Gesels saam op die WegSleep forum.

Lekker gekamp by Bosfontein

Gesels saam op die WegSleep forum.
Louis B Murray
Nuweling
Aangesluit: 21/12/2011
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Springs

 Het vandag teruggekom van Bosfontein. Wat 'n lieflike kampplek. Dit moet een van die beste bestemmings vir kamp in Suid- Afrika wees. Baie goed ingerig met aktiwiteiete vir almal wat wil en dan ook rustig vir die wat net luilekker wil wees. Sal weer en weer teruggaan. Baie dankie aan Deon en Martie wat uit hul pad gaan om dit so lekker te maak.

Hartelikke Kersgroete aan almal.

Louis en Felicia Murray

 

Louis 

Flip de Wet
Ou hand
Aangesluit: 03/06/2010
Inskrywings: 196
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Hello  Louis en welkom op die Forum - glo jy sal nog lekker hier kuier.

Bly om te hoor van jou lekker kuier.  Ek ken nie die kamp nie.  Waar is dit en hoe lank het jy daar gestaan?  Het jy enige fotos om aan te stuur.

 

Flip

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4707
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Louis en Felicia Murray,

Baie welkom hier op die veslawende Forum.

Flip,

Gaan kyk na die terugvoering onder Limpopo, die plek is nat regs van Warmbad, baie van ons ken Deon en Martie persoonlik, want hy het saam met ons van die WegSleep Forum Saamtrekke by gewoon.  Julle kan gerus daar gaan kamp.

Arie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2655
Gebruiker van lyn af.
Plek: Marekele tot 30 Mei 2012
Ek sleep 'n Penta met 'n Pajero 3.5

Flip, baie welkom op die forum.

Ek het nog net goeie goed van Bosfontein gehoor, bly dat jy dit geniet het!

Van sit en staan, bly le maar die lekerste!

Kamp Groete

Arie

Flip de Wet
Ou hand
Aangesluit: 03/06/2010
Inskrywings: 196
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Dankie Wilsur en Arie - sal hom aanteken vir latere besoek. 

 

Flip

Louis B Murray
Nuweling
Aangesluit: 21/12/2011
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Springs

 Hi Flip

Jammer dat ek nou eers terugkom na jou toe. Gelukkig is daar ander wat ook kan uithelp. Van Warmbad af ry jy tot by die ATKV oord (Klein Kariba) en draai dan regs op die Eersbewoon pad. So ongeveer 6 km aan die linkerkant sal jy die afdraai kry, duidelik gemerk.

Groetnis 

Louis

 

Louis 

Boats
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 2156
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg
Ek sleep 'n 2010 Jurgens Classique met 'n 2010 Toyota Fortuner

Dit gaan by my 'n prioriteit wees om volgende jaar daar te gaan kamp. Ek laaik die terugvoer.

 Sleep groete my Vriende - Pieter en Erika Botha

 

Frikadel
Diknek
Aangesluit: 21/02/2011
Inskrywings: 677
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n Glider sleepwa met kamp gerei of sommer alles bo op die Volksie met 'n Ama Volksie

Boats wrote:

Dit gaan by my 'n prioriteit wees om volgende jaar daar te gaan kamp. Ek laaik die terugvoer.

 

 

 

Louis B Murray
Nuweling
Aangesluit: 21/12/2011
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Springs

 Hi Boats

Jy kan hom Google by Bosfontein.

Groetnis

Louis

 

Louis 

deonh
Ou hand
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 269
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kempton Park
Ek sleep 'n 2007 Jurgens Classique met 'n KIA Sedona, 2009

Boats wrote:

Dit gaan by my 'n prioriteit wees om volgende jaar daar te gaan kamp. Ek laaik die terugvoer.

Gaan beslis ook sommer baie binnekort daar kamp. Ek sien hulle adverteer op p 89 van die jongste wegsleep. Het 'n draai op hulle webblad gaan gooi en dit lyk beslis baie goed. Ek het juis die afgelope vakansie ook net goeie goed van hulle gehoor van ouens wat gereeld daar gaan kamp. www.bosfontein.co.za

Dankie vir die terugvoer.

Mooibly,
Deon

 

WilSur
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 4707
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Maak 'n draai by Deon en Martie, julle sal terugkom met LOF !!!

Flip de Wet
Ou hand
Aangesluit: 03/06/2010
Inskrywings: 196
Gebruiker van lyn af.
Plek: Brits

Baie dankie vir die aanwysings.

 

Flip

Francois Schutte
Ou hand
Aangesluit: 08/08/2011
Inskrywings: 160
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria
Ek sleep 'n Jurgens Penta met 'n BMW X5 3.0D

Het vandag terug gekom van Bosfontein af, werklik baie mooi en uitstekend. badkamers is tops en word heeltyd skoon gehou, 22h00 was werkers nog daar, hulle groet vriendelik en niks raak weg nie!!

Bosfontein personeel uitstekend

Gaan later die jaar weer soontoe, hopelik n lang naweek

Bulle Bo !!!

Rudolph Oosthuzen
Groentjie
Aangesluit: 26/09/2011
Inskrywings: 18
Gebruiker van lyn af.
Plek: Villieria Pretoria
Ek sleep 'n 2003 Penta Gold met 'n Mazda Drifter DC 2500TD

Dagsê almal,

My ondervinding van Bosfontein met ons nuwe karavaan Oktober verlede jaar kan in een woord opgesom word: Fantastiemagoriestonekrullekker! Deon en Martie is "hands-on" en die werkers is op hulle poste en behulpsaam. Ek het voorheen ook gesê dis die kamp waar ek nog die skoonste en mooiste badkamers teëgekom het. Ons beplan ook ons 2012 wegbreek-naweke en Bosfontein is definitief op ons lys.

Sleepstang-groete!

JohanL
Ou hand
Aangesluit: 28/01/2010
Inskrywings: 166
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Gauteng
Ek sleep 'n 2011 Classique met 'n 2011 X3 3.5i

Rudolph,

Enige staanplek no's wat jy kan aanbeveel?  Ek soek 'n plek weg van die geraas af, soek stilte en rustigheid...?

Johan

 Kamp is koning.....

Louis B Murray
Nuweling
Aangesluit: 21/12/2011
Inskrywings: 9
Gebruiker van lyn af.
Plek: Springs

 Hi Johan

Dit is stil en rustig by al die staanplekke. Wanneer jy bespreek, vra net om eenkant te staan dan is jy redelik afgesonder ook. Ek glo hullesal uit hul pad uit gaan om in jou behoefte te voorsien.

Groetnis

 

 

Louis 

JohanL
Ou hand
Aangesluit: 28/01/2010
Inskrywings: 166
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria, Gauteng
Ek sleep 'n 2011 Classique met 'n 2011 X3 3.5i

Baie dankie Louis.

 Kamp is koning.....

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 15 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.