nie nodig nie, alles was perfek. Ek was eers skepties gewees, maar my verwagtinge was oortref gewees. Ek was regtig verbaas om te sien watse potensiaal die plekkie alles het. Dit is regtig n ervaring as jy wil wegbreek van die stad se rumoer.

Hulle het n onderdak swembad en koue swembad, quadbike trails, visvang, paintball, jacuzzi, kroeg en n snoepie, dit is selfsorg eenhede en die lekkerste kampplek, groot koelte bome en mooi groen gras met krag, die ablusie het my asem weg geslaan, ek sal elke keer eerder na hulle toe gaan en hulle ondersteun en ek weet ek kry die regte waarde vir my prys wat ek betaal, en dit is glad nie eers duur nie. by ander plekke betaal jy jou ore van jou kop af, dan is die mense by ontvangs ongeskik, die skoonmakers is nors en dit is net nie n lekker ervaring nie, MAAR by Nylstroom lodge was ek net regtig verbaas, dit was die lekkerste naweek ooit gewees.

Die lodge is so 20km buite nylstroom.

Gaan gerus na hulle website en kyk wat hul als daar het. Die website is glad nie misleidend soos ander oorde s'n nie. Alles wat op hul website is, is regtig so.

www.nylstroomlodge.co.za

Ek sal enige tyd hierdie lodge aan enige iemand voorstel, sover is dit die eerste plekkie wat my verwagtinge so oortref het!

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 487
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Middag Campergirl.

Wow ! Dit klik absoluut vantastogories.

Na jou mening wat is die ander  top 9 oorde wat jy onlangs besoek het?

Groete

 

 

Perdeby
Diknek
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 846
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kilnerpark Pretoria

Dankie vir die inlgting, dit lyk baie goed.

Groete

Johan en Marthie van der Merwe.

Pieter Rheeder
Ou hand
Aangesluit: 31/03/2011
Inskrywings: 215
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park

Campergirl,

Dankie vir die terugvoering. Jy het egter nagalaat om oor die belangrikste aspek naamlik sekuriteit te rapporteer. 

Voorspoedig sleep!

Pieter Rheeder & Denese Eloff-Rheeder

Sleepding: 2009 Chev Captiva

Sleepsel: 2009 Sprite Swing

chris dupreez
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 28/11/2011
Inskrywings: 61
Gebruiker van lyn af.
Plek: PRETORIA FLORAUNA
Ek sleep 'n Gypsey Regal met 'n Isuzu KB 300LX

Hallo Campergirl, is jy deel van die bestuur van die van Nylstroom lodge

chris dupreez
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 28/11/2011
Inskrywings: 61
Gebruiker van lyn af.
Plek: PRETORIA FLORAUNA
Ek sleep 'n Gypsey Regal met 'n Isuzu KB 300LX

Hallo Campergirl, is jy deel van die bestuur van die van Nylstroom lodge

Gyfie
Super sleper
Aangesluit: 08/04/2010
Inskrywings: 521
Gebruiker van lyn af.
Plek: Hartebeespoort Dam
Ek sleep 'n Sprite Supersport met 'n Jeep Cherokee 3.7L 4x4

Hier is 'n slang in die gras. Geen persoon sal nuut op forum aansluit en sommer 'n plek so prys nie. Miskien is dit die eienaar/bestuurder self wat bietjie gratis advertensie soek

JohanL
Ou hand
Aangesluit: 28/01/2010
Inskrywings: 166
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Gauteng
Ek sleep 'n 2011 Classique met 'n 2011 X3 3.5i

Ek weet ook nie of ek hierdie een vertrou nie...

Die badkamers op die website lyk nie so wonderlik soos sy dit uitmaak nie....

 Kamp is koning.....

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 836
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Moeilike een hierdie, miskien is dit maar net iemand wat graag hul ervaring met ons wil deel. maar kom ons kyk wat lyk verdag.

Heeltemal te veel inligting tov van alle aktiwiteite en bestuur ens. En baie min oor die kamplek self.

Kortliks word ons vertel hoe billik is die pryse, daar is nuwe bestuur en dit is wonderlik.

Nou hier in Des was daar ook 'n draad geskep onder kamplekke in Limpopo. Ook 'n nuwe gebruiker met een inskrywing en nog nooit weer 'n inskrywing gemaak nie. Gaan lees gerus die draad. Kortliks wat daar geskryf word. Nuwe bestuur, die pryse is billik en dit is wonderlik. Ook meer van die oord en chalets genoem as die kampplek self. HEHEHE klink vir my maar na dieselfde persoon.

So as dit nou die oord of hulle kennisse self is, wat baie moontlik lyk, net so een of twee tips. Kom hier, se dat jy die oord eienaar is. Vertel ons wat julle alles gedoen het en probeer verbeter, vra vir mense om gerus 'n draai te kom maak en hul kommentaar te lewer en self idees te gee oor wat verbeter kan word.

Maar as jy hier met truuks kom en mense se intelligensie probeer onderskat, dan sal mense sommer aspris negatief wees oor die oord. En dan gaan die free advertising dalk backfire. ja mens kan self nou nog kom jammer se eerder as om verder te wil ontken.

 

So wat dink ek van wat ek op die webtuiste sien. Konferensies?(word daar parties gehou met musiek en drank by die geleenthede)  Quad bikes? Klink na rustige wegbreek .

Billike pryse? R90 per persoon per nag LAAG SEISOEN? Pa, ma, twee kinders uit die skool en twee in die skool werk dan R500 per nag uit vir kamp in laag seisoen?  BILLIK? R1000 vir 'n gewone naweek?

Kom ons se net pa, ma en twee kinders, R320 per nag laag seisoen. So R620 vir 'n naweek? Jy kan by plekke soos Klein paradys teen R600 per naweek gaan kamp met jou eie privaat ablusie. Ek ken baie smart oorde wat goedkoper is as daai vir 'n gewone naweek.

So waaraan meet jy hierdie Billike pryse? En wat is die oorde waar volgens jou mens jou ore van jou kop af betaal se pryse vir 'n naweek in vergelyking met hierdie plek sin?

kamp 

 

Harry Du Randt
Diknek
Aangesluit: 13/01/2012
Inskrywings: 797
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vereeniging
Ek sleep 'n Venter met 'n Mercedes Sprinter of Hi-Lux D4D d/c 3L

Miskien moet ons kyk en sien wat se die ander kampers, wat ook al daar was, van die plek. Ek sien die pryse wat gegee is, is tot en met Maart 2012, so binne minder as 'n maand gaan die pryse waarskynlik weer op.

Die plek is waarskynlik al 'n langtyd oop, en sal daar baie mense wees wat al daar gekamp het.. Al was dit dan onder die ou bestuur.

So laat ons hoor van die ander mense ook. Ek se ook nie ek glo nie wat ek hoor nie. Hoe meer mesne oor die plek praat, hoe beter is dit om om 'n besluit oor die plek te neem. Die beste is seker om self daarna toe gaan en self te kyk (dit is nou as jy naby is)

Campergirl het nog nie weer iets gese nie. Wanneer was die "onlangs daar gekamp" en hoe lank het julle daar gekamp. Wanneer het die nuwe eienaars oorgevat. Ek sal graag wil gaan kyk maar wag eers op meer reaksie oor die plek (ver om te ry en net te gaan kyk).

Groete en lekker kamp

Harry

Spiderman
Diknek
Aangesluit: 14/10/2011
Inskrywings: 836
Gebruiker van lyn af.
Plek: Spinnerakfontein
Ek sleep 'n Mot met 'n Spinnerak

Campergirl het net een ander inskrywing. Dit is op die Top 10 oorde draad waar mense se wat is hulle gunstelling oorde van die laaste jaar. Weereens het sy geen inligting oor enige van hierdie "ander" oorde gegee nie maar net die volgende gese.

campergirl wrote:

 Hallo, ek lees nou deur al julle gunstelinge. 

Maar het een van julle al Nylstroom Lodge probeer?

Nee wat ek is seker dit is iemand wat gratis advertensie wil doen. En soos ek se moet hulle oppas dat dit nie backfire nie. Miskien is dit wel 'n nice plek, maar as jy moet "stories" wil kom, dan gaan die mense jou boikot.

kamp 

 

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1878
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Dit is jammer as dit dalk van die oord se mense is wat gou iets kom plaas as advertensie, Daar sal wel iewers iemand wees wat die waarheid ken, hoop hulle laat weet of dit so goed is.

Groete

HPJV RENSBURG

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Spaaidie, ek het die draad gelees net nadat dit geplaas was, maar was nie aangeteken om iets te kon sê nie, maar dit was ook my eerste gedagte dat iets nie pluis is nie, en nat daarna toe kom die ander draad se plasing. Ek het my maar weerhou van kommentaar, is deesdae te gereeld "in die sop"!!!!! maar ek vertou hierdie plasing glad nie. Hier kom nou heel dikwels sulke tipe plasings, wat die moddermaker dalk bietjie moet navors, in diepte ondersoek en indien nodig, verwyder.

My 2c

Alyd egte kampgroete.

Frans

NS: Dit is ook 'n baie snaakse manier van op die forum inskakel, geen sleepvoertuig of sleepsel, geenn "groet of dagsê" en geen "koebaai"!!! smaak my "geen maniere"!!

 

 

 

Boma
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 10/12/2011
Inskrywings: 59
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n 84' Sprite Sport met 'n Isuzu KB280DTi

Ek sien 'n nuwe ding wat kop uitsteek by oorde, is die "UNDER 12" (11 jaar en jonger) vir 'n prys van R70 soos nou. Bepaal die oord dan nou dat enige kind van 12 jaar en ouer 'n volwassene is?

Soos Spiderman noem/ vra waar kom die billikke pryse in. Ek is ook glad nie bereid om die pryse per nag te betaal nie. Daar is beter oorde met meer BILLIKKE PRYSE!

 

Pieter

 

 

Tommie Caroto
Ou hand
Aangesluit: 22/10/2010
Inskrywings: 173
Gebruiker van lyn af.
Plek: Witrivier, Mpumalanga
Ek sleep 'n Gypsey Rascal / Offroad trailer met 'n Mazda 2.5TD

Ek sluk maar swaar aan die een !!!!

TC

BULLS groete, Hou die rubber op die teer

 

Jakkals 007
Super sleper
Aangesluit: 08/07/2010
Inskrywings: 548
Gebruiker van lyn af.
Plek: Komatipoort
Ek sleep 'n Sprite Swift met 'n Nissan Navara

Lyk maar vir my ook baie verdag. Stem saam met Spiderman dat hierdie gratis advertensie dalk gaan terugkom om jou te byt waar dit minder aangenaam is.

Hou die blink kant bo en groete van staanplek tot staanplek

Jacques

Damduiker
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 26/09/2011
Inskrywings: 116
Gebruiker van lyn af.
Plek: Petoors

Lyk vir my of die "advertensie" ge-"copy" en ge-"paste" is. Hoekom is die agtergrond grys?

Kampklong
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 487
Gebruiker van lyn af.
Plek: Ons is tans waar die woonwa staan.

Ek wag nog op haar keuse van ander oorde.

Sy hou seker nie van my nie.

Harry Du Randt
Diknek
Aangesluit: 13/01/2012
Inskrywings: 797
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vereeniging
Ek sleep 'n Venter met 'n Mercedes Sprinter of Hi-Lux D4D d/c 3L

Hi Almal

Ek het 'n paar e-poste aan die nuwe eienaars James en Sanet Mubrgh gestuur. Hulle het hulle almal gereageer. Hulle is die nuwe eienaar en het Lodge oorgeneem op 1 November 2011. Ek wou by hulle weet of hulle enige iets van die "Campergirl" weet.

Sanet het vir my per e-pos laat weet dat hulle glad nie die plasing gedoen het nie. Hulle was ook nie bewus daarvan nie. Hulle weet ook nie wie die "Campergirl" is nie. Sy se ook dat sy nie glo dat dit een van hulle werkers kan wees nie.

Ek hoop dit gee meer duidelikheid oor die onderwerp. Ek gaan ook nie meer enige komentaar lewer oor die "campergirl' nie. As sy wou, sou sy alweer met ons gepraat het. Ek glo ook nie dit is regtig iemand wat kamp nie anders sou sy op 'n ander draad "10 kamp plekke" meer kamp plekke genoem het.

Groete en lekker kamp

Harry

Sanet Myburgh
Nuweling
Aangesluit: 06/02/2012
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: Modimolle

Hi Almal

Ek en my man(James & Sanet Myburgh) het Nylstroom Lodge oorgeneem 1 November 2011, ons dra geen kennis van "campergirl" nie en het ook nie self onder 'n skuilnaam probeer om die Lodge te adverteer nie.  Ons is nuut in die tipe besigheid maar ek  is ook ouer as 3 om te weet jy mag nie op hierdie tipe blaaie adverteer nie, en toe ek nog laas gekyk het kon ek lees.  Baie dankie vir almal se menings, dit is lekker as 'n mens darem iewers jou mening kan lig sonder om onderbreek te word.  En die mense wat iets te sê het oor die pryse, mooi gedoen, 'n mens moet altyd kyk vir goedkoper, of dit altyd beter is, dit is die groot vraag. Ons is nou maar eers 3 maande hier besig en probeer elke dag ietsie opknap en verbeter, dit gaan nie in so kort tydjie heeltemal reg wees nie maar ons is geduldig en glo met harde werk, geduld en geloof sal ons kom waar ons wil wees.

Groete

 

 

Sanet Myburgh

Big G
Ou Hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 759
Gebruiker van lyn af.
Plek: Waverley, Pretoria
Ek sleep 'n Sprite Spat met 'n Nissan Hardelyf

Hi Sanet en welkom!

Ek sien op julle website daar is nie 'n verskil in julle laag seisoen en hoog seisoen fooie nie?  Is dit 'n fout?

Groete

Gerrit

Mag die voorspoed jou verveel......

Sanet Myburgh
Nuweling
Aangesluit: 06/02/2012
Inskrywings: 2
Gebruiker van lyn af.
Plek: Modimolle

Hi Gerrit

 

Nee dit is nie 'n fout nie die pryse is heeltemal korrek.

 

Groete

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5715
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Feeutog!

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

johan loots
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 24/11/2011
Inskrywings: 149
Gebruiker van lyn af.
Plek: polokwane

 n mens sal maar moet gaan kyk. nie te veer van pietersburg nie sal maar gaan kyk as ek daar naby verby ry. waar is dit naby Nylstroom. RY BAIE DAAR VERBY. 

 

GREETINGS UIT DIE NOORDE

 

 

John Cooper
Diknek
Aangesluit: 14/12/2009
Inskrywings: 801
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Eloffsdal
Ek sleep 'n Jurgens Classique met 'n Nissan Navara 2.5DCi Outomaties

Karbols wrote:

Ek sien 'n nuwe ding wat kop uitsteek by oorde, is die "UNDER 12" (11 jaar en jonger) vir 'n prys van R70 soos nou. Bepaal die oord dan nou dat enige kind van 12 jaar en ouer 'n volwassene is?

Pieter

 

Hallo Pieter,

Wil net gou die draad kaap vir 'n minuut. Met ons tariewe betaal kinders van 12 en ouer volwasse tariewe. Die rede? Vanaf 12 begin hulle alles uittoets en beproef. Na 29 jaar in die bedryf kan ek getuig dat hulle dan begin toiletpapier natmaak en teen die plafon gooi, gloeilampe uitdraai, kennisgewingsborde omdraai ens - alles in die naam van pret. Dit kos die oord geld. Ons het die tariewe al seker 15 jaar gelede aangepas.

Groete

John Cooper

Ghriespomp
Groentjie
Aangesluit: 29/01/2012
Inskrywings: 15
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Hi Campergirl. Of die Myburghs jou ken of nie en of hulle jou bearbei het of nie, dit is naief om 'n plek aan te prys op 'n forum soos hierdie. Jy skep verwagtinge en as die plek nie daaraan voldoen nie, gaan die Myburghs slae kry.

Op die website word weersprekende inligting gemeld:

“There are 15 x camping sites, 10 with electricity." / Op 'n ander plek: Camping (All stands have electricity).

Nog iets: "Neat modern ablution block for ladies and gents separately, with hot and cold water showers, flush toilets and hand basins.” Hoe modern is 'n storthokkie met 'n buitenste plastiekgordyn met 'n waarborg dat jou plakkies (en klere?) gaan nat word? 

Die geheim! "Don't overpromise! You will be nailed for under-delivery!"    

..op hierdie forum gaan ek 'n paar nippels bykom

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 15 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.