Klub Louico
Nuwe forum onderwerpe
Hi daar kampmaters. Nou dat die jaar in volle gang is voel dit al klaar of Desember se ruskans in die verre verlede is. In elk geval ons was vir 'n vinnige wegbreek by Klub Louico net buite Klerksdorp. Wat 'n lekker rustige plek. Ablusies is goed met lekker bome en grasperke. Die kampeerders het ook eie swembad eenkant van die dagbesoekers. Die plek het ook blykbaar die langste "supertube" in Suid -Afrika-'n volle 170m lank.Toe ons in Des daar was het hulle nog biejie gesukkel om die wurm ten volle operasioneel te kry. Weens die geweldige drukking wat nodig is om die water terug by die begin te kry was daar van die waterpype wat bly uitskiet. Ek glo teen die tyd is al die groeipyne uitgesorteer. Prys is baie billik. Teen R160 per jaar word jy 'n lid,dit hou ongewenste persone uit, en daarna slegs R100 per nag. Ons sal beslis weer gaan.
Hallo Ben,ek het nou wraggies die plek se nr verle. Daar is nie vreeslik baie te doen vir die jongspan nie maar daar is darem "putt-putt","paintball",twee swembaddens,'n paar plaasdiere om na te kyk,'n klimraam met swaaie en pooltafels en dan natuurlik die "supertube" Stilfontein golfbaan is net so 10km van daar af as jy dalk 'n golfer is.O ja, amper vergeet ek,as jy baie fyn luister kan jy in die aand leeus hoor brul. Hulle is blykbaar so 3km vandaar.Ons was egter nie daar gewees nie.
Net vir 'n naweek behoort die jongspan nie te verveeld te wees nie. Jy behoort die nr by navrae te kry. Ek sal nog soek aan die kant. Gaan en geniet dit. Jou vrou kan nie meer vol fiemies wees as myne as dit kom by ablusie geriewe nie en myne is bereid om weer te gaan. Vir die prys is dit ook 'n winskoop.
Hoop die inligting kan help.
Ben, Kobus, moenie verder soek nie!
Ben, ek sal vir jou môre 'n roetekaart, GPS ko-oordinate en kontak besonderhede werk se e-pos adres toe stuur, ek doen werk vir hulle en het dit op die rekenaar. Mag dalk nog paar fotos hê van so twee jaar terug, maar het nie van die nuutste verwikkelinge nie.
Wat jy moet doen is sommer so 'n Saterdag te vat en so bietjie in die rigting te ry. Kyk by hulle, Klerksdorp dam waar Annalie van Welkom se vriende se paar weke terug was, en kyk na Wawielpark, waar daar nou ook oor gesels was. Dan is hier by ons nog ook die Faan Meintjes Wildreservaat net buite Klerksdorp, wat ook baie goeie geriewe het, met pragtige swembad vir die somermaande.
Jy kan natuurlik sommer vir ou Fransie ook kom dagsê!!!!! so in die verbyry.
Altyd egte kampgroete.
Frans
Dagse maters
Dankie oom frans ek kyk uit vir daai inligting. Ek was al by wa wiel park wat n lekker plek het so bietjie duur geraak na al hul aanbouings en verbeteringe
Baie dankie
Ben
Ben, naandsê, ek stuur vir jou die bladsy per e-pos na die swartbessie en werk toe.
Groete.
Frans

.jpg)
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5
Hi daar kampmaters. Nou dat die jaar in volle gang is voel dit al klaar of Desember se ruskans in die verre verlede is. In elk geval ons was vir 'n vinnige wegbreek by Klub Louico net buite Klerksdorp. Wat 'n lekker rustige plek. Ablusies is goed met lekker bome en grasperke. Die kampeerders het ook eie swembad eenkant van die dagbesoekers. Die plek het ook blykbaar die langste "supertube" in Suid -Afrika-'n volle 170m lank.Toe ons in Des daar was het hulle nog biejie gesukkel om die wurm ten volle operasioneel te kry. Weens die geweldige drukking wat nodig is om die water terug by die begin te kry was daar van die waterpype wat bly uitskiet. Ek glo teen die tyd is al die groeipyne uitgesorteer. Prys is baie billik. Teen R160 per jaar word jy 'n lid,dit hou ongewenste persone uit, en daarna slegs R100 per nag. Ons sal beslis weer gaan.
dagse kobus
baie dankie vir die inligting se vir my wat se geriewe is daar als en wat is daar om te doen vir die jongspan het jy nie dalk n paar fotos van die plekkie nie en dalk sommer n kontak nr ook wil graag so oor die paasnaweek hom bietjie gaan bekyk
kampgroete
ben
HIER GAAN ONS ALWEER
le