Gesels saam op die WegSleep forum.

Kroonstad

Gesels saam op die WegSleep forum.
Michele Fourie
Nuweling
Aangesluit: 04/10/2011
Inskrywings: 3
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort

Hi almal

Was iemand nou onlangs by Kroonpark in Kroonstad?  My kind moet Desember daar Jukskei speel en ons moet vir 'n week daar bly.  Baie mense sê die plek het baie verswak.  Kan iemand my help asseblief!!

Frans Pretorius
Boffin
Aangesluit: 09/11/2010
Inskrywings: 2178
Gebruiker van lyn af.
Plek: KLERKSDORP

Michele, welkom op die forum!!! Ek was nie nou onlangs daarnie, maar wel so 5 jaar terug, toe was dit al in so 'n verval stadium, dat ek voor die naweek om was reeds padgegee het. Ek het Kroopark besoek in die negentigs, minstens een keer per maand, maar helaas, soos al die oorde wat onder munisipaliteite val, was die agteruitgang vinnig te bespeur.

Indien jy net wil gaan staan ter wille van slaapplek, probeer naby die put-put baan se kant staan, Daardie ablusie was nie te vrot nie, maar bly weg van die swembad area. Was gereeld gebruik vir "byeenomste/afsluitings funksies" en dan is dit "donker nag", van Vrydagmiddag tot Sondagaand!!!

Desember is baie groot probleem met funksies.

Kom ons kyk of iemand van daardie area dalk iets positiefs kan bydra, maar ek twyfel.

Altyd egte kampgroete.

Frans

 

 

 

Anton vdM
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 518
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vereeniging
Ek sleep 'n Slipstream Safari 680 met 'n Jetta 4 2.0L

Bly weg. Bly ver weg.
In die omgewing is daar op 'n plaas kampeerplek.
Ek kan ongelukkig nie nou die plek se naam onthou nie.
Kroonpark is nie meer geskik vir kampering nie.

Hennievr
Boffin
Aangesluit: 12/02/2011
Inskrywings: 1878
Gebruiker van lyn af.
Plek: Germiston
Ek sleep 'n Jurgens exclusive met 'n Toyota/Terrecan

Vriende wat daar wou staan op pad van die Kaap af se dit is baie sleg daar,Hy reken die plakkers kamp sou dalk beter gewees het, was altyd 'n mooi oord.

Maar alle goeie dinge kom op 'n end.

Groete

HPJV RENSBURG

Michele Fourie
Nuweling
Aangesluit: 04/10/2011
Inskrywings: 3
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort

Baie dankie vir julle hulp, Frans, Mr van Rensburg.  Nou weet ek om daar weg te bly.  Sal maar uitkyk vir iets anders.

Baie dankie julle!!

Tando

Hennievr wrote:

...

Maar alle goeie dinge kom op 'n end.

Groete

 

Ditto! Dit is vir my hartverskeurend dat alles so agteruit gaan - maar soos hulle se: 'Adapt Or Die'!

Ski
Boffin
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 1928
Gebruiker van lyn af.
Plek: Mayberrypark Alberton
Ek sleep 'n 2012 Boepens met Tenco Jnr Trailer Tent met 'n 2010 Ssangyong Acton Sport

Daar was altyd nog n park daar ek dink dit was jukskei park gewees. Bel dalk n besigheid daar en vra ek is seker hulle sal jou kan help. Ek het al in 1990 daar getrek.

 

Nico & Claudet Prinsloo

Die bande is rond so kamp so gereeld moontlik

 

Michele Fourie
Nuweling
Aangesluit: 04/10/2011
Inskrywings: 3
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort

Nico & Claudet

Baie dankie! Ek het al daar getry. Dit is soos timeshare daar, jy moet aan die plek behoort.  My naam is op waglys daar.

Maar dankie in anyway!

 

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5715
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Allemanskraal Aventura is nie te ver van Kroonstad af nie en die kampeerterrein is heel aanvaarbaar.

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Ilse Theron
Nuweling
Aangesluit: 16/02/2012
Inskrywings: 1
Gebruiker van lyn af.
Plek: Pretoria

Middag

ek verstaan dat hulle kroonpark opgegradeer het - ons wil graag oor die paasnaweek soontoe gaan - weet jy of dit wel opgegradeer is en of mens weer kan waag om daarheen te gaan.

 

Sibi
Groentjie
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 17
Gebruiker van lyn af.
Plek: Kroonstad
Ek sleep 'n Jurgens Exclusive met 'n 2010 Pajero 3.2 LWB

Ilse ek woon in Kroonstad, maar ek dra geen kennis van enige opgraderings nie. Kroonpark het baie agteruitgegaan, en ek twyfel of julle dit sal geniet en veral oor Paasnaweek. Oor hierdie vakansie-tye word dit ingeneem deur busse vol drinkende rasende menigtes, en niks is veilig nie.

Tans is daar baie kampeerders in Kroonpark wat vir die jaarlikse Jukskei kampioenskappe hier is, maar dis groepe en dis nou stil hier. Ander tye moet jy maar versigtig wees.

Indien julle nie vir spesifieke redes in Kroonstad moet wees nie, kan julle gerus Aldam ( Willem Pretorius Wildtuin ) probeer, so 60km vanaf Kroonstad op die N1, of verby na Parys waar daar ook 'n paar oulike plekke is.

ameul nel
Nuweling
Aangesluit: 20/02/2012
Inskrywings: 7
Gebruiker van lyn af.
Plek: vanderbijlpark

More kan iemand dalk vir my se of die stories dat KAREE KLOOF gaan toemaak waar is

arrie
Expert
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 3232
Gebruiker van lyn af.
Plek: Bethlehem

 Michelle Probeer gerus die juskei park . hulle het bilike verblyf in chalets 

 

Luister na wat gesê word en nie na wie dit sê nie

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 15 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.