Gesels saam op die WegSleep forum.

Klipdrif Dam

Gesels saam op die WegSleep forum.
Johnathan
Nuweling
Aangesluit: 04/01/2012
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg

Hi Julle,

Was iemand onlangs by die dam, hoe lyk dit daar en watse geriewe is daar.

RoyV
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2010
Inskrywings: 449
Gebruiker van lyn af.
Plek: Robertson
Ek sleep 'n 1999 Sprite Scenic met 'n 2010 Ford 3,0 Supercab

Klink na 'n lekker dam!

You can't please everyone, so you gotta please yourself

Johnathan
Nuweling
Aangesluit: 04/01/2012
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sasolburg

Ja Ja, "as al die damme maar net.........." glo lekker visvang dam as jy die "Klipdrif" by die huis los.Smile

RoyV
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2010
Inskrywings: 449
Gebruiker van lyn af.
Plek: Robertson
Ek sleep 'n 1999 Sprite Scenic met 'n 2010 Ford 3,0 Supercab

Kon hom nie laat verbygaan, Johnathan. Hier van my huis kyk ek vas in tenke vol Klipdrif!

Hoop iemand help jou spoedig.

You can't please everyone, so you gotta please yourself

WilleWillemien
Expert
Aangesluit: 24/11/2009
Inskrywings: 5715
Gebruiker van lyn af.
Plek: Roodepoort
Ek sleep 'n 98 CI Jurgens Escape met 'n 2003 Mitsubishi Pajero 3.2 D-iD. SWB

Waar is die Klipdrifdam?

Dit lyk my die kleur van die water is die lekker ding, Roy?

Rondawel Gasteplaas. Karoo.

Crips
Ou hand
Aangesluit: 18/01/2011
Inskrywings: 181
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sunnyridge, Germiston
Ek sleep 'n 1981 Sprite Sprint met 'n LandRover Defender TD5 D\C

Die dam is naby Potchefstroom.

Wens hy was vol klidrift....

Kamp Groete

Chris de Wet

Crips
Ou hand
Aangesluit: 18/01/2011
Inskrywings: 181
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sunnyridge, Germiston
Ek sleep 'n 1981 Sprite Sprint met 'n LandRover Defender TD5 D\C

Laaste wat ek gehoor het moet jy netnie die vis eet nie, die dam is vol myn afval al vir jare....

Water is baie suur, jou vispenne kry sommer so roes laagie in die eerste paar uur....

 

Edit: Wil net by sê dat die (hierbo) hoorsê is

Kamp Groete

Chris de Wet

Crips
Ou hand
Aangesluit: 18/01/2011
Inskrywings: 181
Gebruiker van lyn af.
Plek: Sunnyridge, Germiston
Ek sleep 'n 1981 Sprite Sprint met 'n LandRover Defender TD5 D\C

Hier is paar skakels om jou lus te maak, jammer ek het geen inligting oor hoe die fasiliteite daar is nie...

http://willndre.co.za/klipdrift-dam/ - Die skakel het kontak besonderhede

http://www.bigdaddybaits.co.za/g3/v1/klipdrift-dam-session/fishing-for-carp-at-klipdrift-dam.html

Kamp Groete

Chris de Wet

RoyV
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2010
Inskrywings: 449
Gebruiker van lyn af.
Plek: Robertson
Ek sleep 'n 1999 Sprite Scenic met 'n 2010 Ford 3,0 Supercab

Roesbruin, Willie, roesbruin met eish ja!

You can't please everyone, so you gotta please yourself

Oomdaan
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 03/06/2011
Inskrywings: 51
Gebruiker van lyn af.
Plek: Heidelberg Gauteng
Ek sleep 'n Sprite Swift met 'n Mercedes Benz C220

Het iemand dalk die koordinate vir Richeliuesdam, Klipdrif is bietjie hard op die keel!!!

Die emosie wat jy die heeltyd voed, is die een wat in jou lewe sal heers

BenA
Super sleper
Aangesluit: 06/10/2011
Inskrywings: 559
Gebruiker van lyn af.
Plek: roodepoort
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n volvo xc90 d5

dagse

ek sien jul soek so bietjie inligting oor klipdrifdam wel ek was baie lank trug daar so 10 jaar trug so wat ek van die dam kan onthou is dat hy baie vlak is jy kan so 30m inloop dan vat die water jou halflyf en daardie tyd was daar nie te veel geriewe nie net n koue stort en n tiolet of dit intussen verbeter het weet ek nie n lekker visvang plek is vaaldam maar hoop jy kom reg

kampgroete

ben

 

 

   

HIER GAAN ONS ALWEER

le

Annalie Hall
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 12/01/2012
Inskrywings: 84
Gebruiker van lyn af.
Plek: Welkom
Ek sleep 'n Gypsey Regal 97 met 'n Hyundai Tucson 2L

Kyk onder lakeview resort, dit is dieselfde plek, maar daar is geen krappunte volgens die web nie.

As jy 'n lekker plekkie naby Parys soek, probeer Smilinthru. Lekker staanplekke teen die rivier, net so bietjie teen die wal afklip om by die water te wees. Pryse is baie bekostigbaar.

www.smilin.co.za

'Because outside is the new inside'

Pieter Botha
Nuweling
Aangesluit: 22/01/2012
Inskrywings: 4
Gebruiker van lyn af.
Plek: PRETORIA
Ek sleep 'n Gypsey Romany met 'n Pajero 3.2 SWB AT

Klipdrif dam is so 20 km voor Potchefstroom.(vanaf Pretoria se kant.  So plus minus 3 km grondpad tot by dam.Meld aan by die winkel om deurgang by die hek te kry.   Staanplekke  1 - 12  is  onder koeltebome die res van die staanplekke is in volson.  Staanplekke is teen die dam en ons het 'n hele paar mooi karps gevang. Ablusies is bietjie ver van die staanplekke af, maar redelik ok.

 

PJBOTHA

pretordr
Super sleper
Aangesluit: 11/11/2009
Inskrywings: 511
Gebruiker van lyn af.
Plek: Vaalpark, Sasolburg
Ek sleep 'n Skipper Model T kampwa met 'n 2006 VW Touran 2.0 TDi

Hallo Julle,

Die dam was so paar jaar terug ook in die nuus toe Scully Levine en sy span met die Harvard's op Klipdrift dam gaan "Ski" het.

Hier is 'n skakel na die You Tube video,  http://www.youtube.com/watch?v=hDDBbmedrgk

Hierdie het regtig plaasgevind Ek het ook aanvanklik gedink dis 'n puik stukkie "Photoshop" werk

Groete

 

Danie Pretorius

Frikadel
Diknek
Aangesluit: 21/02/2011
Inskrywings: 677
Gebruiker van lyn af.
Plek: Boksburg
Ek sleep 'n Glider sleepwa met kamp gerei of sommer alles bo op die Volksie met 'n Ama Volksie

Laaste keer wat ek daar was, was in 1993 toe ek nog op die PUK was.

Lekker Klipdrif gedrink, n perd gevang en bloots gery, afgeval en weer opgeklim net om in Potch Mediclinic wakker te word met harsingskudde.

Pasop vir die perde daar by Klipdrif dam,,,,,,,,,veral as jy vol Klipdrif is....

Hulle se hoeka "Brandewyn het nie brieke nie". PERDE OOK NIE!

 

 

 

RoyV
Super sleper
Aangesluit: 10/08/2010
Inskrywings: 449
Gebruiker van lyn af.
Plek: Robertson
Ek sleep 'n 1999 Sprite Scenic met 'n 2010 Ford 3,0 Supercab

Frikadel,

Jy moes White Horse gedrink het, dan het jy nie die klippe opgesoek nie!

You can't please everyone, so you gotta please yourself

Danie SLK
Gewoonte gebruiker
Aangesluit: 18/01/2011
Inskrywings: 76
Gebruiker van lyn af.
Plek: Centurion
Ek sleep 'n Sprite Scenic met 'n Landrover Freelander TD1

Roy ek dink eerder Frikadel het die klippies en roekeloos gemeng Smile

Groetnis.

Danie.

Leef ten volle elke dag.

 <<Land Rover Freelander TD4>>

 

<

Wie's aanlyn

Daar is tans 0 gebruikers en 15 gaste aanlyn.

© Kopiereg 2010 WegSleep. In Suid-Afrika uitgegee deur Media24.