Keurbooms Lagoon Karavaanpark
Nuwe forum onderwerpe
Hi Albert,
Ek kan niks vir jou se oor buite seisoene nie. Maar ek is jammer om dit te se, was baie teleurstelling met die kamp self. Vir die prys wat 'n mens per dag daar betaal is daar niks bygekom nie. Die grasperkke is baie droog en ja die geriewe is maar nog dieselfde. Wat my 'n bietjie omgekrap het is by die hek vrae hulle R15 vir 'n was token ( om te was en droog) en in die kantoor vrae hulle R 20 vir dieselfde token. Toe ek vir die kantoor vrae hoe werk hulle dit is die papier by die hek vervang met R 20 per token.
Ek het rond gery en daar is baie ander kampe op 'n lagoon wat jy ook met jou boot kan ry wat minder vrae per standplek. Ek meen as jy die standplekke se pryse opstoot dan moet jy iets by bring of die plek in 'n tip top hou.
Ek se weer ons het die ander twee keer lekker daar gekamp en was gelukkig daar, maar as jy die prys vergelyk net ander kampe in die omgewing, dan verloor 'n mens baie en kry maar min terug.
Dit is maar my inset
Ons het Augustus 2010 laas daar gekamp en my skoon ouers April 2011.
Het baie lekker gekamp en geen probleme gehad nie!
Gaan Augustus hierdie jaar weer draai daar!
Geniet dit!
Hi Theunis
Watter ander plekke is daar naby wat jy sal kan aanbeveel? Ek weet dis 'n mooi omgewing en goeie klimaat en nog lagoon by die karavaanpark ook. het twee kinders van 12 en 13 en is die lagoon veilig vir swem ook?
Groete
Albert
Ja ek stem saam met Willie, ons het ook daar gekyk en dink hulle het 'n baie goeie program vir kinders en kos minder ook per plek.
Uitstekende kampplek. Die enigste nadeel is dat daar eers laat in die oggend sonlig in die kamp is en die son weer vroeg agter die kloof verdwyn. Dit veroorsaak dat die plek al vroeg-aand koel is.
Ek verkies Keurbooms Lagoon al vir die afgelope klomp jare - en ek kamp weer daar die einde van hierdie jaar.
Ek verneem die apies mag 'n probleem wees gedurende stil tydperke soos buite seisoen kampering by Keurbooms Rivier Forever resorts wanneer daar minder kampeerders is. Kan iemand dalk noem van die geskiktheid vir sewm by Keurbooms lagoon?
In die lagoon self is daar geen probleem om te swem. Ek weet nie of daar 'n swembad is in die park nie.
How about Arch Rock around the corner from Keurbooms? Haven't been there myself, but have had it recommended to me by another Cape camper.
Ek stem saam dat Forever resorts is hopeloos te duur. Ek wou verlede jaar die laaste nag van Paasnaweek daar staan maar het nie kans gesien om R400 per nag te betaal nie ( Dit was nog gereken as hoog seisoen). Amper reg oorkant hulle is die Keurbooms Lagoon teen R 180 per nag
Ek wonder of iemand weet van 'n karavaan Park in Kraaifontein (Naby Kaapstad) Iewers het ons iets opgetel van so 'n moontlikheid .........Van zyls of so iets
Help asb.
Ek was ook nou einde Desember tot 8 Januarie by Keurbooms Lagoon en was nie baie beindruk nie. Groot staanplekke, maar baie droog en die kamp bied niks besonders nie, veral nie teen R550 per dag gedurende Desember nie
Ons was ook vir 1 dag Forever Resorts toe daar naby. Vir ons persoonlik bied die plek baie meer, bv putt putt bane, springmatte en 'n swembad. Indien jy 'n boot het is Forever Resorts ook sommer teen die lagoon terwyl by Keurbooms is die meeste staanplekke ver van die lagoon af.
Wilson, die plek waarna jy verwys is Van Zyl's Rus (AVATARA) en dit is tussen Brackenfell en Kuilsrivier op die Bottelary pad langs Kuilsrivier gholf klub.
Die Wegsleep ouens het al daar gaan kamp. Kyk gerus onder die Saamtrek draad
Groete
Aubrey




.jpg)



.jpg)



Ek sleep 'n Glider sleepwa met kamp gerei of sommer alles bo op die Volksie met 'n Ama Volksie
More Albert,
Ek dat daai omgewing is een van die bestes in die land is en ken mense wat jaar in en jaar uit daar gaan kamp sonder probleme.
Ek persoonlik is n Keurboomstrand man en druk hoeka weer die Volksie se neus in daai rigting op die 31ste Maart, kan nie wag nie.
Ek dink julle sal lekker kamp daar!