Klein Kariba
Nuwe forum onderwerpe
Ons kamp gereeld en graag by ATKV se oorde, maar het nog nie by Klein Kariba gestaan nie. Ons het wel eenkeer deurgery en bekyk, maar die staanplekke het vir my baie beknop, opmekaar en klein gelyk. Die "hoofpad" wat deur die karavaanpark loop na al die geriewe het ook te besig gelyk, en die dagbesoekers area regoorkant die staanplekke het ook bekommer.
Kan julle ouens wat al daar was. of gereeld daar kom bietjie kommentaar lewer ? Ons wil graag die plek besoek maar dis vêr ry om dalk teleurgesteld te wees.
Ons het wel eenkeer deurgery en bekyk, maar die staanplekke het vir my baie beknop, opmekaar en klein gelyk.
100% korek! Die staanplekke is OPMEKAAR en BEKNOP.
Daar is BAIE beter kampplekke in die area , ek hou verby!
Groete
Hein
Verseker beknop, en opmekaar. Koebaai
Hi
Stem 100% saam met RATEL
Ek het nog net lekker daar gekamp,kan nie kla oor te vol of beknoptheid nie.
Middag Sibi
Jy kan maar gerus gaan die plek is bietjie beknop maar as jy jou woonwa mooi parkeer en beplan sal jy nie teleurgesteld wees nie. parkeerplek vir n ou se motor is gewoonlik bietjie moelik.Maar andersins die kinders is ook in hulle ekstase as ons soontoe gaan en met hulle uit n ou se hare is dit hemels
Klein Kariba se staanplekke is maar klein en as jy nie bekommerd is om so bietjie "naby" jou bure te staan nie en hulle nie bekommerd is oor jou snork nie, dan kan jy dit baie geniet. As die oord vol is, kan dit beknop raak (en die swembad begin ruik...) - maar andersins nie te sleg nie. Heinlag stel dit mooi - daar is baie ander beter plekke, maar dit gaan ook seker oor persoonlike voorkeure en smaak, of hoe? Persoonlik sal ek dit verbyry na Bosfontein, Klein Paradys of Weesgerus, maar ander mense gaan weer baie daarvan hou - elke voet het sy eie holte...
Ek het mooi oorweeg, en toe maar verbygery na Weesgerus, en ek is baie bly ek het. Weesgerus is puik. Dagbesoekers is so vêr van jou af en daar is so baie spasie dat hulle waarskynlik glad nie 'n las sal wees nie. Die staanplek is groooooot en maklik om in-en-uit te kom !
Sibi,
Hoe pas die Exclusive op daai staanplekke, op watter sirkel staan julle, het jy 'n foto ?
Klein Kariba is te beknop, 25 km is Weesgerus en is n puik kampeerplek.
Ons het dit nog altyd daar geniet
Sibi,
Probeer www.silverrocks.co.za net +/- 10km verder op daardie pad aan die linkerkant. Kyk gerus op hulle website, die geriewe die beste wat ek nog gesien het.
Groete
Louw
Sal bietjie probeer![]()
Sibi,
Klein Kariba is puik en jy sal nie spyt wees nie. jy kan egter nie na 'n paar jaar se kamp se "ek was nog nooit op klein kariba nie" . hul badkamers is puik. die piekniek area pla nie. daars gewoonlik net paar kindertjies wat daar rond hol. die skoon makers met hul blasers blaas egter altyd net stof in jou karavaan in. maar 'n goeie boeretaal werk gewoonlik daarvoor.
ek sien jy het 'n exclusive. dit kan dalk lol. jy gaan sukkel om hom te parkeer aangesien die geplaveide staanplekke hoer is as die natuurlike grondlyn. met jou lang wa moet jou kar onder staan en jou wa bo en kan jy dalk sukkel om af te haak. uiteraard kan jy nou ooknie jou wa swaai tot waar jy hom wil he nie.
maar as ek 'n exclusive gehad het sou ek steeds gegaan het. daars mense om te help by die oord.
Groete
Francois
Jy was `n klipgooi van een van die BESTE oorde in die omgewing - Bosfontein!
Groete
Hein




.jpg)






Ek sleep 'n Slaapplek met 'n my spykerbek
Hi Sibi,
Kom ons begin by jou eerste waarneming: "beknop, opmekaar en klein" - regtig nie so nie. Daai oord is baie min naweke en geen vakansies, nie propvol nie en ek het nog nooit gehoor of dit beleef dat dinge beknop voel nie.
Die hoofpad is met tye besig maar die pla nie regtig nie. As mens die werkers kan kry om met mekaar te praat oppad soggens en saans en nie op mekaar te skreeu nie is die probleem opgelos. Een keer se kwaai kyk en miskien joke daaroor en die res van die vakansie sluip hulle versigtig by jou en die bure verby.
Die sg besoekersarea is nie werklik wat dit sê nie. Besoekers kuier om die swembaddens en dis meestal die kampkinders wat daar kerjaker.
Jy sal nie sommer spyt wees oor Klein Kariba nie en ek het al vergeet hoeveel maal ons daar gekamp het vanaf 1991 tot hede.